1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958262

Besoekers aanlyn

Ons het 126 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ROOK EN SPIEËLS

altRook wek onrus by die mens.

Daar moet iets in die geheue van die mens vassteek wat telkens gewek word by die aanskoue van rook.

Die sielkundiges weet van die onrus wat rook by die mens baar, waarskynlik ook elke politikus en vakbondleier wat kennis dra van Moskou se metodes van rewolusie.

In die wêreld van die drama, dis nou daardie drama wat hom op die verhoë en voor die televisiekameras, ook televisienuuskameras, afspeel, is die effek van rook op die kyker en toeskouer bekend.

Hierdie kennis word waarskynlik oorgedra onder die opskrif, Rook en spieëls.

Ook in die sangwêreld word die kyker deur regisseurs geplaag met rook as atmosfeerskepper, rook in elke skakering van die reënboog naar meestal wit. Dink maar as daardie rook so onder die sangertjie se voete uitwarrel, dit mag by die meegevoerde toeskouer die illusie wek dat sy ikoniese sanger bo-menslik is en op die wolke loop!

In die Suid-Afrikaanse Rewolusie egter het ons te doen met donker rook – swart rook - veroorsaak deur brandende buitebande. Uiteraard wek dit 'n gevoel van onheil by die aanskouer daarvan.

En is 'n ou en afgedankte buiteband van 'n motor nie 'n handige werktuig vir die SA Rewolusie nie. Jy het nie eens 'n vervoermiddel nodig om die ding op 'n onlustetoneel te besorg nie. Jy rol die ding sommer aan.

Op De Doorns en by ander tonele van oproer in die Boland kry jy boonop baie afdraandes. Dan gaan dit nog makliker.

Wat die SA Rewolusie betref het die buiteband 'n tradisieryke geskiedenis. Ek glo selfs die destydse veiligheidsmagte het êrens ophou tel hoeveel slagoffers van halssnoermoorde daar in die 1980's was. Nog 'n deel van die tradisie was, so is aan my vertel, dat dat halssnoermoorde eerder 'n offer as 'n teregstelling was: Elkeen wat daaraan deel gehad het, honger of te not, kon vir hom 'n stukkie vleis gaan haal.

En nou styg die donker suile van die SA Rewolusie in aller erns in die Boland die lug in op. Die televisiekameras van die ANCBC en die buiteland wat dit gretig afneem vir uitsending aan vreesgevulde Blanke kykers in ons land en sensasiebeluste kykers in die buiteland. So word die brandende buiteband deel van die marxisties/leninistiese metode van rewolusie.

Maar rook en spieëls in die rewolusie is nie net tot die sigbare beperk nie. Wat die spieël-gedeelte van die oefening betref, moet verwikkelinge in groter propagandaverband gesien word. In die spieël-gedeelte word daar met waarheid en leuen gewerk. En venuftig daarby.

Dink maar net: Vanoggend lees in die Naspesnuuskartel se koerante dat die Bolandse boere ná slegs 'n dag van stakergeweld wil onderhandel (sien berig wat volg). Nêrens in die berig lees u van boere, dalk die meerderheid, wat nie wil onderhandel nie.

Ongelukkig het die georganiseerde boerderybedryf van die Boland nie 'n mooi geskiedenis wanneer dit by pal staan teen afdreiging kom nie.

Daar was die 1992-refendum-veldtog toe die Blankes van ons land moes ja of nee antwoord op die onskuldige vraag of FW de Klerk maar kan voortgaan met onderhandeling met die Swart kommuniste.

Daar was 'n behoorlike ja-stem-veldtog gevoer van feitlik uit elke sakesperseel in die land onder die banier, Vote yes, vote jobs, die flagrante verdigsel wat dit was vir 'n oomblik ter syde.

Aan die voorpunt van die ja-veldtog was ene mnr. Kiel van Unifruco, die maatskappy wat die Bolandse boere se sagtevrugte uitvoer. Die boere is op 'n bedekte wyse gedreig dat as hulle onderhandelinge met die ANC sou verwerp hulle nie hul vrugte sou kon uitvoer nie.

Die verhaal van hierdie rook-en-spieël-veldtog moet nog volledig vertel word. Die Joodse maatskappy, Saatchi en Saatchi, het die ja-veldtog behartig, die grootbaas van Saatchi en Saatchi in ons land ene Hennie Klerck, op sy dag president van die Afrikaanse Handelsinstituut en in die onlangse jare deur sy mede-Broedersbonders bekroon met 'n toekenning vir sy manhaftige bydrae tot die “bevryding”

van die land.

Ja, wat hom vandag en more op ons Bolandse plase, die bakermat van Afrikanerbeskawing, afspeel, is inderdaad nóg 'n rook-en-spieël-veldtog, hierdie slag dalk erger as die voriges. Dit is nie net bedoel om die Bolandse boere se Marikana te wees, die suggesties is volop dat plaasoproer volgens hierdie resep bedoel is vir die ganse land se Blanke boere. Het ons boere al mooi alles bereken wat 'n post-”Marikana”-bedeling vir hulle inhou? Ken hulle in die laat uur al die doelwitte van die SA Rewolusie, die sogenaamde agrariese deel wat op hulle betrekking het?

En glo hulle dat die politieke verteenwoordiger wat hulle daargestel het, volledig oop kaarte met hulle speel. Waarom, Bolandse boere, vertrou julle hoegenaamd Helen Zille, die oud-ANC-strugglekader, met jul wel en wee?

Die vermoede is uiteraard dat Zille baie meer weet as wat sy in die openbaar te kenne gee. Waarom dink julle het sy en haar party dit tot dusver gerieflik gevind om die pad van die SA Rewolusie saam die SA Kommunistiese Party en die ANC te loop?

Waarom verwerp sy al vir sowat 'n jaar die polisie se tussenkoms in die uitslaande geweld op die Kaapse Vlakte en wil sy soldate ontplooi hê? Net deurdat die polisie deurtrek is van korrupsie?

Of het dit te doen met Operation Reclaim?

Zille het die kombers oor Operation Reclaim maar so baie effens verlede jaar op 'n beraad van FW de Klerk gelig. Wat sy daaroor laat blyk het is donkerder as die rook wat van die brandende buitebande op die Bolandse plase opdwarrel.

Wat weet haar niksvemoedende en onskuldige kommissar vir landbou Gerrit van Rensburg van Operation Reclaim? En het Van Rensburg al hom die moeite getroos om sy kennis, as hy het, met die Bolandse boere te deel?

Dat die polisie al na die eerste dae van hernude Bolandse oproer gediskrediteer word is klaarblyklik. Die oproer-voorbok Nosey Pieterse sê die apartheidspolisie se optrede was verkiesliker en mensliker.

Hoe ook al, op Marikana was die poliise ook die spoor byster, die “verkeerde eenhede” volgens “verkeerde teenonluste-metodes” ingespan – 'n deeglike verskoning vir baie lyke.

Let wel: “verkeerde” in aanhalingstekens.

Soos die liedjie van dronkaard lui: My voete loop na Wellington maar ek gaan Worcester toe.

Die teenstrydighede wat die liedjie verkondig geld Bolandse boer en Bolandse arbeider: Dit is net die sogenaamde leiers wat die eindddoelwitte ken. Die kaarte van die magte hoër op, soos tydens die Marikana-slagting, word teen die bors gespeel. Tien teen een is boer sowel as Bruin arbeider bestem om slagoffer in hierdie deel van die SA Rewolusie te wees. Vir al wat hulle weet is daar al reeds een of ander Engelse regter (De Doorns se Farlam) aangewys om 'n toekomstige kommissie van ondersoek te lei.

Dat die Boland bestem was vir 'n verrassende herlewing van onluste was met daardie eerste ronde, toe die Cosatu-verbonde Tony Ehrenreich, plotseling die stakingsgeweld in die kiem smoor al die vermoede.

Die agitasie agter die skerms het onverpoosd voortgeduur en propaganda is in die taal van die Bolandse arbeiders verstaan (Afrikaans), op die Bruinmense laat neerreën. 'n Skadu-agtige vakbond onder aanvoering van Nosey Pieterse, om vir die eerste paar dae van die hernude geweld die voorhoede (die kommuniste se berugte “vanguard”), te vorm is in die lewe geroep. Die afvallige groep Bolandse boere wat al van gister wil onderhandel... was hierdie groep ook deel van die beplanning?

Wes-Kaapland het in 'n lelike kosmopolitiese mengelmoes ontaard sedert die ou Eiselenlyn in die wind geslaan is – ammunisie en skietgoed vir stryd deur uiteenlopende mensegemeenskappe is daar genoeg. Pagad, 'n Moslem-drukgroep, het met die draai van die millennium hierdie sogenaamde “provinsie” uit die heengegane NNP se greep geskiet, gemoor en gesaboteer. Toe, skynbaar teen die verloop van die rewolusie in, het die Demokratiese Alliansie van die Jood Tony Leon dit vir die Geldmag verower.

En nou praat Zille van Operation Reclaim...

Die berig in Beeld:

De Doorns. – Ná nog ’n dag van oproer in die Boland het sommige boere gister ingestem om met vakbonde oor plaaswerkers se lone te onderhandel.

Sowat 2?000 betogers het gister agter grafstene in die plakkersbuurt Pine Valley buite Wolseley polisie­lede en Casspirs met klippe bestook, terwyl duisende ander tussen bolle swart rook en huisies gevlug het vir die wetstoepassers. In De Doorns moes die polisie sowat ses uur lank spook om met behulp van traangas, rubberkoeëls en ’n waterkanon sowat 4 000 oproeriges uiteen te jaag. Ook in Ceres, Bonnievale, Villiersdorp en Grabouw was daar betogings.

Dié betogings het Woensdag begin nadat Cosatu verlede week aangekondig het die plaaswerkerstaking wat verlede jaar November uitgebreek het, sal voortgesit word nadat ’n dooiepunt bereik is in die onderhandelingd om beter lone.

Die nasionale departement van arbeid het ’n minimum loon van R69 per dag vasgestel. R150 per dag word geëis. Voorts word ’n omvattende grondhervormingsplan geëis. Teen gister was daar nog nie vordering met ’n voorgestelde kollektiewe bedingingsproses tussen werkgewers en werknemers nie, het Musa Zondi, woordvoerder van die departement van arbeid, gesê. Openbare verhore in dié verband sal volgende week gehou word, het hy gesê.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het gisteraand gesê daar is die moontlikheid van ’n ooreenkoms met van die tafeldruiweboere in De Doorns nadat hulle ingestem het tot ’n vergadering met die vakbonde, ’n proses onafhanklik van hul gesprekke met Agri Wes-Kaap. Gerhard de Kock, die Cape Orchards-groep se voorsitter, het gesê hy het 28 boere na vandag se vergadering genooi. “Ek glo die groepe moet na vore kom aangesien hulle aan my aangedui het dat hulle bereid is om oor ’n skikking te praat,” het hy gesê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie