1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959153

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE VEILIG IS ONS BOERE SE GROND EN DIE AFRIKANER SE BESIT?

altEen so 'n beroemde laaste woord was deur De Klerk self op Vrydag, 9 Februarie toe hy verklaar het (Hansard, kol. 445): “Ek wil vir die agbare lid (dr. A.P. Treurnicht?) oor die grondkwessie sê, die KP moet ophou om die boere op te pomp. Die boere se kaart en transport is veilig...”

 

In die lig van die erns van gegewens in mnr.Pieter van der Spuy se berig en die klaarblyklik oorweldigende reaksie daarop, is dit raadsaam om weer te verwys na FW se versekering in die Parlement dat die boere se kaart en transport veilig is. Ook te verwys na stellings van Pik Botha in Farmer's Weekly van 7 November 2008 - , dat die NP nooit tot die grondwetlike skikking ( merk op, die gewilde woord is "akkoord") sou gekom het as die NP geweet het die boere se kaart en transport is onveilig nie. Wat daar nietemin uit FW en Pik se stellings oor grondbesit afgelei kan word is dat hulle salig geglo het (terwyl ons weet hulle lieg!), dat die boere se kaart en transport veilig onder 'n ANC-regime sou wees.

Ek het in 'n vroeëre berig op die AVP-webbladsy, na die sogenaamde Washington Konsensus as agtergrond tot daardie beroemde, of dan berugte! - akkoord verwys en dat wat die internasionale elite betref die Washington Konsensus in die vorm wat dit gegeld het tydens die "akkoord", nie meer geldig is nie. Een van die "bepalings" van hierdie klaarblyklik kragtelose internasionale "akkoord" (die Washington Konsensus) wat onder andere dien as "wettige agtergrond" vir lenings deur die IMF en die Wêreldbank, is waarborge wat burgers van lenerstate se eiendomsreg betref. Ons skets kortliks weer wat die Washington Konsensus behels:

 

Die grondwetkontrepsie van krag in die land is daagliks onder skoot – veral van die ANC-regime se kant af. Op 5 Maart vanjaar het die ANC sy voorneme aangekondig om met sekere elemente van die grondwetlike verdrag waarop die sogenaamde nie-rassige demokrasie in die land gegrond is, weg te doen. Die regime het gesê dat die grondwetlike ooreenkomste wat bereik is tussen 1990 en 1994 niks meer as ‘n “eerste oorgang” was nie. Die ANC het gesê dat hierdie eerste oorgang “‘n toepaslike raamwerk vir politieke bevryding, naamlik ‘n politieke oorgang was, maar dat dit onvoldoende en onvanpas is vir die maatskaplike en ekonomiese oorgangsfase”.

 

In die gerem van die Wit liberaliste se kant af, veral by monde van die DA se Black Sash-leier Helen Zille, teen die regime se planne, val die kollig veral op die sogenaamde regstaatbeginsel waarop die grondwetkontrepsie rus en 'n beswaar dat hierdie sogenaamde regstaat nou deur 'n ANC-magstaat vervang word.

 

Die gedagte van hierdie artikel is om 'n ander aspek agter die grondwetkontrepsie te belig. Dit is die “ekonomiese beginsels” waarop die bedeling wat sy verskyning in Kempton Park gemaak, moes berus.

Hierdie “ekonomiese beginsels” is beliggaam in wat bekend staan as die Washington-Konsensus. Dat die wêreld se liberaliste en diegene agter hierdie liberaliste, dit is Die Geldmag, baie ernstig is oor die Konsensus, word geopenbaar deur die feit dat Illuminati-segsman, Henry Kissinger, aan die einde van 2008 en midde in die grootste resessie wat die moderne wêreld nog getref het, in die Geldmag-tydskrif, The Economist, na die Washington-Konsensus as steeds geldend verwys het.

 

Maar toe was die skrif al aan die muur vir al die liberale wensdenkery vervat in die Konsensus, die vader van die sogenaamde konsensus self wat verklaar het die Konsensus is 'n “beskadigde handelsnaam”.

Nou wat ís hierdie sogenaamde Washington-Konsensus dan?

 

 

Die uitdrukking Washington-Konsensus is in 1989 deur die ekonoom John Williamson gemunt ten einde ekonomiese beleidsvoorskrifte vir ontwikklende lande te omskryf wat tot stand sou bring standaard hervormingspakkette vir daardie lande se ekonomieë soos bepaal deur Washington-gebaseerde instellings soos die Interenasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Amerikaanse Tesourie. Hierdie bepalings, gewild sedert veral die 1970's tot die middel 1990's, is oor die algemeen bestempel as 'n vorm van “ekonomiese liberalisme” wat trag om doeltreffendheid vir die private sektor en vryhandel af te dwing en markte te open (vir die Geldmag!).

 

Williamson se oorspronklike bedoeling het sinoniem geword met sogenaamde markfundamentalisme en neo-liberalisme. Die “bevryding” wat in Washington-Konsensus se spoor gevolg het, het die tot-nog-toe geslote markte in Latyns-Amerika en Sub-Sahara-Afrika verder vir die Geldmag oopgestamp. 'n Voorbeeld is die Boliviese ervaring. In daardie land is 'n rigiede benadering deur die staat, vervang deur 'n buigsamer benadering, egter met dié vesrskil: Die staat, dit is die sogenaamde “people” se verteenwoordiger, moes as borg optree vir al die vrye ondernemers, gewoonlik spelers uit die Geldmag, se riskante ondernemings. Nodeloos om te skryf: Enige rentesoekende optrede deur die staat (dit is immers die uitsluitlike voorreg van die Geldmag!) is by voorbaat die kop ingeslaan weens voorwaardes vervat in die Washington-Konsensus

DIE TIEN BELEIDSREËLS VAN DIE KONSENSUS WAS:

 

1.            Fiskale beleidsdissipline, wat ingesluit het die vermy van groot fiskale tekorte in verhouding tot die Bruto Binnelandse Produk;

2.            'n Nuwe rigting in openbare besteding weg van subsidies na die daarstel van sleutel groei- en armvriendelike dienste soos primêre onderwys- en gesondheidsorg en infrastruktuurbesteding;

3.            Belastinghervorming waarin die belastingbasis verbreed is, saam met die instel van matiger belastingkoerse;

4.            Rentekoerse moet deur sogenaamde mark- (dit is Geldmagkragte!) kragte bepaal word;

5.            Mededingende wisselkoerse vir 'n geldeenheid (met as gevolg die tuimeling van waarde van die rand tot dodelike dieptes!);

6.            Verslapping van handelsbepalings vir invoer met besondere verwysing na handelstariewe (Gaan kyk maar hoe val gesprekke oor hierdie sake vas, soos tydens die sogeaamde Doha-rondte);

7.            'n (Beweerde!) verslapping in sogenaamde “regstreekse inwaartse buitelandse investering”;

8.            Privatisering van staatsondernemings (met in Suid-Afrika as 'n gevolg die private mononopolie (groot sakekorporasies) wat in die plek kom van staatsmonopolie);

9.            Deregulering, wat insluit die afskaf van regulasies wat toetrede tot markte of mededinging (met groot sakekorporasies !) verhinder, behalwe vir regulasies wat geregverdig is weens veiligheids-, omgewings of verbruikerbeskermingsredes en omsigtigheidsoorwegings van finansiële instellings;

10.          Die wetlike beskerming van eiendomsreg.

 

Enige een wat die politieke debat in die land volg besef dat as daar nou een punt is waarin die ANC-regime hopeloos faal, dit hierdie laaste een is. Sonder om in te veel besonderhede oor hierdie saak, wat al uitvoerig op hierdie webbladsy en in die algemene nuusmedia behandel is, te verval, die vraag: Wat wil die ANC-regime met die land se mynbou, landbou, handel en nywerheid doen? Hy wil dit nasionaliseer. Dus wetlike beskerming van eiendomgsreg afskaf.

 

 

Net op sterkte van hierdie feit, 'n sluitsteen tot die 1996-grondwet, is die ANC-regime besig om die Washington-Konsensus ongedaan te maak. Die regime is daarom besig om die grondwet wat in 1996 deur die parlement bekragtig is, in 'n nuttelose stukkie papier te verander.

Meer nog: As die tekens van die tye onder oë gesien word is dit klaarblyklik dat die grondwet nie alleen van die begin af bestem was om 'n nuttelose stukkie papier te wees nie, dit sal soos in alle Swart state flentertjies met bloedbevlekte konfetti word wat oor Suid-Afrika dwarrel wanneer Julias Malema en ander ANC-kaders hul grond- en eiendomsgrypery met geweld op die land se Blankes afdwing.

 

Hierdie standpunt van die AVP word bevestig deur die opsomming van mnr. Pieter van der Spuy in sy ontleding van die uitspraak van die konstitusionele hof in Agri South Africa v Minister of Minerals and Energy [2013] ZACC 9 (18 April 2013): Laastens hou die uitspraak groot gevaar in vir eiendomsreg in die algemeen. Regter Froneman (afsonderlike uitspraak) vra tereg: “If private ownership of minerals can be abolished without just and equitable compensation ... what prevents the abolition of private property of any, or all, property in the same way?”

Om op te som: Deur “slim” wetsformulering het en kan die ANC-regime blankes van hulle regte ontneem in die naam van die Grondwet se eise om “affirmative action” en transformasie - sonder om enige vergoeding te betaal! FW de Klerk behoort te verduidelik hoe sy “wigte en teenwigte” die Afrikanervolk gaan beskerm teen hierdie tier wat hy losgelaat het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie