1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958827

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE IDASA (KOMPLOT) SNEUWEL!

altDie Afrikaner Volksparty vind sommige opmerkings in die berig prettig terwyl ander weer nuttig is om perspektief te gee as dit in die regte samehang beskou word.

In die Beeldkoerant van Maandag 1 April 2013, lui ‘n opskrif: “Idasa goud werd, maar verloor sy rol”.

Môreoggend dien ’n anderste likwidasie-aansoek voor die hooggeregshof in Pretoria: Dit is Idasa wat nie kop bo water kan hou nie.

Dat Idasa op sterwe na dood is, noop ’n mens om te vra: Wat sterf hier, hoekom en wat beteken dit?

Die eertydse Instituut vir ’n Demokratiese Alternatief in Suid-Afrika is in Januarie 1987 geregistreer – die jaar nadat dr. Frederik Van Zyl Slabbert en dr. Alex Boraine ’n kopskoot aan die driekamerparlement gegee het deur as parlementslede te bedank.

 

Idasa het ’n leidende rol gespeel in die Dakar-sending en het gehelp om die kollig uit die parlement te verskuif na die toekomspolitiek: die gesprek tussen die heersersklas en die ANC.

 

Ná 1990 het Idasa voortgegaan om die land vir die demokratiese bevalling voor te berei met insette oor die kiesstelsel, kiesersopleiding en ander by-draes, op ’n hoë akademiese peil waaraan ’n groot tekort was.

Ná 1994 het Idasa voortgegaan om die teorieë onderliggend aan praktiese politieke vraagstukke te deurgrond en na te vors.

Baie het egter begin meen Idasa fokus nie eksklusief op die werklike brandpunte in Suid-Afrika nie.

Die kiesstelsel en die finansiering van partye is van belang, maar dis nie wat Suid-Afrikaners laat wakker lê nie.

Korrupsie, die ware aard van en rede vir diensleweringsprotes en die omstandighede waaronder plaaslike kiesers hul stempatrone verander laat die politieke bloed byvoorbeeld vinniger pomp.

Die indruk het dus ontstaan dat Idasa sy skerpheid verloor het en nie meer so graag werklik die moue opgerol het nie.

Slabbert se afsterwe het die emotief-morele binding met skenkers beïnvloed, maar uiteindelik funksioneer organisasies binne ’n dinamiese samelewing en moet hulle by daardie dinamika aanpas, of sterf.

Idasa het ’n goeie stryd nou bykans volstry en laat ’n trotse nalatenskap.(Aldus die berig in Beeld)

Die Afrikaner Volksparty vind sommige opmerkings in die bo-staande berig prettig terwyl ander weer nuttig is om perspektief te gee as dit in die regte samehang beskou word.

Om byvoorbeeld te se dat Idasa goud werd was, is die vraag wat na vore kom, vir wie? As die spreekwoordelike hier ignoreer word het dié stelling ‘n ingrypende betekenis!  

In a letter written to a Washington law firm involved in a lawsuit involving Project Hammer, Goslar fingers Bridge S.A. – and hence Van Rooyen and Riaan Stander, as ‘part of the Executive Outcomes operation.

Eastech International Bank, was underwritten by a Mexican firm Ro-Mar Pharmaceuticals, a firm claiming to control over $100 billion in gold. Van Rooyen and Stander entered Eastech into an agreement to purchase

5000 metric tones of gold at a discount of 4% from the Second London Fix. This gold was held in the free zone area beneath Zurich’s Kloten Airport. Interestingly, the contract, which ran to 6 pages, bears the official stamp of the Swiss Police, authorizing and validating the transaction. By 1995, Eastech International Bank had begun to hit the radar screen of regulatory authorities around the world that viewed it with suspicion, but by then it seems probable that much of Project Hammer’s SA objectives had been fulfilled. Is dit dalk die goud waarna die skrywer van die Beeld artikel verwys?

Wat sterf hier, hoekom en wat beteken dit? Hierdie vraag van die artikelskrywer impliseer ‘n sterfte, nie net ‘n blote likwidasie nie! Sy “hoekom” en “wat” word deur homself beantwoord, wat dan ook dien om te bevestig wat deur die Idasa komplot van wyle mnr. Jaap Marais breedvoerig aan die kaak gestel is, sonder dat die skrywer dit so bedoel het. Uiteraard is sy bedoeling om ‘n eervolle heengaan vir Idasa te probeer bewerkstellig, wat dan ook sommer sy eie en Beeld se politieke kleur en aandeel in die stryd om die ondergang van die Afrikaner te bewerk, blootlê.

Idasa se leidende rol in die besoeke aan Dakar en die voorbereiding van die land vir die “demokratiese bevalling”, dui op die “Conservative Dialogue Program” van Idasa wat in die geheim beknoei is om die Afrikaner se samewerking te verkry om homself te vernietig.

 

Daar is níks, nul, zero, goeds in die bedoeling van, of in die nalatenskap van Idasa nie!! Wat hulle bereik het was die Korrupsie, die ware aard van en rede vir diensleweringsprotes en die omstandighede waaronder plaaslike kiesers hul stempatrone verander, wat onder Swart Meerderheidsregime, voorspelbaar was en is. Hulle sien dit raak, beleef dit en poog steeds om dit anders te laat voorkom sodat Idasa saggies en eervol kan heengaan. Hulle oordeel oor die geskikte tyd om te sterf is egter net so beknop soos hulle politieke oordeel, aangesien die grafgrawers in Suid Afrika nou besluit het om te staak! Idasa se doodsbeendere sal dus nog lank in die fel politieke son van Suid Afrika lê en blaak!

 

Idasa sterf! Soos hulle wat dit bedryf het ook sal sterf! Opgeteken In die geskiedenis van Suid Afrika en die Afrikanervolk, as verraaiers, verraderlik, oneervol sodat hulle nageslag oor hulle sal bloos wanneer dit verhaal word!

 

Die links-liberale politieke bewegings in Suid Afrika was nog altyd deur Afrikaners beskou as die ondergrawers van alles waarvoor Afrikaners gestaan het! Kan hulle nou beskou word as voertuie vir Afrikanerbelange?

 

Die Christelik-Nasionale idioom wat soos ‘n goue draad deur die Afrikanervolk se geskiedenis geloop het en neerslag gevind het in die handhawing van sy eiesoortigheid, was van meet af aan ge-opponeer deur die links-liberale, hoofsaaklik Engelstalige gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking wat as teenpool, integrasie, of rasvermenging op alle lewensterreine bepleit en voor ge-ywer het.

 

Die ongekende voorspoed wat ons land beleef het met die beleid van afsonderlike ontwikkeling onder die leierskap van dr. Verwoerd, het die linkse ideale feitlik totaal in die doofpot gestop, dermate dat die linkse VP versplinter het en opge-eindig het in die DA van vandag.

 

Om te kon slaag met die noodsaaklikheid om die Afrikanervolk vermeng te kry en sodoende sy gesag en beheer oor Suid Afrika te verbreek, het daar baie onderduimse en selfs diaboliese gebeurtenisse plaasgevind!

 

Eerstens moes dr. Verwoerd vermoor word nadat hy ons tot ‘n Republiek in 1961 gelei het en dus los gemaak het van die Engelse Regering se invloed wat hulle nog gehad het in die Unie van Suid Afrika.

 

Sy nalatenskap van eer en trou het egter ‘n kern Afrikaners agter gelaat wat selfs die verraad van John Vorster, P.W.Botha en F.W. de Klerk se regerings oorleef het, sodat die uiterste vorm van agterbaksheid en onderduimsheid nodig was om die verraad voltrek te kry in 1994, met die eerste een-mens-een-stem verkiesing, waarin die Afrikaner, soos voorspel en gewaarsku, finaal sy politieke mag verloor het.

 

Die sukses wat behaal is teen die Afrikaner, was egter die aanwending van oa. Ook verkose Afrikanerleiers in die kerk, politiek, vakbonde, weermag, kultuur en landbouorganisasies. Mense wat deur Afrikaners vertrou was!

 

Die insig en skerpsinnigheid van behoudende Afrikaners wat die gevaar gesien en besef het en bekend gemaak het, is as verdagmakery deur die media voorgehou sodat die Afrikanervolk eerder ‘n houding van wag-en-sien ingeneem het as om gesamentlikke onmiddellike weerstand te bied.

 

‘n Berig in Beeld van Woensdag 29 April 2009, “Orgaanversaking eis leier van TLU wat brûe bou”, roep een so ‘n gebeurtenis weer helder voor die gees en bevestig nogmaals die skerpsinnigheid en politieke insig van iemand soos wyle mnr. Jaap Marais!

 

Die berig verwys na mnr. Dries Bruwer, voormalige President van TLU se oorlye op 28 April 2009, en die skrywer daarvan, Cobus Claassen, skryf verder: “Bruwer het van 1993 tot 1996 gereeld met ANC-hoës soos mnr. Jacob Zuma en oudpresident Thabo Mbeki vergader.

Die eerste vergadering is in November 1993 by ‘n wedvlugduiweklub in Lynwood, Pretoria, tussen Bruwer, genl. Constand Viljoen (voormalige VF-leier), mnr. Piet Gous (destydse president van die Vrystaatse Landbou-unie en KP-LP, vir Parys) en Zuma-hulle gehou.

Bruwer het in 2005 in ‘n onderhoud aan Beeld gesê die ongewone vergaderings is destyds gehou in ‘n poging “om brûe tussen regs en links te probeer bou””, Aldus die berig.

 

Toe wyle mnr Jaap Marais in verskeie skrywes diè “ongewone” vergaderings, as “’n wye samespanning om die NP se verraad teen die Afrikanervolk te laat slaag”, deur wat hy beskryf het as die Idasa Komplot, was dit wyd ontken en as regse kwaadstekery teen gerespekteerde Afrikaners afgemaak!

 

Die betrokkenheid van Constand Viljoen en sy tweelingbroer, die linkse prof. Abraham Viljoen, Ivor Jenson, (Transvaalse direkteur van die Institute for Democratic Alternatives in SA (IDASA), dr. F van Zyl Slabbert (voormalige leier van die PFP) en Jurgen Kogl, in ‘n geheime beplanning genaamd die “Conservative Dialogue Program), was een van die mees veragtelike en verraderlike gebeurtenisse in ons volk se geskiedenis, deur juis die links-liberales waarvan verskeie DA verbintenisse gehad het of nog het en wat in diè bedrogvolle geknoei, ook van die leiers van die KP gebruik gemaak het!

 

Met “Afrikaners” wat nog dink dat sulke bedrog geseënd kan wees, het ons nie vyande nodig nie! As daar deur sulke bedrog brûe gebou was tussen “regs en links”, dan was dit vanuit hulle oorsprong gedoem om geen duursaamheid te hê nie. Onvermydelik sal dit tot niet gaan soos die Idasa wanstaltigheid nou tot niet gaan, met verhoogde spanning tussen rasse en groter wantroue in volksgeledere. Is dit nie uit die Woord wat die gelowige geleer word dat alles wat in die geheim gebeur, in die openbaar vergeld sal word nie?

 

Ek plaas weer die eerste 6 bladsye van die Idasa Komplot en raai u aan om die volledige dokument in die argief van die AVP Webblad te gaan nalees sodat die snert wat verkondig word oor Idasa se nalatenskap, in die lig van die werklikheid en waarheid beoordeel kan word.

 

 

DIE IDASA KOMPLOT (Bls 1-10 deur Jaap Marais)

 

Dries Bruwer, Piet Gous en Constand Viljoen se broer knoei saam:

 

LINKSE IDASA HET REGSES NA ONDERHANDELINGS GELEI

                               EN BKA VERLAM

 

 

OPSIENBARENDE dokumentêre getuienis is bekom oor hoe ‘n beweerde front van die “Nasionale” Party (NP) in 1992 en 1993 gebruik is om die Konserwatiewe Party (KP) en ander politieke organisasies aan die regterkant by die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP betrek te kry en die BKA (Boerekrisisaksie) as ‘n potensiële geweldsfaktor uit te skakel.

 

‘n Sleutelfiguur aan die een kant was mnr. Dries Bruwer, president van die Transvaalse Landbou-unie en destyds KP-LP vir Lydenburg.   Saam met hom was daar Dr. Piet Gous, president van die Vrystaatse Landbou-Unie (VLU) en destyds KP-LP vir Parys.   Aan die ander kant was prof. Abraham Viljoen, genl. Constand Viljoen se tweelingbroer, ‘n bekende linkse.

 

In die agtergrond is die toutjies getrek deur mnr. Ivor Jenkins, Transvaalse direkteur van die Institute for Democratic Alternatives in SA (IDASA).   Dr. F van Zyl Slabbert, voormalige leier van die PFP, het die organisasie onder suspisieuse omstandighede op die been gebring. En IDASA is meer male in die openbaar bestempel as ‘n front van die NP-regering, ook deur Dr. Sipo Mzimela in sy boek “Marching to Slavery”.   As Dit so is, soos ook blyk deur meer as een optrede van IDASA, is dit vanselfsprekend dat hy NP-doelstellings sou bevorder op pad na oorgawe aan die ANC-SAKP. Dit is waarvan nou bevestiging verkry is.   Daar was ‘n wye samespanning om die NP se verraad teen die Afrikaners te laat slaag.

 

Dié komplot teen die Afrikanervolk het begin in 1992 toe Ivor Jenkins vanuit IDASA

Die “Conservative Dialogue Programme” (CDP) geloods het.   Dit was die plan om te verhoed dat die NP en die ANC-SAKP se onderhandelingsproses in die wiele gery word deur die Afrikaner-opposisie. Om dit te laat slaag, moes groepe en persone aan die politieke regterkant gekondisioneer word om aan die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP deel te neem en sodoende die geweldsopsie te laat vaar.   Op dié wyse sou die onderhandlingsagenda ook nie versteur word deur bv. ‘n aandrang op Blanke verkiesings ten einde De Klerk te verslaan en die verraad te stuit nie, soos die HNP bepleit het.

 

Soos die komplot gevorder het, het dit duidelik geword dat daar veel meer gewig agter die CDP was as prof. Viljoen en Ivor Jenkins.   In die loodskomitee was daar, naas die twee, ook Jürgen Kögl en niemand minders as dr. F. Van Zyl Slabbert self nie.

 

Dit is opvallend dat in IDASA se bepleiting van die program daar telkens gewag gemaak is van “regses” wat positief betrek moes word by die onderhandelings, maar dat dit dan gaandeweg afgeskaal word tot “die meer gematigdes”. In daardie stadium

(Januarie 1992) was die enigste groep regs van die NP wat as “gematig” beskou is ,

die KP.

 

 

                                                               2.

 

Mnr. Jaap Marais, Leier van die HNP, sê dat hy by geleentheid by ‘n sake-onderneming was toe prof. Viljoen hom genader het om ‘n gesprek.   Mnr Marais

was daartoe bereid, maar het nie weer van prof. Viljoen verneem nie.

 

In die gegewens wat bekend geword het, het ook geblyk dat dr. Ferdi Hartzenberg

wel by dié IDASA-program betrek was.   Hoewel daaroor nie sekerheid is nie, is daar getuienis dat hy in die geheim betrokke was – moontlik terwyl dr. Andries Treurnicht nog gelewe het en dr. Hartzenberg die onderleier van die KP was.   Daar is getuienis dat dr. Hartzenberg genl. Constand Viljoen se samesprekings met ANC verteenwoordigers ondersteun het in die tyd toe dr. Hartzenberg in die openbaar enige onderhandelinge met die ANC verwerp het.  

 

Prof. Abraham Viljoen is deur IDASA aangestel as die koördineerder van die projek, wat deur die Hollandse en die Kanadese regerings gefinansier is met honderde-duisende rand.   Viljoen was ‘n professor in Kerkgeskiedenis aan UNISA maar het bedank om PFP (later DP)- kandidaat in Waterkloof te word.   Toe hy verslaan is, is hy by IDASA opgeneem, terwyl hy enersyds aktief in die DP-politiek gebly het en andersyds as plaaseienaar konneksies met Afrikaners in die landbou behou het deur middel van landbou-organisasies.

 

Prof. Viljoen se aanstelling as koördineerder van die CDP is verantwoord deur hom onder andere te bekskryf as “hoewel polities progressief, hy altyd gereelde skakeling behou het met die regtervleuel, primêr deur sy lidmaatskap van die TLU, die bolwerk van konserwatisme in Transvaal.   Tegelyk het hy sterk bande met die Swart politieke

gemeenskap, veral die ANC”.   Soos begryplik is, was dit veral sy bande met die ANC wat hom gekwalifiseer het vir aanstelling by IDASA en vir aksies om die landbou-organisasies met die ANC-SAKP in gesprek te bring.   Sy kontak in die ANC was aanvanklik Carl Nieuhaus.

 

Deur sy boerekonneksies is hy by mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous uitgebring. Die

doel was om enersyds Dries Bruwer en Piet Gous te gebruik om die TLU en die VLU

en die KP, tot IDASA-politiek te beinvloed, en andersyds vanuit die KP, dieTLU en die VLU, die Boerekrisisaksie (BKA) in te sypel en beheer daaroor te kry.

 

Die BKA was op die boerderygemeenskap gevestig en het die struktuur en potensiaal gehad om gewelddadige opstand teen FW de Klerk se verraad te bewerkstellig. Dit

Moes die CDP verhoed.

 

Dries Bruwer en Piet Gous het derhalwe sleutelfaktore geword in die operasie om van boerekant ingryping in die De Klerk-program van volksverraad te verhoed.

 

Reeds in Februarie 1992 het prof. Viljoen samesprekings gehad met mnr. Dries Bruwer, dr. Piet gous en dr. Ferdi Hartzenberg.   (Laasgenoemde was toe nog die onderleier van die KP). Ander KP-LP’s van destyds met wie Viljoen toe reeds gesprekke gehad het, was onder andere mnr. Daan du Plessis, mnr. Chris de Jager en mnr. Daan van der Merwe.   Hy het ook ‘n gesprek gehad met mnr. ZB du Toit, destyds redakteur van Patriot, wat gaandeweg meermale plaasgevind het.

 

 

 

                                                            3

 

Na die referendum van Maart 1992 het die CDP sy visier skerper op die KP-parlementslede gestel, hoewel gesprekke met KP-leiers op verskillende vlakke gevoer is, onder andere met mnr. BG Willemse, mnr. Chris van den Heever en Mnr. Jan Human van die TLU. Viljoen was veral in sy skik met die resultate van bearbeiding van parlementslede (“lobbying”) en hy was tevrede dat sy verhouding met Dries Bruwer en Piet Gous so stewig was dat hy met hulle bystand baie belangrike politieke aksies sou kon loods.   Hy het hulle meermale as die sterkste figure in die KP-koukus bestempel.   Teen September 1992 is hulle twee saamgeskaar met Constand Viljoen en Tienie Groenewald in die voorgaande IDASA-operasie.   Hulle is by geleentheid selfs deur Van Zyl Slabbert toegespreek.

 

Prof. Viljoen en andere het na die referendum die teneergedruktheid van die KP-leiers uitgebuit om die KP te laat afsien van die hoop om deur die stembus die stryd

voort te sit.

 

Dit het natuurlik ingehou dat daar afgesien word van deelname aan sowel tussenverkiesings as algemene verkiesings vir Blankes.   Dit was die belangrikste voorvereiste. En die keersy daarvan was dat, as alternatief, daar aan die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP deelgeneem moes word.   Om daaraan deel te neem, moes daar ‘n saak wees waaroor onderhandel kon word.   Dit het uiteraard beteken dat deelname van die KP aan die onderhandelings moes geskied op grond van ‘n aanspraak op grondgebied vir ‘n “volkstaat”.

 

Om die KP tot aanvaarding van die volkstaat-idee te bring, het groot beroering veroorsaak. Eers was daar die sg. Koos-dokument wat in naam van mnr Koos van der Merwe, destyds KP-LP vir Overvaal, versprei is, maar oor die outeurskap bespiegel was dat dit die werk van Tienie Groenewald was.   Mnr. Koos Botha, destyds KP-LP vir Wonderboom, is uit die KP omdat die KP nie die vokstaatidee wou aanvaar nie.

Na hom is mnr. Koos van der Merwe ook uit.   Mnr Koos van der Merwe het na bewering dikwels besoek afgelê by IDASA se Johannesburgse kantoor, en na prof. Viljoen se onderhoud met Walter Sisulu en Gill Marcus in Maart 1992 sou gereël word dat mnr. Van der Merwe vir Cyril Ramaphosa sou spreek.

 

Daarna het ernstige beroering oor die saak ontstaan rondom mnr. Andries Beyers, destyds KP-LP vir Potchefstroom, en verskeie ander KP-LP’s, soos Moolman Mentz,

Chris de Jager, Rosier de Ville, met ZB du Toit as redakteur van Patriot en gespreksgenoot van prof. Viljoen, diep betrokke by hulle. Dit het op ‘n skeuring in die KP uitgeloop en op die stigting van die Afrikander-Volksunie (AVU), waarby Constand Viljoen aangeknoop het.   Die skeuring en die stigting van die AVU was waarskynlik beplan en aangedryf vanuit veiligheidskringe, beginnende by die kortstondige tronkstraf wat Andries Beyers uitgedien en waartydens hy besondere aandag van Veiligheids-offisiere gekry het.

 

Terwyl die gesprekke tussen die IDASA-verteenwoordigers en KP-lede voortgegaan het, het prof. Viljoen sy linkse konneksies lewend gehou deur gesprekke met linkse akademici, soos proff. Sampie Terblanche, Johan Degenaar, Lourens du Plessis van Stellenbosch en ander van Unisa om hulle insette te verneem na gelang sy gesprekke met KP-lede gevorder het.

                                                             4

 

‘n Baie interessante opmerking is deur prof. Viljoen gemaak oor die South African Maritime Research Institute (SAMRI) Die Instituut het, volgens prof. Viljoen, namens 49 regse organisasies, insluitende die Eenheidskomitee 25 (later VEKOM),

die HNP en die AWB geheime onderhandelings met die ANC gevoer.   Dit is ‘n totale

fabrikasie sover dit die HNP betref, want die HNP het SAMRI se verteenwoordigers baie sterk afwysend behandel in die enkele gesprek wat daar met hulle was.

 

Die belangwekkendheid van die vermelding van SAMRI is dat, in ‘n publikasie in 1996, die Instituut bestempel is as “genl. Tienie Groenewald se SAMRI”,   Daardeur is duidelik te kenne gegee dat SAMRI ‘n skepping van Tienie Groenewald was toe hy nog voltyds by Militere Intelligensie (MI) in diens was.   En dit laat die vermoede ontstaan dat prof. Viljoen op een of ander wyse ingelig was oor die geheime operasie van Tienie Groenewald. Dit kan veelseggend wees in die lig van latere ontwikkelings waar Tienie Groenewald ingeskakel het by die CDP van prof. Viljoen, waarby Dries Bruwer en Piet Gous die sleutelrol moes speel.

 

Dries Bruwer en Piet Gous se posisies van invloed in die TLU en VLU en gevolglik in die KP-koukus het die spil geword waaromheen die ontwikkelings beplan was. Dit was om die Afrikanervolksfront (AVF) te stig en Constand Viljoen en Tienie Groenewald in leidende hoedanighede geïnstalleer te kry.   Dit was Dries Bruwer wat

Constand Viljoen voorgestel het as “die leier wat die Afrikanervolk in hierdie krisis moes voorgaan”.   Hy was buite homself van woede toe mnr. Jaap Marais die HNP nie by die verraad laat betrek het nie.

 

Toe in 1992 die verdeeldheid in die KP na vore gekom het tussen die Andries Beyers-groep en ander, het prof. Viljoen sy morele steun aan die Beyers-groep getoon, hoewel onopsigtelik.   Dit is grootliks deur prof. Viljoen se toedoen dat sy tweelingbroer Constand as “militere adviseur” van die Beyers-groep betrek is om hom in die openbare lewe te kry, as deel van die plan om geweld teen die volksverraad te verhoed en die De Klerk-Slovo-Mandele-agenda te laat vlot.   Daar was by die IDASA-groep verwagtings dat Andries Beyers se Afrikaanse Voksunie (AVU) opgang sou maak.   Van buite is dit ook aangemoedig deur bv. prof. Johan Heyns (in

Sy hoedanigheid van leier van die Afrikander-Broederbond) soos beskryf deur Gerdus Kruger in Denksprong vir die regse beweging in Suid-Afrika.   Die AVU het egter nie van die grond af gekom nie.   En Constand Viljoen moes vinnig uit die politieke doodloopstraat gehaal en ‘n meer lewensvatbare politieke basis gegee word.

 

Die CDP het teen einde 1992 die KP se parlementere koukus as ‘n teikengroep geindentifiseer, nadat prof. Viljoen reeds persone in die TLU by gesprekvoering betrek gehad het.   Daar is toe ook oorgegaan na formele gesprekvoering tussen die twee kante.   Die stigting van die Afrikanervolksfront in Mei 1993 was waarskynlik die belangrikste doel van die IDASA se “Conservative Dialogue Programme”.   Daardeur wou hulle alle Afrikaner-organisasies aan die regterkant onder sentrale bestuur by die vredesonderhandelings betrokke kry.   Daarvoor was die net wyd gespan.   Naas IDASA en die TLU, is die KP in ‘n sentrale rol gestel en is VEKOM en Toekomsgesprek (TG) in belangrike aanvullende rolle betrek.

 

 

                                                             5

 

Die KP het in ‘n handbiljet in September 1994 verklaar dat die AVF “op inisiatief van die KP gestig is”.   En genl. Tienie Groenewald wat destyds hoof-uitvoerende beampte van VEKOM was, het ná die eerste vergadering om die AVF te stig aan die Sunday Times bevestig dat die leiers van die KP “die generaals” gevra het om “die twistende regse faksies” byeen te bring.

 

Groenewald het reeds by die eerste vergadering ‘n leidende rol gespeel en daarna aan die betrokke koerant gesê dat die byeenkoms van regse organisasies “die kulminasie was van maandelange gekonkel agter die skerms”. (months of lobbying behind the scenes”).   Dit verwys klaarblyklik na ISADA se “Conservative Dialogue Programme”.

 

Groenewald was waarskynlik in die agtergrond deurlopend by die projek betrokke.  

Waar IDASA beskou is as ‘n front van die NP-regering, en Groenewald bekend was as ‘n manipuleerder in sy dienstyd by Militêre Intelligense (MI) is dit nie moeilik om die konneksie tussen hom en IDASA te bedink nie.   Daarby het hyself aan Rapport gesê dat hy deur Nasionale Intelligensie (NI) ondersoek is, waarskynlik omdat hy as ‘n veiligheidsrisiko beskou is.   En op ‘n vergadering van die AVF se Direktoraat Aksiekomitee (DAKOM) het hy volgens verskeie getuies erken dat hy De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak van 2 Februarie 1990 geskryf het.   As hy derhalwe nog ‘n geheime agent van MI was, het sy sleutelposisie in VEKOM ‘n uiters geskikte skakel verskaf aan IDASA, as ‘n front van die NP-regering omdat VEKOM-verteenwoordigers die meeste volkstaatgesinde organisasies onder een dak gebring het.

 

Nadat die AVF gestig is, was die tafel gedek vir onderhandelings tussen “regses” en die ANC-SAKP.   Aan die AVF-kant was Constand Viljoen, Tienie Groenewald, Kobus Visser, Dries Bruwer en Piet Gouws. Aan die ANC-SAKP-kant was dit Thabo Mbeki, Jacob Zuma en Mdadla. Baie betekenisvol is dat Mbeki en Zuma vanaf 1986 in die geheim namens die ANC-SAKP samesprekings met Broederbond-verteenwoordigers in Londen gehad het. Albei was hoog op in die SA Kommunistiese Party.   Van Mbeki is later saggies die Kommunistiese etiket verwyder om hom as ‘n “gematigde” te laat paradeer.   Zuma is steeds ‘n vooraanstaande Kommunis.   Dit was die bestel waarin sg. regses onder voorsitterskap

Van IDASA met Kommuniste onderhandel het oor hoe Suid-Afrika van die Afrikanervolk beroof kon word.

 

Die getuienis van ‘n grootskaalse komplot om die regse politiek af te stem op De Klerk se agenda om die Afrikanervolk uit te lewer, het met hierdie onthullings bevestig wat lank reeds in die HNP-geledere aanvaar is, naamlik dat agter die stigting van die nou gestorwe AVF, die linkse IDASA was.   Dat die KP saamgewerk het om te keer dat De Klerk deur algemene verkiesings gestuit word, is al vroeër bevestig.   Die KP se weiering om by die stigting van die AVF in 1993 in te stem tot aandrang op algemene verkiesings om De Klerk te stuit, het dit onbetwisbaar getoon.   En dit is

Bevestig deur die opdrag by ‘n “bosberaad” van die AVF dat die moontlikheid van algemene verkiesings nie eens bespreek moet word nie, soos aan die lig gebring in ‘n

Brief van mnr. Jaap Marais, Leier van die HNP, aan dr. Ferdie Hartzenberg, leier van

die KP.

                                                             6

 

Die verdere bevestiging was in die berig in Rapport van 18 Julie 1993 waarin aangehaal is hoe Toekomsgesprek die NP-beleid oor die wesenlike strydvrae verkondig het en met stelligheid, asof namens die De Klerk-regering, verklaar het dat Blanke verkiesings nie meer gehou sou word nie.   Dit was klaarblyklik ‘n ander manier om te sê dat daar van regs nie op algemene verkiesings aangedring moes word om De Klerk te verslaan nie.

 

Deur volgens die IDASA-projek nie van regs aan te dring op Blanke verkiesings nie, was die alternatief om die verraad te stuit dat tot geweld oorgegaan moes word. Dit was wat die BKA en die AWB in gedrang gebring het.   Deur op ‘n geheime wyse Constand Viljoen die militêre en Ferdi Hartzenberg die burgerlike leier van die BKA te laat word, is die organisasie ontbloot aan die IDASA-politiek en kon die twee leiers die BKA onder die indruk hou dat hulle tot geweld sou oorgaan, terwyl hulle tot die teendeel verbind was.

 

Dr. Hartzenberg was ook die skakel met die AWB wat die organisasie se leiers wou oorreed het om aan die IDASA-ANC-proses deel te neem, maar nie geslaag het nie. Hy het in elk geval voortgegaan om tot op die nippertjie die AWB onder die indruk te hou dat daar tot geweld oorgegaan sou word.

 

So is die pad na die finale verraad oopgemaak.   Dit was hoe die “miricale” van ‘n eerlose, roemlose verowering van die Afrikanervolk bewerkstellig is.

 

Die jongste onthullings, gegrond op dokumente in die leggers van IDASA, het nou die grootste deel van die legkaart van verraad teen die Afrikanervolk voltooi.

 

Besonderhede blyk uit die korrespondensie wat mnr. Jaap Marais, leier van die HNP,

Met die belanghebbendes gevoer het en wat hierna volg.

 

In die interessante briefwisseling tussen mnr. Jaap Marais en dr. Van Zyl Slabbert, mnr. Dries Bruwer, dr. Piet Gous en dr. Ferdi Hartzenberg kom belangrike en insiggewende feite aan die lig.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie