1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959368

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VOLKSVERGADERING

altDaar was die Beleg van Pretoria, toe die boere Pretoria op horings geneem het...........

Die afleiding na die vorige skrywe oor die vraag in hoe 'n mate die steun onder die Afrikaner was in die 1980's/1990's teen 'n grondwet wat tot 'n ANC-meerderheidsregering sou lei, kan wees dat daar deur die Afrikanervolksfrontleiers met 'n bedrieglike agenda na 'n volksvergadering op 29 Januarie 1994 gegaan is.

Hierdie volksvergadering, so is in die vorige skrywe gesuggereer, was seker dié geleentheid vir die Afrikanervolk vir magsmonstering teen 'n nuwe gondwetlike bedeling.

Hierdie suggestie van 'n bedrieglike agenda kan afgelei word uit die feit dat Constand Viljoen van Afrikanervolksfront (AVF) reeds 'n ooreenkoms in Desember met Thabo Mbeki en die kommunistiese ANC aangegaan is, 'n ooreenkoms wat neergekom het op die aanvaarding van die grondwetkontrepsie wat reeds in 'n ver-gevorderde stadium in die onderhandelings in die World Trade Centre in Kemptonpark was.

 

Die afleiding deur die behoudende Afrikaners van 'n bedrieglike agenda deur sekere leiers in die AVF is dan ook wat die behoudende Afrikaners teenwoordig op die volksvergadering betref, bevestig toe Viljoen sy geheime ooreenkoms met die ANC probeer beliggaam het deur sy sogenaamde “strategiese alternatief” aan die volksvergadering voor te lê.

Nietemin, dis nodig dat, voor daar na besonderhede en afleidings oor die volksvergadering en die oogmerke van die belêers van die volksvergadering oorgegaan word, die saak van 'n “kritieke massa” in die Afrikanervolk (in die vorige skrywe is na die politiek-verantwoordelike Afrikaners in dié verband verwys), onder die loep te neem.

Is daar gronde om te aanvaar dat 'n kritieke Afrikanermassa – dalk die meerderheid! - teen die grondwet was wat in die World Trade Centre uitgekul is deur een na die ander onhoudbare “beginsel”, ook 'n sogenaamde “33ste beginsel” oor “selfbeskikking”, soos 'n string krale aanmekaar te las?

Gronde is daar gewis! Die Konserwatiewe Party, wat hom in die toesprake van sy leiers en ook kongresbesluite kenbaar gemaak het as dié voorvegter teen 'n nuwe grondwet, die vrylating van Nelson Mandela en 'n ontperking van die kommunistiese ANC en hul meelopers, het in sy eerste landswye deelname aan munisipale verkiesings in 1988 die Transvaal verower en so byna was die Vrystaat ook in sy sak. Daar was die KP se vertonings in tusenverkiesings soos Umlazi en Maitland en teen die tyd dat FW de Klerk gedwonge gevoel het om 'n referendum oor sy voorgenome openlike onderhandelinge met die ANC aan te kondig, is die pro-nuwe-grondwetlike partye soos die NP en die Demokratiese Party in tusenverkiesing na tussenverkiesing verneder.

Daar was die reuse-opkomste na behoudende politieke sprekers se vergaderings, nie net in tradiosioneel behoudende setels nie. In die Kaap het Afrikaners die sale in Parow, die Paarl, Worcester, Muizenberg, noem maar op, van hoek tot kant volgepak. 'n Vergadering van die AWB-leier Eugene Terre'Blanche in Pretoria se stadsaal, is nie net bygewoon deur die voorportaal, die gange tussen die stoele vol te sit en te staan, die sysaal oop te maak nie, daar was tot mense op die dak van die stadsaal.

Daar was die Beleg van Pretoria, toe die boere Pretoria op horings geneem het, die Bestorming van die World Trade Centre (tot die verontwaardiging van Constand Viljoen!). Die inkomende ANC-regime en sy meelopers in die Nasionale Party (en waar ook al), het gebewe!

Toe kom die volksvergadering...

Dit was 'n besondere en aanskoulike plegtigheid, die waarnemer daarvan sou kon sê 'n volkstradisie is hervat want 'n “raad van die volk” kom tot stand soos in die jare van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek, God, volk en regering, drie partye wat in die openbaar en voor die oë van die wêreld hulle verbind tot die welwese van die volk, en veral van belang, om die plegtige besluite wat deur die vergadering geneem is uit te voer.

Daardeur, bevestig deur die inhuldiging van die Volksraad deur dr. Tom Dreyer, is 'n band gelê met die geskiedenis toe ook 'n volksraad, simbool van 'n soewereine volk verantwoordelik voor God Drieënig, die laaste keer in Pretoria vergader het, daardie vergadering sowat 90 jaar gelede in die Volksraadgebou op Kerkplein wel in hartseer omstandighede.

Die geskiedenisboeke vertel die verhaal van daardie Volksraadsitting van die ZAR só:

7 Mei 1900: Terwyl die Britse magte onder lord Roberts besig was om deur die Vrystaat noordwaarts na Transvaal op te ruk, het die Eerste Volksraad van die ZAR vir die laaste keer op 7 Mei 1900 in Pretoria vergader. Op die sitplekke van die lede wat sedert die aanvang van die Tweede Vryheidsoorlog sowat sewe maande van tevore oorlede is, is kranse geplaas. Genl Piet Cronjé, LUR, wat in daardie stadium in krygsgevangeneskap was, se sitplek was met die vlae van die twee Boererepublieke gedrapeer. 'n Aantal lede, onder wie enkele gewondes, het van die slagveld af teruggekeer om die sitting by te woon.

Ander was om oorlogsredes afwesig. Genls Louis Botha en Koos de la Rey was byvoorbeeld besig om Roberts se oormag in hulle aantog na Transvaal te prober stuit. Anders as met die vorige Volksraadsittings wou dit voorkom asof die swart drag van die Volksraadslede by hierdie sitting uitdrukking gegee het aan die gevoel van 'n volk in rou.

Pres Kruger se "Aanspraak" is deur staatsekretaris FW Reitz voorgelees. Daarna het Kruger self aan die woord gekom om vanweë die toestand waarin die land hom bevind het, sy Presidentsaanspraak verder toe te lig. In sy toespraak het Kruger gewys op die toegewings wat die ZAR met betrekking tot die Uitlanderstemreg gemaak het om 'n oorlog te voorkom. Die vyand het egter nie in regte belang gestel nie omdat hulle ware oogmerk die impalming van Transvaal was en hulle gevolglik nie die Boere wou toelaat om 'n selfstandige volk te wees nie.

Kruger het nietemin steeds sy vertroue in die toekoms behou en met 'n onwrikbare geloof in die voortbestaan van die Boerevolk die Transvalers in die stryd aangemoedig met hierdie woorde:

"Salisbury zegt: Dit Volk moet niet bestaan; en God zegt: Dit volk sal bestaan."

Op 9 Mei het die Volksraad sy werksaamhede beëindig en is die afsluiting deur ds HS Bosman waargeneem. In sy gebed het hy gevra dat God wat die harte van konings en volkere in sy hand het, aan die twee Republieke 'n glorieryke vrede mag gee en dat Hy mag verhoed dat dit, soos wat daar gesê word, die laaste sitting van die Volksraad sou wees. So het die laaste, maar onvergeetlikste Volksraadsitting in die geskiedenis van die ZAR geëindig.

Tot sover die geskiedenis oor die laaste ZAR-volksraadsitting.

 

Wat 29 Januarie betref:

Almal was daar, ook Tienie Groenewald en Flip Buys, twee groot kokkedore later in die Afrikanerpolitiek, Groenewald 'n kokkedoor agter die skerms en Buys, toe nog 'n segsman van die AVF, wat later na vore sou tree as hoofsekretaris van Solidariteit, een van die organisasies wat vandag vergeefs poog om die grondwet wat die ANC aan bewind hou “te maak werk”.

Eugene Terre'Blanché was daar en het in sy spreekbeurt teen Viljoen se “srategiese alternatief” gepraat.

Die volk het giftig teen hierdie “strategiese alternatief” gereageer en toe Frank le Roux, KP-Volksraadlid vir Brakpan mosies wou stel vir aanvaarding deur die vergadering waarin die “strategiese alternatief” beliggaam is, is hy doodgeskreeu, 'n paar woelige kêrels wat Viljoen en wie nog wou bykom en deur kmdt. Willem Ratte, die besetter van Fort Schanskop en later die Boerefort op Magalieskruin, beskerm is.

Viljoen se “strategiese alternatief” het nooit verder as sy toespraakpapiere en Le Roux se mosie gekom nie. Volgens hierdie “aternatief” sou ook die Afrikanervolk, glo afsonderlik, op 24 April na die stembus kon gaan. Al wat Viljoen kon regkry met die voorstel was om die woord “onraad” in al sy politiek doen-en-late in hoofletters en groter te skryf.

Die “volksraad” en “president” Hartzenberg is dus sonder 'n mandaat hoegenaamd om aan die 24 April-verkiesing deel te neem van die volksvergadering weg, die status quo soos deur die KP in sy beleid en program van beginsels, kongresse en spesiale kongresse geformuleer – dat daar nie aan die verkiesing of onderhandelinge met die ANC deelgeneem word nie – het dus gegeld.

En ook die gebroeders Pieter en Corné Mulder was saam met Viljoen daar. Saam met Viljoen het hulle kort voor lank die Vryheidsfront as party vir die ooorgawe-verkiesing geregistreer en gemaak of hulle niks weet van die gebrek aan 'n mandaat, daardie mandaat wat hulle op 29 Januarie van die volk gevra en nie gekry het nie.

Dr. Hartzenberg was versigtiger, hy het hom eers met die eerste veelrassige munisipale verkiesings ten gunste van die nuwe bestel ronduit in die openbaar begin uitspreek.

Nie dat hulle vandag hul bevind onder die uiters ongeduldige Afrikaners wat betref die 1996-grondwet nie, dr. Corné Mulder wat al ten tyde van 'n sitting van die nuwe Suid-Afrika se parlement en onder groot ANC-gejou gemaan het dat daar 'n dag kan aanbeek dat die Afrikaners die bordjies sal verhang.

In 'n volgende skrywe sal daar inhoud gegee word aan die standpunt dat skynbaar linkse Afrikaners soos Constand Viljoen en dr. Izak de Villiers eintlik al uit die staanspoor keelvol (eintlik is die sterker uitdrukking meer geskik) was vir die nuwe Suid-Afrika.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie