1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959136

Besoekers aanlyn

Ons het 90 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

FW SE VERSEKERINGS IN DIE PARLEMENT. WAT WAS DIT WERD?

alt1. 12 JUNIE 1987 Hansard kolom 1464: met betrekking tot die onderwerp wat eie sake is, ook met betrekking van uitoefening van mag in die politiek, eis ons omstandighede van ons dat die wat vryheid het nie in ‘n situasie geplaas sal word waarin daardie vryheid ontneem word nie, hulle is daarop geregtig om te sê “hulle sal nie oorheers word nie”.  

En ook sommer te verwys na die stelling van Pik Botha in Farmer's Weekly van 7 November 2008 dat die NP nooit tot die grondwetlike skikking (ek merk op die gewilde woord is "akkoord") sou gekom het as die NP geweet het die boere se kaart en transport is onveilig nie. Wat ‘n pot @#%t! Nietemin het menige Afrikaners dit vir soetkoek opgeëet! Kop in een mus lui die gesegde. Koppe vol muisneste, lui ‘n ander.

Genl. F.W. de la Rey en die Groenskrif oor “Grondgryp”

 

Om de Klerk se rol in hierdie verband ten volle te begryp, is dit belangrik om mnr. v.d. Spuy se artikel oor die Kommuniste se oogmerk met die groenskrif weer te lees! U moet dan maar self besluit of die hamer hier ʼn rol speel of die sekel, of miskien albei?

So vier, vyf jaar gelede was daar 'n opwelling van Afrikanernasionalisme, grotendeels aangewakker deur 'n liedjie, De la Rey, de la Rey, gesing deur Bok van Blerk, die skepper van die liedjie self Sean Else.

In hierdie opwelling het die jongmanne en jong seuns volgens die voorbeeld van internasionale rugbyspelers op aandag gekom, hul hande op hul harte en dan het die liedjie gloeiend en uit volle bors weerklink.

Die ouer garde Afrikaners was nogal verbaas by hierdie betoning van nie net Afrikanernasionalisme nie maar ook 'n skynbare bereidheid om soos genl. Koos de la Rey in die Tweede Vryheidsoorlog te velde te trek – as daar maar net 'n De la Rey na vore sou tree om in die geveg te lei.

Maar daardie opwelling het na so 'n jaar of twee se hardnekkige handhawing stoom verloor, onder meer weens Bok van Blerk se klaarblyklike linkse sentimente wat na vore getree het in uitlatings en die bywoning van multi-kulti geleenthede.

Genl. De la Rey self was 'n enigmatiese mens, iemand wat nie sommer in een oogopslag kleingekry kon word nie. Hy was geen rusiesoeker nie, die bekendste episode in hierdie verband die voorbeeld soos genoem deur dr. Boy Geldenhuys, NP-Volksraadslid, waarby aanstons aangesluit word. Hy het die 1914-rebellie tot op die laaste probeer vermy, 'n pogings wat gefnuik is toe hy deur die polisie wat beweer het hy is verkeerdelik as deel van die voortvlugtende Foster-bende aanvaar toe die motor waarin gery het nie by 'n padversperring regoor Langlaagte-spoorwegstasie stilgehou het nie en genl. De la Rey noodlottig gewond is. In die Tweede Vryheidsoorlog was die bekende Siener of Niklaas van Rensburg vir 'n tyd deel van sy kommando.

Genl. De la Rey se skynbare pasifisme voor die oorlog is al meermale deur mense soos dr. Geldenhuys, wat 'n punt in 'n liberale rigting probeer aanteken het, ingespan.

Op Maandag, 4 Februarie 1991 het emosies nog hoog geloop in die raadsale van die Parlement in Kaapstad. Dit was 'n jaar na F.W. De Klerk se berugte Rooi Vrydag-toespraak waarin die ANC en kommuniste ontperk is. Daardie Vrydag nog het De Klerk in sy openingsrede van die nuwe Parlementsitting gelewer, 'n dag van hoë drama waarin 'n stuk of vier KP-Volksraadslede die nuwe raadsaal van die Parlement uitgestuur is na beskuldigings en tussenwerpsels De Klerk is 'n verraaier.

In die daaropvolgende week sou daar meer as een versekering deur NP-LV's wees dat alles nie verlore is vir die Afrikanersaak in die land nie en sinspelings dat De Klerk 'n haas in die hoed het wat hy êrens vorentoe kan uitpluk. Een so 'n beroemde laaste woord was deur De Klerk self op Vrydag, 9 Februarie toe hy verklaar het (Hansard, kol. 445): “Ek wil vir die agbare lid (dr. A.P. Treurnicht?) oor die grondkwessie sê, die KP moet ophou om die boere op te pomp. Die boere se kaart en transport is veilig...”

In sy spreekbeurt die Maandag verklaar dr. Geldenhuys (Hansard, kol. 133): “Die beskuldigings van die KP gerig aan die adres van die Staatspresident as synde sou hy 'n verraaier wees, durf ook nie onbeantwoord gelaat te word nie. Elke keer wanneer die KP 'n agbare lid van hierdie kant van die Raad van verraad beskuldig sal ek die agbare lede herinner aan wat gebeur het by die laaste sitting van die Volksraad van die Zuid-Afrikaanse Republiek voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Toe genl. De la Rey sekere kritiese vrae oor die oorlogsdeelname vra, is hy ook van verraad beskuldig. Hy het opgestaan en gesê, 'Julle sal my in die veld kry besig om te veg lank nadat die wat my van verraad beskuldig het, landuit gevlug het'.

“... As 'n mens 'n geleentheid laat verby gaan om vir die veiligheid van jou mense te beding, is dit nie verraad nie?”

Dr. Geldenhuys sou hom weldra in die DA bevind as woordvoerder oor veiligheid. Dat dinge toe nie so goed en veilig geword het soos wat dr. Geldenhuys geglo en De Klerk se minister van staatkundige ontwikkeling en beplanning dr. Gerrit Viljoen ook later in daardie debat beloof het nie, word gesien in dr. Geldenhuys se kommentaar op die niks anders as staatsgreep wat Pagad met die draai van die eeu in die Kaapse Skiereiland namens die ANC uitgevoer het. Dr. Geldenhuys het toe verklaar (Rapport, 31.12.2000) dat twee getuies wat in 'n getuiebeskermingsprogram na die Kaapse platteland gestuur is nie na daardie plek (Gouda) moes uitgewyk het nie “maar eerder na China”.

Dis nodig om uit te wei oor De Klerk se haas uit die hoed, of De la Rey-verskyning, nou meer as 20 jaar sedert die eerste bewerings daaroor die wêreld ingestuur is.

Die eerste wat ek daarvan verneem het was toe die KP-lyfblad Patriot se redakteur, Z.B. du Toit, in die Kaap opduik. Hy sou onder meer dringend met Potchefstroom se nuwe KP-LV, Andries Beyers, praat. Teenoor my het hy laat val hy het ook met Barend du Plessis gesprek gevoer, hy wat Du Toit is was baie geïmponeer met Du Plessis. Ek sou later verneem dat Allister Sparks, eens redakteur van Rand Daily Mail, in 'n boek geskrywe het Du Toit was 'n sleutelfiguur in die betrek van regses by die onderhandelinge, baie van die gesprekke wat glo by Du Toit se huis plaasgevind het.

Du Toit het destyds in die Kaap met 'n uitdrukking van geheimsinnigheid of sameswering of iets aan my vertel almal onderskat De Klerk, hy hou groot kaarte in die mou.

Die grootste kaarte wat De Klerk tot nou toe gespeel het was flou verklarings deur middel van sy sogenaamde stigting, onder meer oor die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie en die ANC se grondgrype (nou weer deur die regime uitgelig in 'n sogenaamde groenskrif.). Dalk was sy uitstappery uit die sogenaamde Regering van Nasionale Eenheid saam met die ANC daardie groot kaart. Dit het nietemin g'n groot byval by Pik Botha gevind nie, Botha se ongelukkigheid oor die uitstappery wat ook deur middel van sy seun Willem, 'n ekonoom, rugbaar geraak het. En Willem Botha wat later die opmerking skoorvoetend terug getrek het.

Dat so 'n te wagte FW-set, daardie kaart in die mou, deel kon gewees van 'n oorhoofse strategie waarin die behoudende Afrikaner hom van verset moet weerhou - FW sal dit doen - lyk eerder na die rede daaragter.

DIE LAASTE BLANKE VERKIESING

Die laaste Blanke verkiesing in Suid-Afrika het op 6 September 1989 plaasgevind. Die slenter was om die sterkste blanke party te kies wat sonder twyfel die verkiesing sou wen, en om daardie party se top leiers se politieke siening te verander. Op daardie wyse was dit onvermydelik dat die blanke kiesers hulle eie ondergang sou bewerk deur daarvoor te stem! Slegs enkele Afrikaners het dit verstaan en daarteen gewaarsku, dog tevergeefs. Die Nasionale Party se momentum wat deur leiers soos dr. Malan, adv. Strydom en dr. Verwoerd opgebou was, was die golf waarmee de Klerk en sy verloopte kabinet die Afrikanervolk oor die afgrond gestoot het.

Die valse NP-propaganda van eie skole, eie woongebiede het die NP weer aan bewind ge- stel sonder dat die kiesers besef het dat die NP klaar onderhandel het om die mag aan die swartes te oorhandig! Dat die NP sy Christelik-Nasionale beginsels en beleid reeds versaak het vir dié integrasiebeleid van die Suid Afrikaanse Party (SAP), Verenigde Party (VP), Progressiewe party (PP), Progressiewe Federale Party (PFP), Demokratiese Party (DP) wat nou die Demokratiese Alliansie (DA) geword het, wou en kon hulle nie glo nie!

De Klerk se Rooi-Vrydag toespraak:

Op 14 September 1989 is De Klerk as president ingesweer. Sleg 6 maande later, op 2 Februarie 1990, het hy sy berugte Rooi-Vrydag toespraak in die Parlement gehou en aangekondig dat hy die verbanning van die ANC, PAC en SAKP gaan ophef; Nelson Mandela en alle politieke gevangenes gaan vrylaat en die UDF, die National Education Crisis Committee en nog ander verbanne organisasies gaan wettig.

Hy het verklaar dat hy na die goedkeuring van ʼn onderhandelde grondwet, stemreg aan almal in Suid-Afrika beskikbaar maak, wat sekerlik die aardskuddendste aankondiging was waaraan die Afrikanervolk sedert 1948 blootgestel was. Dit sou die einde van die Afrikaner se seggenskap in sy eie vaderland beteken en in die lig van die swartes se getalle, volgens talle voorspellings, die begin van die einde van die Afrikanervolk.

 

Hierdie aankondigings het de Klerk gemaak, slegs twee jaar en sewe maande sedert en ten spyte van sy “konserwatiewe” uitsprake soos opgeteken in Hansard van 12 Junie 1987, kolom 1464. Dit lui só:

1. 12 JUNIE 1987 Hansard kolom 1464: met betrekking tot die onderwerp wat eie sake is, ook met betrekking van uitoefening van mag in die politiek, eis ons omstandighede van ons dat die wat vryheid het nie in ‘n situasie geplaas sal word waarin daardie vryheid ontneem word nie, hulle is daarop geregtig om te sê “hulle sal nie oorheers word nie”.

Alles wat hierdie party doen (NP) is om daardie verworwe vryheid instand te hou, en te verseker dat oorheersing – deur wie ookal, ongeag hoe enige meerderheid ookal lyk, van diegene wat reeds vryheid het, nie in hierdie land ‘n werklikheid sal word nie.

…….. Kobus beyers vraag: ‘as ons nie daarin slaag nie…dan moet die rewolusie groei…aldus FW……

 

2. Maandag 27 Julie 1987 Hansard kolom 2492: (FW) Die agbare lid van Brits Mnr Andrew Gerber het, meen ek, heel korrek as eerste spreker van die KP, sy siening van die party oor die onderwys probeer deurgee, in soverre hy die algemene standpunt gestel het, naamlik dat onderwys volksgebonde en Kultuurgebonde moet wees, is ek bly om te sien dat die KP op dié punt darem nog getrou bly aan die beleid wat hulle gesteun het toe hulle nog in die NP was. Daaroor bestaan daar bloedweinig indien, enige verskil tussen ons……

 

Die agbare lid (Dr. Ferdie Hartzenberg) se insinuasie dat hierdie kant van die raad beplan om die blanke onderwys te degradeer, tot wat hy noem, blote 3de wêreld standaarde, is van alle waarheid ontbloot……. Hansard kolom 2502:   Oor die kwessie van hoe ‘n mens kan verseker dat een groep nie’n ander groep oorheers nie, Is daar verskillende moontlikhede…….

 

Maar hoe het ons dit in die onderwys gedoen. Allereers deur ‘n onderskeid te tref tussen watter sake daar in die onderwys is, waaroor eie verkose lede van ‘n eie groep alleen besluit en oor watter sake daar gesamentlike besluitneming sal wees……

t.o.v al die oorblywende aspekte het ons volwaardige selfbeskikking vir elke bevolkingsgroep.   Daardie agbare lede probeer dit afmaak…………… hulle probeer afmaak dat in die onderwys “par excellence” die eie sakekonsep deur enorme versekering aandag vestig----- ek wil eintlik sê die totale versekering ----- inhou dat elke bevolkingsgroep in beheer van sy eie onderwys is.

 

HANZARD 2506:   Die gebiede (tuislande) het hul eie onderwys departemente en daar die differensia is op grond van ‘n bepaalde behoefte en HUL VOLKSKAP,

Dit is nie net geografies nie; dit hou ook verband met hul volkskap.

 

Hierdie standpunt is gestel deur FW de Klerk as Minister van Nasionale opvoeding en ook as Voorsitter van die Ministersraad van die Volksraad. Om nou te sê dat as ons geweet het die ANC gaan nie woord hou nie, sou ons nooit toegegee het nie, is behalwe dat dit vals is, géén verskoning vir die verraad wat voortgevloei het uit de Klerk se regering se optrede waarmee al die bogenoemde versekerings in die doofpot gestop is nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie