Nou is die vraag of internasionale erkenning van ons aanspraak, ons sal help in die daarstel (of herstel) van ‘n eie staat.
Na bykans 20 jaar van swart stemreg, het almal, uitgesluit die swart nomenklatura en hulle meesters, se posisie in Suid-Afrika dramaties versleg. Nie net die Blanke en veral die Afrikaner kan hiervan getuig nie, maar veral die gemiddelde Swarte. Stemreg het vir 80% en meer van die Swartes niks beteken nie. Inteendeel, as die Swarte eerlik sal wees, sal hy erken dat dit met hom beter gegaan het onder die beleid van apartheid. Soos baie van hulle al toegegee het.
Op Praag se webwerf skryf Dan Roodt oor apartheid en selfbeskikking. Die vraag is of apartheid nie maar net die praktiese uitvoering van die beginsel van selfbeskikking was nie. Wat wou dr Verwoerd doen? Hy wou volkstate vir elke volk daarstel. Dit is selfbeskikking. Soos wat Lesotho, Swaziland en Botswana volkstate is – nogal daargestel deur Brittanje! Dus, dr Verwoerd se beleid van apartheid was niks anders nie as selfbeskikking!
Die probleem is dat selfbeskikking hoe later hoe meer ‘n politieke begrip geword het. Waar dit die wêreld pas, kan selfbeskikking (en selfs sesessie) toegepas word. Kyk maar na Joegoeslawië. Toe ons dit hier wou doen, was die antwoord nee. Dit is ons minerale rykdom (en veral die beheer daaroor!) wat verhoed het dat selfbeskikking in die vorm van apartheid hier moes slaag. President Paul Kruger het dit meer as 100 jaar gelede reeds ingesien toe hy aan Brittanje gestel het dat dit nie die stemreg is wat hulle wou hê nie, maar die land! Die uitlanders (Engelse) se getalle kon nooit genoeg word om die Afrikaner te ontsetel nie, die Swartes wel.
Nou is die vraag of internasionale erkenning van ons aanspraak, ons sal help in die daarstel (of herstel) van ‘n eie staat. Soos gesê, is selfbeskikking vandag ‘n politieke begrip. Die Palestyne het byvoorbeeld die probleem dat die Jode se (politieke) invloed wêreldwyd te groot is vir die Palestyne om minstens net Gasa as onafhanklike staat erken te kry. Hulle het darem nou sedert November 2012 waarnemerstatus in die Algemene Vergadering van die VVO. Maar ondanks al die besluite van die VVO oor al die jare (gaan kyk gerus na al die besluite op VVO se webwerf), is die Palestyne se situasie steeds haglik. Die Jode se mag en invloed om ‘n onafhanklike Palestynse staat te keer, is groter as wat besef word. Dus, daar word te veel klem gelê op besluitneming (en simpatie) deur internasionale organisasies. Veral as ander faktore soos minerale rykdomme, of strategiese ligging, ‘n rol speel, sal besluite moeilik in ons guns geneem word. Veel eerder moet ‘n historiese oomblik wat in jou guns tel, benut word. Soos wat Israel in 1948 gedoen het na die sogenaamde “holocaust”.
Met ons gaan dit selfs droewiger as die Palestyne. Ons kan tans vergeet van ‘n “politieke” besluit in ons guns. Ons sal nog lank vir “apart-hate” gehaat word. Apartheid is dan selfs as “volksmoord” deur die VVO beskou! Nie eers die volksmoord sedert 1994 op ons volk kon Westerse state se opinie oor ons verander nie. Van Afrikasteun kan ons vergeet. Die Britte self het die haat teen ons in Afrika geplant. Om in die proses dan weg te hardloop van apartheid en saam te sing in die “apart-hate”-koor, soos wat baie doen, is om jou eie doodsvonnis te bekragtig.
Dinge kan egter dramaties verander as die ANC-regime gaan poog om sy marionette status af te skud en sy Anglo-Amerikaanse base die rug te keer. Of as die verdeeldheid in die ANC groot genoeg word dat die VSA ‘n keuse tussen die twee (of meer) kampe moet maak. Die VSA is myns insiens in staat om binne ‘n ommesientjie die situasie in Suid-Afrika anders te laat lyk. Soos wat in Libië gebeur het. Ja, die VSA sukkel in Sirië, maar dan het Sirië minstens ‘n leier met ruggraat! En Rusland het self belange in Sirië wat deur ‘n VSA-oorname in die slag kan bly. Daarom die uitgerekte oorlog daar. Hier by ons is Chinese en ander belange nog maar skraps. Dit is net die Anglo-Amerikaanse belange wat op die spel is.
‘n Groot probleem is dat baie van ons mense, veral mans, se aandag afgelei word deur “braaivleis, rugby, sonneskyn en brandewyn”. Die erns van die saak word nie ingesien nie. Daar word graag (argeloos) vertel dat daar geen oplossing vir ons land se probleme is nie. Die teenpropaganda (teen Media 24) het nog grootliks misluk. Dus, terwyl ons (minstens) moet werk aan ons geestelike weerbaarheid, sodat wanneer gebeure plaasvind wat vir ons gunstig kan wees, ons gereed moet wees om op te tree, versink ons eerder in ‘n laat-maar-gaan-gees. Dit kan fataal wees.
Die HNP se volksraad-oefening was ‘n mislukking. Dit was voorspel. Nou sit beide die HNP en die volksraad met leë hande. In die proses het hulle ‘n standpunt ingeneem wat die HNP se grondslag vernietig het. Die HNP kan nie meer aanspraak maak op “Blank Suid-Afrika” nie. Hulle huidige leier wou dit jare gelede nie meer doen nie. Hulle aanspraak is nou op ‘n staat, waarvan die ligging en grootte van onderhandeling met die terroris (die slagter van ons volk) afhang.
Die ydelheid van die oomblik (met sy inhuldigings en sy “president”) het die HNP (net soos die KP met sy “president” Hartzenberg van destyds) laat versink in net nog ‘n volkstaat-partytjie. Die huidige terugkrabbel verander niks aan die saak nie. Dit terwyl leierskap soos Jaap Marais ons destyds vermaan het om vas te hou aan die ideaal te midde van storms wat sal verbygaan.
Die ideaal van apartheid gee jou koers, het dr Verwoerd gesê. Inderdaad. Selfs vandag.