1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959716

Besoekers aanlyn

Ons het 104 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT GAAN AAN BY DIE VOORTREKKERS?

altDié beweging, op sy dag 'n patriotiese beweging vir die Afrikanerjeug, het 'n nuwe besem gekry aan die persoon van Danie Langner van die veelrassige Solidariteit se veelrassige Helpende Hand-beweging.  Nie dat dit danig gegaan het by die Voortrekkers onder Piet Strauss, 'n NG kerklike nie, die spulletjie was toe al bont en blou en gewortel in die nuwe Suid-Afrika.  Nou lyk dit of Flip Buys se Solidariteit die multi-kulti krane behoorlik vir die Voortrekkers oopgedraai het. Lees net wat sê Langner: “Ons is deel van die land se legkaart. Ons kan nie ons eie stukkie vertroetel asof dit die hele legkaart is nie. Ons wil as Afrikaners die swart en bruin lede laat tuis voel in die beweging”. 'n Besoek aan die beweging se webwerf laat die hare behoorlik rys. Daar staan geskryf die lede van die Voortrekkerbeweging moet die lied, Kinders van Afrika, se woorde ken en kan sing.

 

Kinders van Afrika? dag jy. Watse lied is dit? Waar is die dae toe kennis van Die Stem se woorde en die sing daarvan noodsaaklik was vir elke lid van die beweging? Of Ken gij dat volk?

 

Toe begin 'n soektog na hierdie Kinders van Afrika op die webwerf. Nee. Skoonveld of ontoeganklik op die Voortrekkers se webwerf. Toe maar 'n algemene Google-soektog. En daar verskyn die lied!

 

Maar dis mos Nkosi Sikilel, dié Kinders van Afrika, so reg uit die hart van elke Swart en Wit terroris, geïnspireer deur die versugting om die Afrikaner se politieke toekoms in sy eie vaderland te verwoes, net uit Kôsa en Engels oorgesit in die Mooiste Taal? Of hoe?

 

Nietemin, hier is die woorde, oordeel maar self:

 

Seën ons Here God, seën Afrika

 

Seën ons Here God, seën Afrika,

Laat sy mag tot in die hemel reik,

Hoor ons as ons in gebede vra,

Seën ons in Afrika,

Kinders van Afrika.

 

Daal neer o Gees, Heilige Gees,

Daal neer o Gees, Heilige Gees,

Kom woon in ons,

Lei ons, O Heilige Gees.

 

Hou u hand o Heer oor Afrika,

Lei ons tot by eenheid en begrip,

Hoor ons as ons U om vrede vra,

Seën ons in Afrika,

Kinders van Afrika.

 

Seën ons Here God, seën Afrika,

Neem dan nou die boosheid van ons weg,

Maak ons van ons sonde ewig vry,

Seën ons in Afrika,

Kinders van Afrika.

 

En dan, na hierdie lied met die refrein waarin na “kinders van Afrika” verwys word, word veelseggend die “Tydlyn van Nkosi Sikelel' iAfrika” gegee. Dit is mos Kosie soek 'n lêplek in Afrika, dié lied, Danie Langner?

 

So borduur Langner voort oor sy doelwitte vir die Voortrekkers volgens 'n berig op 'n ander webwerf:

Die ideaal wat hy met die Voortrekkers deel, is om ’n generasie leiers te kweek wat invloed in hul land kan uitoefen. Enersyds sien hy die beweging as ’n trotse Afrikaner-beweging. Andersyds is hulle volledig deel van die groter samelewing in die nuwe Suid-Afrika en wil hulle juis daar ’n bydrae lewer want hulle wil saamwerk. (Klink baie soos iets wat Piet Vorster by sy aanvaarding van die Broederbondleierskap so 'n jaar of twee gelede te vertel gehad het.)

Langner gaan voort: Die terugkeer na die glorieryke tyd is verby en daar is nie sprake van so iets nie.

Die ander webwerf merk op: Langner is ook aan die hoof van die linkse FAK wat beheer word deur die multikulturele Solidariteit.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie