1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958259

Besoekers aanlyn

Ons het 132 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE WIT AFRIKAAN

altDie wit Afrikaan lyk net soos ek en jy, daarom skreeu die opskrif vir ʼn definisie. Die belydenis van die boosheid van apartheid is sy volle evangelie en hoof kenmerk . Onwetend maak hy ʼn aanslag op die Afrikaner se erfpag. Hy loop die pad van ontkenningvan die eie. (Selfhaat) As gevolg van sy identiteitskrisis wil hy ook die groter Afrikaburgerskap deelagtig wees. Sy uitgangspunt is dat jy ʼn “neutrale” mens moet wees in ʼn veelvolkige wêreld. Dit lig jou uit ʼn eie volksverband en voeg jou in ʼn plurale siening van, ʼn mens is ʼn mens. Teenstrydig met die skeppingsreël dat die mensheid nie ʼn eenheid is nie maar ʼn verskeidenheid en ʼn hiërargie, glo hy in ʼn reënboognasie. Die volksgedagte is vir hom diskriminerend en uit pas met die Belhar reformasie. Die feit dat God verskillende rasse geskape het is ʼn blote toevalligheid.

Die Pan-Afrikanisties siening is in elk geval dat God swart is, daarom behoort Afrika aan die swartman-Suid Afrika inkluis. Geskiedenis is van min belang en in goeie Engels sal hy jou vertel daar is “no future in the past”. Wat nie besef word nie is dat gister se dade en besluite vandag se oordeel is.

Die wit Afrikaan praat voortdurend van grens oorsteek, mure afbreek, deure oopgooi, brûe bou en kontakte bewerkstellig. Die skeppingsreel is nou verouderd. Volgens hulle gaan alles oor versoening, akkommodering en broederskap onder alle nasies. Kleurlose onderwys (uitkomsgebaseerd) is die antwoord. Eie geskiedenis moet vermy word want dit is kwetsend. Werk liewer saam aan die nuwe reënboognasie. Ons grondwet maak tog voorsiening vir vryheid van assosiasie. Die feit dat vryheid van assosiasie slegs moes dien as voorloper vir gedwonge integrasie word verswyg. So word jy van agter af bekruip, jou tradisie en kultuur verflou en jou geloofsoortuiging vervang met ʼn “nuwe” filosofie. Die soeke na ʼn kompromie met God en die swartman.

Die wit Afrikaan soek lewensruimte vir die Afrikaner binne die ANC-konteks. Swart bemagtiging, ʼn “regverdige” roof van” blanke” grond en besit, een geïntegreerde onderwys, een stemreg, in ʼn onverdeelde grondgebied en hy of sy probeer hulle bes om in ʼn ANC oorheersde parlement te dien. Nasionalisme is vir hulle ʼn vloekwoord want hulle wil ”los” wees, daarom predik hy individuele regte . volksverantwoordelikheid is vir hulle te veel. Daar is vir hulle ʼn groter “losheid” in die ryk van die Antichris.

Ek beskuldig die Wit Afrikaan van die skending van God se Woord en ons erfenis. Hulle bedreig ons volksidealisme, ons identiteit, ons volkstrots en ons toekoms. Wat ʼn skande is die Wit Afrikaan vir ons menswees en volksroeping. Die uiteinde sal wees die uitlewering van die Afrikaner aan die Satan self. ʼn Godsverkettering, dwingelandy van ʼn Goddelose meerderheid en totale uitwissing

C.M. van den Heever het in hierdie verband noteerbare wyshede kwytgeraak. Hy het byvoorbeeld gesê: “Dit is n groot dwaling om te probeer eenheid skep ten koste van beginsels. Verskille kan nooit opgeruim word nie, want daardeur kom ons menslike selfstandigheid die sterkste tot uiting. Eenheid wat deur opoffering van ideale verkry is, is gebou op die dood. Ons wil eenheid in verskeidenheid hê, net soos ons die selfstandigheid soek, wat in waaragtige ewewig sy beste uiting vind. Deur ons selfstandigheid waardig te handhaaf, bereik ons ook die blywende vorm van samewerking met ander.

Hy wat na bondgenote soek in die wêreld, sal vind dat die meeste mense hom vurig sal steun solank ʼn deeltjie van hulle eie belang daarmee bevorder word, maar sodra dit nie meer gedien kan word nie, neem hulle geesdrif af. Die mens word innerlik groter namate hy net die waarheid tot bondgenoot kies. Maar dan is hy alleen. Die waarheid en eie belang val selde saam. “ aldus CM van den Heever.

Hiervan sal die Wit Afrikaan egter niks begryp nie omdat die newels van die liberalisme hulle brein só besoedel het dat hulle voortgang is soos iemand wat voel voel in ʼn digte mis rondtas sonder om te weet waar hulle gaan beland.

Johan Bekker.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie