1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959105

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE GRAS BRAND ANDERKANT DIE RUBICON!

altDat daar vuur in die gras anderkant de Klerk se Rubicon gekom het, onvermydelik moet ek sê, is onomstootlik. Die “winde van verandering” wat nie ophou waai het nie, blaas nou die vuur tot ‘n inferno aan waarvoor de Klerk nie raad sal hê nie.

P.W.Botha se Rubicontoespraak op 15 Augustus 1985, het nie die oorkantste wal gehaal soos wat verwag, voorspel, dikteer en gehoop is in die liberale kringe van Suid Afrika nie. Hoewel hy ‘n voorstander van hervorming was, was hy nie gereed en veral nie bereid om voorgesê te word van hoe en wat hy as President van Suid Afrika vir die Kongres van die NP in Natal op 15 Augustus 1985 moet sê nie!

Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk sy Rooi Vrydag-toespraak gehou waarin hy verklaar het dat Nelson Mandela vrygelaat gaan word en die Rubicon oorgesteek waar PW vasgesteek het. Die bedenklike wyse waarop P.W. Botha deur FW de Klerk as staatspresident vervang is, was die begin van die skandaligste politiekery wat die Afrikanervolk in sy ganse bestaan beleef het en ons eerloos van ons politieke mag gestroop en beheer oor ons bloedverworwe land ontneem het.

Toe de Klerk in die 1992 Referendum van 17 Maart met ʼn kunstig bewoorde vraag, ʼn meerderheidstem in die referendum verkry het met die vraag: “Ondersteun u voortsetting van die proses van hervorming wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat gerig is op ʼn nuwe grondwet deur onderhandeling?”, waarop Afrikaners net ja of nee moes stem, het daardie meerderheid egter nie aan die NP die mandaat verleen om Mandela vry te laat, die SAKP te ontban en ‘n een-mens-een-stem verkiesing uit te skryf nie!

Dit was bloot ʼn antwoord op ʼn vraag wat toestemming sou verleen tot onderhandeling vir ʼn nuwe grondwet en voortsetting van die hervormingsproses, en dit sonder om die bedoelde ingrypende betekenis daarvan aan die kiesers te verduidelik soos wat hulle later moes uitvind.

Terwyl die vlam van verset reeds met die Ja-nee stem hoog gebrand het en sigbaar was in die uitslae van die tussenverkiesings wat die referendum voorafgegaan het, het de Klerk sy versekering soos in Hansard opgeteken, dat die onderhandelde grondwet weer in ʼn referendum aan die blanke kiesers voorgelê sou word, bloot geïgnoreer en die 1994 een-mens-een-stem verkiesing gehou waarin die Afrikaner sy politieke mag verloor het volgens die uitslag van die verkiesing. Die verkiesing was egter onwettig en dus ongeldig in die oë van elke behoudende Afrikaner en die grondwet as instrument om die Afrikaner te vernietig!

Dat hierdie onderhandelde grondwet ‘n effektiewe instrument in die hande van die ANC is om die blanke in die algemeen en die Afrikaner in besonder, die wat nie reeds fisies vermoor is nie, finansieel te vermoor en uit sy besit, dws. álles waaroor hy beskik, grond, minerale, besigheid, eiendom, pensioen, ens. te verdryf, blyk nou wesentlik te wees. Die interessante ding is dat dit de Klerk en genote nou ook ernstig bekommer daaroor en elke geleentheid benut om die ANC daaroor te kritiseer.

Wat is egter die betekenis hiervan?

Wanneer die onlangse verdere en “nuwe” inligting wat bekend geraak het deur verklarings van betrokkenes by die bedrogvolle beplanning om die Afrikanervolk uit die weg te ruim, wat nie meer hulle gewetes kon ignoreer nie in aanmerking geneem word, is dit nou onteenseglik duidelik dat die Afrikanervolk geoffer is in belang van imperiale behoeftes van minerale, energiebronne en strategiese lug en landbeheer. Alles het te maak gehad met die oordrag van mag en níks, maar níks met apartheid of humanitêre belang nie! Die onlangse blootleggings en verklarings van kaptein Deon Loots en Genl.   Gen. Erle Cocke, saamgelees met die vroeëre onthullings van adv. Piet Pretorius en Gunther Shicklegruber, is besig om deur te dring na van die mees geharde liberales in Suid Afrika. Behalwe de Klerk en sy Stigting se skielike ommeswaai met kritiek teen ZUMA se hantering van die grondwet, terwyl dit eintlik gaan oor die samestelling van die onderhandelde grondwet waarvoor hy wat de Klerk is moet pa staan, kom daar nou kritiek vanuit linkse geledere teen die grondwet en selfs teen de Klerk self! Bewys van die meriete van regse besware, weerstand en kritiek teen die de Klerk abdikasie en die gevolge daarvan, setel in de Klerk se kritiek teen sy eie skepping sowel as kritiek uit linkse geledere. Die AVP plaas uittreksels ter illustrasie daarvan met ons beklemtooning op die relevante gedeeltes ter stawing van die aantygings wat ons maak!

"Het FW nog 'n rol?" (Toerien se artikel soos wat dit op die Maroela blad van Solidariteit verskyn het)

Oud-president FW de Klerk het pas weer rondom die afsterwe en begrafnis van die voormalige Britse premier, Margaret Thatcher, die nuus gehaal. Soos gebruiklik was daar in die kuberruim waar hierdie berigte gedra is, ‘n enorme reaksie van lesers, waarvan byna almal hul kuberpenne in gal gedoop het en woorde soos “verraaier” en veel erger opgedis het. Selfs die enkelinge wat iets positiefs oor FW te sê gehad het, is met die teerkwas bygedam. Het FW die Rubicon oorgesteek, of het hy sy mense strategies teen die Trassimeense meer laat vaskeer?

Die simboliese onderskeid is reusagtig. Julius Caesar het die Rubicon oorgesteek en sy vyande wat ‘n komplot teen hom gesmee het, gaan oorwin. Die Kartaagse veldheer, Hanibal het ‘n ganse Romeinse eenheid teen die Trassimeense Meer vasgepen, en met onder meer sy olifante in die grou water ingedryf en Rome sodoende vir ‘n tyd lank uiters kwesbaar gemaak. In die reël, wanneer ‘n regeringshoof die tuig neerlê, is daar ‘n ongeskrewe protokol dat hy hom van politieke uitsprake sal weerhou, veral wat na foutvindery met sy opvolger klink. Wyle president PW Botha was byvoorbeeld baie stil na hy in wese uit die tuig gedwing is, oud-president Nelson Mandela was stil en het bloot toegelaat – later skynbaar sonder dat hy meer veel geweet het wat aangaan – dat die ANC hom misbruik om groot gewag daarvan te maak dat hy steeds ANC stem, en oud-president Thabo Mbeki het selfs ten spyte van sy aktiewe, nuwe politieke rol, nie sy mond uitgespoel oor die man wat hom uit die tuig gedwing het, en veral sy ekonomiese beleid erg geknak het nie, naamlik president Jacob Zuma.

Oud-president FW de Klerk, soms regstreeks, en soms via die FW de Klerk-stigting, is egter veel meer as net huidige politieke kommentator – hy is ‘n aktiewe staatkundige deelnemer. Ook die Sentrum vir Grondwetlike Regte, wat deel van die stigting is, neem aktief deel. Kritiek op die regering van die dag is algemeen, en veral waar uitgewys word hoe die ANC die grondwet verkrag, ook ontstellend. Daar is ‘n belangrike rede waarom FW en sy stigting so optree en dit nie net reg is nie, maar ook noodsaaklik. Dit handel in wese daaroor dat die ou Suid-Afrika via ‘n nasionale vredesakkoord tot sy einde gekom het. Die oorgangsgrondwet, die grondwetlike beginsels, en daarom die uiteindelike grondwet, is veronderstel om in die dampkring van hierdie akkoord te staan.

 

Dit is belangrik, want sonder die akkoord en die afdwingbare invloed van die akkoord beteken dit dat die ANC die een of ander militêre oorwinning behaal het, en die ander kant skynbaar onvoorwaardelik oorgegee het. Dit is immers die indruk wat die ANC graag skep. Veral na Marthinus (Kortbroek) van Schalkwyk die NP – toe die NNP – in die ANC self ingelei het om “jul (baie stil) stem te gaan wees” bly dit ‘n ope vraag wie nou eintlik die “ander party” van die Vredesakkoord sou wees. Dit is juis die ANC se voorhou van die gewaande oorwinning, en veral die wegkom daarmee, wat die indruk versterk dat die destydse regering se onderhandelaars soos hul agterente onderhandel het. Of soos dr. Leopold Scholtz dit uitgedruk het, die regering sy derde span se reserwes ingespan het om te onderhandel. (Slegs ‘n brief van kritiek op Scholtz se rubriek is op Die Burger se argief opspoorbaar). Baie van die ja-stemmers van die destydse referendum voel ook uitverkoop omdat dit toe duidelik gemaak is dat daardie referendum bloot voortgesette onderhandelings, ja of nee, aan die bod gestel het en dat ‘n tweede referendum oor die aanvaar al dan nie van die ooreenkoms opnuut aan ‘n referendum blootgestel sou word. Talle ja-stemmers het al laat blyk dat hulle bloot ja vir onderhandelings gestem het, en beslis teen die produk van die “derdespan se reserwes” sou stem.

In ‘n sekere sin – veral teen die agtergrond dat Meyer self op rekord is dat hy vir die ANC stem – laat dit FW as die enigste oorblywende “verteenwoordiger” van die “ander kant” van die vredesakkoord. Sy, en sy stigting se kritiek op hoe die ANC met die grondwet, die demokrasie en die howe (die laaste de facto oorblyfsel van die beloofde wigte en teenwigte) omgaan, is dus nie maar bloot foutvindery met sy opvolgers nie. In sy stigting is ‘n enorme hoeveelheid kundigheid opgesluit wat weens hul kontak met FW dit adem wat met die afloop van die grondwetlike onderhandelings bedoel is.

Hoewel kritiek uitgespreek word, was daar ook al verskeie verklarings waarin die ANC bygedam is oor uitlatings dat die vredesakkoord ten dele of algeheel opgeskort gaan word. Daar was selfs kritiek op kardinale hofuitsprake – nogal insiggewend teen die agtergrond dat FW Suid-Afrika in ‘n posisie van juridiese determinasie ingelui het tot die effektiewe afgradering van ander paslike dissiplines wat staatkundige dinamika beïnvloed, soos die politieke wetenskap en veral (politieke) sosiologie, en selfs die historici swoeg om objektiewe, waar weergawes te kan skets.

By FW se kritici is ‘n frustrasie te bemerk dat die onderhandelaars skynbaar nie ‘n doeltreffende meganisme daargestel het waar die ‘ander party” die skending van die vredesakkoord met meer as bloot mond-uitspoelery kan begroet nie. Waar die howe en ander “wigte en teenwigte” wel genader word, is dit hoofsaaklik burgerlike instellings wat hul eie steunbasis moes opbou, soos Solidariteit en AfriForum wat moes intree en steeds intree. Die stigting was byvoorbeeld duidelik afwesig met die grondwethof-uitspraak vandag van die saak wat AgriSA aanhangig gemaak het oor die beweerde nasionalisering sonder kompensasie van mineraleregte – die ou “ondergrond.” En hulle kan nie as verlengstukke van FW en sy stigting beskou word nie.

Miskien die duidelikste van wat FW vir die Afrikaner deur die onderhandelde skikking verlang het, blyk uit die volgende aanhaling uit sy jongste mediaverklaring na die dood van Thatcher: “How would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history?

Afrikaners felt just as strongly about this right as any other nation. They had twice defended it against Britain, the mightiest imperial power of the time. One must remember that the Anglo-Boer War was Britain’s largest war between the Napoleonic War and the First World War – involving the deployment of more than 400 000 imperial troops.”

Maar het hierdie aspirasies behoorlik neerslag gevind in die grondwet (veral as die ANC onder andere by monde van Gwede Mantashe selfbeskikking vir die Afrikaner as heeltemal onaanvaarbaar en buite die kwessie beskryf? Of moet die Afrikaner die fout elders gaan soek dat daar nog geen behoorlike kollektiewe aksie is om artikel 235 van die grondwet wat juis vir selfbeskikking voorsiening maak, te laat realiseer nie?

‘n Tweede probleem is dat die persepsie nog wyd in die wêreld loop dat Suid-Afrika “die beste grondwet ter wêreld het.” Kritiek op die praktiese implikasies van die grondwet beteken outomatiese weerstand in die buiteland juis onder diegene wat groot erkenning aan FW se rol tot die “vreedsame oorgang” gee. (Die opvatting dat dit die beste grondwet is, is hoofsaaklik die produk daarvan dat die onderhandelaars ander lande se grondwette kon gebruik om die beste uit te haal – in die praktyk is egter byvoorbeeld nagelaat om juis daardie elemente uit die Indiese en Belgiese grondwette te neem wat die belange van minderhede staatkundig ondervang). Is daar iets wat FW kan doen om die outomatiese beskuldigings van verraad te stop wanneer hy kritiek op die huidige regering se doen en late uitspreek?

Gaan hy veel vermag deur dit uiteindelik reguit te stel dat die huidige grondwet gebreke het?

Gaan dit iets beteken deur te sê hy en sy kabinetskollegas is deur die onderhandelaars in die steek gelaat?

Gaan dit ‘n verskil maak as hy die lug suiwer oor wat van die tweede beloofde referendum geword het?

Die onbevredigende antwoord is waarskynlik dat die FW de Klerk-stigting sy aansienlike kapasiteit sal benut om die leemtes in die grondwet en die ANC se vergrype teen die grondwet aan die kaak te bly stel, dat die stigting sal bly hamer op die veronderstelde status van die vredesakkoord, maar dat ander instansies wat kapitaalkragtiger is en bewese ledetalle het, die howe sal moet nader, en weer en weer moet nader, tot hierdie wig en teenwig moontlik in die ergste scenario uit funksionaliteit getransformeer word.

Die Afrikaner kan ook nie net lawaai oor vertrapte regte en gebrekkige selfbeskikking, en die meeste “lede” dan niks doen nie. Dit is immers ‘n gegewe dat ‘n politikus die ou waarheid moet aanvaar: As jy jou vir ‘n toffie uitgee (deur die politiek te betree) moet jy bereid wees om gekou te word. Maar daar is darem iets soos styl en smaak ook van hoe gekou word. (Aldus Toerien)

Gepubliseer in Nuus, Nuus in konteks

HIER IS DIE VOLLEDIGE ARTIKEL VAN FW WAT IN 'N BRITSE KOERANT VERSKYN HET

Die beklemtonings is van die AVP. Indien u hierdie toespraak van de Klerk met aandag lees, sal u sien hoe min die oordrag van mag met apartheid te maak gehad het.

Margaret Thatcher and the role she played in helping South Africa to achieve non-racial constitutional democracy FW de Klerk FW de Klerk Foundation [This article first appeared in the 16 April edition of the London Evening Standard] MARGARET THATCHER AND THE ROLE SHE PLAYED IN HELPING SOUTH AFRICA TO ACHIEVE NON-RACIAL CONSTITUTIONAL DEMOCRACY By FW de Klerk In her autobiography, Margaret Thatcher observed that few issues created so much scope for hypocrisy and hyperbole as did the question of apartheid during the 1980s. When considering Britain’s increasingly controversial relationship with South Africa she brought to bear all of the qualities that came to characterise her leadership. These included common sense, a clear understanding of Britain’s interests; a refusal to accept cant; and an iron will to proceed with policies that she believed in her heart to be right.

At no time did she give the slightest support for apartheid or for racial discrimination of any kind. She consistently urged South Africa to release Nelson Mandela and to move ahead with real transformation.

At the same time she realised that nothing would be achieved unless the international community also took into consideration the reasonable concerns and interests of white South Africans.

There were three prime concerns:

How could white South Africans be sure that their country would not go the same way as so many other African states that had held one-man, one-vote elections once - and then subsided into tyranny, corruption and conflict?

How would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history? Afrikaners felt just as strongly about this right as any other nation. They had twice defended it against Britain, the mightiest imperial power of the time. One must remember that the Anglo-Boer War was Britain’s largest war between the Napoleonic War and the First World War - involving the deployment of more than 400000 imperial troops.

The government was also deeply concerned about the influence of the South African Communist Party within the ANC Alliance. Throughout the 70s and the 80s virtually all the members of the ANC’s National Executive Committee were also members of the SACP. The SACP supported a classic two-phase revolution in which the national liberation movement - the ANC - would lead the way to national liberation. The SACP would then assume the vanguard role and move forward to the establishment of a communist state. This was not simply a question of 'reds under beds'. As late as September 1987 the South African Defence Force was involved in major conflict against Soviet and Cuban-led Angolan forces in southern Angola.

Margaret Thatcher also realised that the situation in South Africa was already evolving. PW Botha understood the need "to adapt or die". In 1983, coloured and Indian South Africans, were included together with whites, in a tricameral parliament. At the beginning of the 80s genuine trade union rights were extended to black workers. By 1986 more than 100 apartheid laws had been repealed and a year later the National Party accepted that black South Africans would have to be included in a common constitutional system with whites.

The only impact of these reforms on international opinion was the redoubling of demands for comprehensive sanctions. The agenda was no longer reform - it was for the transfer of power.

Margaret Thatcher understood the significance of these developments and also realised that the economic growth that sanctions was intended to reverse was in fact one of the most powerful forces for change. It was eroding apartheid far more effectively than sanctions could ever hope to.

All these factors convinced Prime Minister Thatcher of the folly of trying to cripple South Africa’s economy. She opposed the extension of sanctions with enormous courage and determination at successive meetings of the Commonwealth Heads of Government. She was invariably subjected to vitriolic and personal attacks, but, as always, she gave as good as she got: she pointed out that those calling loudest for sanctions - the frontline states - had no intention of cutting their own extensive economic ties with South Africa; many had human rights records worse than South Africa’s; and the people who were suffering most from sanctions were black South Africans.

Thatcher understood that sanctions have limited effect on states that believe that their very existence is at stake. She sensed that, more often than not, they spurred targeted societies to resist pressure for change. She knew that the implosion of South Africa would have very serious consequences for Britain: apart from threats to extensive investments in South Africa, Britain would probably have to accommodate hundreds of thousands of refugees and deal with the chaos that would be caused by the collapse of the continent’s leading economic power.

Margaret Thatcher’s efforts to ward off comprehensive sanctions were probably her greatest contribution to the subsequent successful constitutional evolution of South Africa. Had the Brian Mulroneys, Bob Hawkes and Robert Mugabes won the day and succeeded in further isolating South Africa, PW Botha - who was every bit as stubborn as Thatcher - might have brought down the shutters on reform and withdrawn South Africa into a grim, survivalist fortress.

As it is, she succeeded in holding the line until the end of the 80s when the geostrategic nature of the world changed. By the time I became leader of the National Party in February 1989, history had begun to open a window of opportunity for us: all sides had genuinely accepted the need for negotiations; the Namibian independence process had been successfully implemented and, most importantly, the threat posed by the Soviet Union - and the SACP - had collapsed.

Later in 1989 I visited London and informed Margaret Thatcher of my intention of embarking on fundamental constitutional transformation.

She assured me that she would do everything she could to help me.

During the subsequent negotiations, she gave me, Nelson Mandela and Mangosuthu Buthelezi unstinting support in our efforts to reach a peaceful and constitutional solution to the complex problems of our country.

For that, I shall remain deeply grateful to her. I am honoured that I have been invited to her funeral to help celebrate the memory of a truly great lady.

Dat daar vuur in die gras anderkant de Klerk se Rubicon gekom het, onvermydelik moet ek sê, is onomstootlik. Die “winde van verandering” wat nie ophou waai het nie, blaas nou die vuur tot ‘n inferno aan waarvoor de Klerk nie raad sal hê nie. Die Afrikaner Volksparty se oordeel wat setel in die geskiedenis en uit die monde van verskeie gelowige, betroubare en uiters begaafde en bekwame Afrikanerleiers, word nou stelselmatig bevestig en roep Afrikaners op tot verset teen hierdie, nou al meer bewese onreg!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie