1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959120

Besoekers aanlyn

Ons het 80 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

FW de Klerk se Pickeringkonneksie

altEen van FW de Klerk se trawante in sy sogenaamde stigting se stutorganisasies, Thomas R. Pickering, se teenwoordigheid in die Obama-administrasie van Amerika se ondersoekkomitee na 'n verraderlike aanval op 11 September verlede jaar op die VSA-konsulaat in Benghazi, Libië het in 'n yslike omstredenheid ontaard.

Pickering is/was 'n voorsitter van De Klerk se sogenaamde Global Research Foundation. In 'n berig op hierdie webblad is na Pickering se twyfelagtige geldmag-aanbevelings en sy verbintenisse met Westers-ondergrawende organisasies soos die Council on Foreign Relations gekyk.

 

Pickering was Amerikaanse onder-minister van buitelandse sake in die Clinton-administrasie en onder meer ook ambassadeur in Jordanië.

 

Dat Obama nog 'n keer moes dink voor hy Pickering aangestel het as voorsitter van die ondersoekkomitee om na die gebrekkige veiligheidsmaatreëls in die konsulaat te kyk, blyk uit die feit dat Pickering skynbaar met 'n karaktertrek sit om veiligheidsnavrae onder die mat te vee. Pickering was in 1980 ambassadeur in El Salvador toe hy deur daardie land se verdedigingsminister ingelig is hy vermoed hoë weermagoffisiere van El Salvador het die moord op drie nonne en 'n leek gelas. Pickering het dit pront ontken en ook dat Amerika by die aanslag betrokke was.

Kypost.com berig dat Pickering in sy kommentaar beskuldigende vingers na Hillary Clinton, verlede jaar nog Amerikaanse minister van buitelandse sake, probeer wegdruk. Volgens hom sou die verantwoordelikheid vir die veiligheidsblaps waarin die CIA-gesteunde Al Keida glo betrokke sou wees, by Clinton se onderhoriges, gewone amptenare, lê. Die Amerikaanse Republikeinse Party se besware teen Pickering se werkswyse is dat Clinton nie deeglik ondervra is nie.

Pickering se hewige walgooiery oor sy bevindings is geen troos vir die Republikeine nie. In die Al Keida-aanval verlede jaar is vier Amerikaners, die ambassadeur ingesluit, dood. Die Republikeine dring daarop aan dat 'n spesiale gekose komitee van die Amerikaanse kongres eerder die ondersoek moet lei. Die Republikeine dring ook op beëdigde voorleggings oor die bevindings van die Pickering-ondersoek aan.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie