1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960289

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

‘N KRAGTIGE GETUIENIS (BELYDENIS) VIR ELKEEN WAT DIT LEES!

altWAG OP DIE HERE!

Omstandighede wat die geneigdheid het om ‘n mens negatief te maak en irrasionele besluite te laat neem, ‘n werktuig in die hand van die Satan, se invloed word beperk deur beginsel wat setel in die Woord van God. Ons dank aan Nico wat nadat hy Sondag se riglyn op ons webblad gelees het, bereid was om die waarde daarvan vir hom persoonlik met ons by die AVP te deel! Tereg sluit hy ons almal daarby in wat onder moeilike omstandighede deur ons geloof staande gehou word.

Meneer,

Baie dankie vir bogenoemde bydrae. In `n donker oomblik wou ek dit eers nie lees nie omdat dit Engels is. Gelukkig het 'Iets' my gedryf om wel te lees, en toe verwoord dit presies my gemoedstoestand die afgelope maand.

 

Ons tipe mens sien al van 6 September 1966 af hoe dinge verkeerd loop, en ons kan eenvoudig net niks daadwerkliks daaromtrent doen nie. Met ons as Volk gaan dit sleg en al slegter, en dieselfde in baie van ons se privaatomstandighede. En terwyl jy magteloos sit en wag, sien jy net hoe dinge verder verval en vooruitsigte al hoe swakker word. Nou moet ons 'wag op die Here', maar nie net sommer-so sit en wag asof ons nie weet wat gaan gebeur nie, nee, maar wag met `n Verwagting, `n sekerheid dat iets gaan gebeur, iets mooi's, iets goeds. Dat God sy beloftes gaan waarmaak. Teen alle verwagting in. Menslikerwys gesproke lyk dit geheel-en-al onwaarskynlik. `n Maand gelede het ek begin glo dat God vertroue in my verloor het en my finaal aan my eie lot oorgelaat het soos wat ek wel deeglik verdien. Dit het byna my hart uit my bors uit geruk. Toe lees ek Ps 31 waarin Hy bevestig dat Hy my nie verlaat het nie maar langs my is. Om die waarheid te sê, is Hy aktief besig in my (ons) lewe om ons te waarsku oor die dinge wat voorlê asook om ons raad te gee oor hoe om nou op te tree. In Lukas 21 sê Hy dat as ons hierdie dinge sien gebeur moet ons juis fier en regop gaan staan, ons kop optel en na Bo kyk want ons verlossing is naby. Wanneer die groot skrik op die ander val en hulle bewend rondkruip en vra: Berge val op ons, heuwels bedek ons, juis dan moet ons fier en regop staan WANT Hy is naby.

Groete en mooi wense!

Nico van der Merwe

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie