Die fokus verskuif van mense se ras na mense se sosio-ekonomiese omstandighede...................
Met die onderstaande model vir regstellende aksie van Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, behoort daar nou klaarheid te bestaan oor dr. Hermann se politieke sentimente. Met die aanvaarding van die nodigheid van regstellende aksie in welke vorm ookal, is dit duidelik dat Herman die “Nuwe” Suid Afrika eerder wil laat werk as wat hy hom daarteen wil verset.
Tweedens is dit voor die handliggend dat sy wegbeweeg van rasseverteenwoordiging, die teenhang daarvan sal verteenwoordig, nl, rasvermenging.
Derdens sê Hermann: “Omdat regstellende aksie se sukses in hierdie model nie met betrekking tot wit mense gemeet word nie, kan baie meer mense bevoordeel word. Die Wet op Gelyke Indiensneming en die vaardigheidsontwikkelingswette sou dan dienooreenkomstig gewysig moet word en maatskappye moet eerder aan opleidingsteikens as aan rasseteikens gemeet word.” Wat dr. Hermann se visie ookal met hierdie benadering is, sal die demografie in die huidige omstandighede die bevoordeeldes bepaal. Dit is in Afrikaterme ‘n lewenswet. Dit is hierdie byderwetse slimmighede wat die Afrikanervolk se vryheidstrewe inhibeer omdat dit nie moontlik is om met sulke uiteenlopende standpunte by dieselfde eindbestemming uit te kom nie.
Solidariteit se geprojekteerde uitgangspunte beeld ‘n multikultuur in ‘n toekomstige Suid Afrika uit wat ten spyte van hulle hersenskimme, nie ‘n jota of ‘n titel sal verskil van wat nou in die res van Afrika sigbaar is nie!
ALTERNATIEWE MODEL VIR REGSTELLENDE AKSIE
ʼn Alternatiewe, insetgebaseerde model vir regstellende aksie wat fokus op opleiding en ontwikkeling is deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, bekendgestel in die boek getiteld Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie. Die alternatiewe model word aan die hand van 17 temas teenoor die huidige Suid-Afrikaanse model van regstellende aksie geplaas en benadruk die opleiding en ontwikkeling van die aangewese groep en word doelbewus wegbeweeg van die absolute klem op rasseverteenwoordiging. Die fokus verskuif van mense se ras na mense se sosio-ekonomiese omstandighede en sodoende word die rasse-angel uit regstellende aksie getrek, ofskoon die meerderheid mense wat gehelp word steeds uit die aangewese groep sal wees. Hermann sê: “Omdat regstellende aksie se sukses in hierdie model nie met betrekking tot wit mense gemeet word nie, kan baie meer mense bevoordeel word. Die Wet op Gelyke Indiensneming en die vaardigheidsontwikkelingswette sou dan dienooreenkomstig gewysig moet word en maatskappye moet eerder aan opleidingsteikens as aan rasseteikens gemeet word.” Die boek kan bekom word by Kraal Uitgewers.