1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957915

Besoekers aanlyn

Ons het 125 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

LIBERALES EN VREDEPRATERS BEGRYP NIE AFRIKA-POLITIEK NIE

altZuma is dalk nie bekend met al die fyner dialektiese punte in die bedryf van 'n kommunistiese rewolusie nie, die strominge en onderstrominge in die vloei van Afrika-mag het hy wel op die punte van sy vingers.

Met sowat twee weke oor voor die ANC se leierskapverkiesing in Bloemfontein lyk die kanse rooskleurig vir Jacob Zuma om vir 'n tweede termyn sy giftige ANC-heerskappy oor die land en die Afrikanervolk voort te sit.

Zuma se teenstanders; en dis nie in die eerste plek opponente soos Kgalema Mothlante wat ANC-strukture na vore kan stoot nie; lyk maar soos 'n paar verdwaalde uile op 'n paar verdwaalde kluite met min of geen geen relevansie tot wat hom binne enkele weke in Bloemfontein sal afspeel nie.

Dis inderdaad nog net die buitengewone, soos 'n sluipmoord of 'n toeval, wat die land van nog 'n termyn van wegholkorrupsie en groot en skynbaar belowende indabas (soos gemoedelike etes saam met “behoudende” Afrikaner-BBP's), met 'n kenmerkende Zuma-stempel kan red.

In September vanjaar was daar nog swanger afwagting oor moontlike verwikkelinge in die ANC-leierskapstryd. Met die Marikana-slagting het Julias Malema boonop terug op die leierskaptoneel gebars en dit het gelyk of die ANC 'n keisersnitleierskap tegemoet gaan, Malema wat met vreemde Britse aanmoediging (toe hy onder meer in Londen was tydens die Olimpiese Spele), die kontroles van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) uit die hande die Zoeloe van Nkandla kon gryp.

Maar moenie glo nie, Zuma is dalk nie bekend met al die fyner dialektiese punte in die bedryf van 'n kommunistiese rewolusie nie, die strominge en onderstrominge in die vloei van Afrika-mag het hy wel op die punte van sy vingers.

Net gou had hy en sy vername Indiër-trawant Mac Maharraj die Marikana-opstand as deel van die aaneenlopende Suid-Afrikaanse Rewolusie en in besonder sekere nasionaliseringsdoelwitte in die regte (Zuma-)baan, die Farlam-kommissie van ondersoek oor die slagting wat eers lank nadat Zuma die septer vir nog 'n termyn sal ontvang, 'n bevinding (wat as dit voor die verkiesing bekend gemaak sou word, wel 'n invloed op Zuma se kanse sou hê), bekend sal maak.

En nog is het einde niet wat betref Zuma se triomfantelike opmars na “Mangaung”.

Toe Die Geldmag en sy partypolitieke (die DA en Helen Zille) en propagandafront (die massanuusmedia) nog dink hulle plaas Zuma onder druk met die wapenaankoopskandaal en Nkandlagate, toe brand die Boland, plattelandse hartland van die DA, se wingerde en word Wes-Kaapland se keel toegedruk met 'n landbou-opstand so reg uit Stalin se teksboek.

Die Bolandse boere, aangespoor deur die dwaalgeeste van die linkse Agri SA probeer nou nog verliese in rand en sent, dit wat die wyn- en vrugteboere aan nie-uitvoer en brandskade verbeur het, bereken, klaarblyklik salig onbewus van geplante provokateurs (soos Marikana se Swart Zimbabwiërs) en oorhoofse NDR-doelwitte (die uitwissing van die Boland se Afrikaner-boere omdat hulle sogenaamde “objekte van diktatorskap” is). Vergete is ook 'n vorige halte in die Suid-Afrikaaanse Rewolusie, so asof die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie eers tydens die Zuma-bewind die lig gesien het. Ja, vergete is die uitwissing van die Blanke se stedelike mag op die Kaapse Skiereiland, ook as deel van die voortgaande NDR, in 2000 toe Pagad se bomme aan die Waterkant in Kaapstad Blankes aan stukke geskiet en landdroste en polisiemanne in aanvalle uitgewis is.

Oor die strominge en onderstrominge in Afrika-mag wat Jacob Zuma so op die punte van sy vingers ken... Hierdie strominge en onderstrominge is in hoofsaak 'n etniese aangeleentheid, is dit nog nodig om dit in hierdie laat stadium van die stryd te noem.

Om dit kort te maak, of Zuma nou 'n Stalinistiese of Leninistiese kommunis is en dalk selfs in sy kommunistiese omswerwinge 'n Herbert Marcuse raakgeloop het, sy (Zuma ) se mag is Zoeloemag. Soos Tsjaka en Dingaan se mag Zoeloemag was en dié van Mandela Xhosa-mag.

Só berig die Naspesnuuskartel oor Zuma se monstering van Zoeloe-mag (Beeld, 27 November 2012):

“Die ANC in KwaZulu-Natal, Zuma se tuisprovinsie, het die naweek met ’n oorweldigende meerderheid gestem dat diegene wat hulle voorheen by Julius Malema geskaar het, nie vir top-posisies in die party benoem word nie.

Slegs 16 uit die bykans 900 afgevaardigdes by die naweek se benoemingskonferensie het gestem dat Kgalema Motlanthe, die dienende adjunkleier van die party, weer vir dié pos benoem word.

“Tokyo Sexwale het een stem gekry, terwyl 841 die benoeming van Cyril Ramaphosa as Zuma se adjunk goedgekeur het.

“Mathews Phosa, huidige tesourier-generaal wat dikwels aan Malema se sy was toe hy fel kritiek teen Zuma se leierskap uitgespreek het, is nie weer vir die pos benoem nie. KwaZulu-Natal het eerder vir premier Zweli Mkhize met 833 stemme vir dié pos benoem.

“Volgens die onafhanklike ontleder Protas Madlala moet dié uitslae gesien word as ’n stem teen diegene wat hulle vroeër by Malema geskaar het. Malema, eertydse leier van die ANC-jeugliga, is aan die begin vanjaar vir vyf jaar uit die party geskors nadat hy onder meer Zuma ’n diktator genoem het.

“Gerugte het die afgelope tyd ook die ronde gedoen dat Motlanthe moontlik vir Zuma aanstaande maand by Mangaung om die partyleierskap kan uitdaag.

“Zuma en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, is onbestrede vir hulle huidige poste benoem.

“Dié oorweldigende steun vir Zuma het as geen verrassing gekom nie nadat die premier met die opening van die konferensie Saterdag reeds gesê het: 'Laat ek dit vir die media opsom: uZuma uyabuya (Zuma kom terug)'.

“Mkhize het gesê die ANC moet 'sterk standpunt inneem teen ’n Hollywood-agtige bestuurstyl in die party'. 'Mense moet hulle laat lei deur die taak op hande en nie ambisie nie,' het hy gesê.

“KwaZulu-Natal, wat na verwagting 974 afgevaardigdes na Mangaung sal stuur, word as ’n invloedryke groep gesien omdat hulle die meeste afgevaardigdes van al die provinsies sal hê.”

 

Tot sover hoe die etniese vurk in die ANC-hef steek.

 

Daar is egter nog 'n ander leierskap-tussenspel aan die gang en dit betrek die dowwe klapper wat al die opposisiepartye in die ANC-parlement met behulp van 'n mosie van wantroue aan die brand probeer steek het.

 

Niemand minder as die leidende lig in die veelgeroemde regstaat van Helen Zille en elke verloopte Blanke instansie, ook en veral die politieke sameswering Solidariteit, sy edele, hoofregter en die deur-Zuma-aangestelde Mogoeng Mogoeng, wil op die laaste môre ’n antwoord van die speaker van die parlement hê oor die dringendheid dat ’n mosie van wantroue in Zuma voor 7 Desember gedebatteer moet word.

'n Koerant berig Mogoeng het dié opdrag aan Max Sisulu, speaker, en Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, uitgereik.

Wel, 'n voorspelling van Sisulu se antwoord is seker net so voor-die-hand-liggend as die antwoord wat die ANC se parlementêre koukus op die indien van die mosie gegee het, nie Madam Rose of Pierre de Vos hoef daaroor geraadpleeg te word nie. Mogoeng se reaksie volg nadat Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, ’n “uiters dringende aansoek” om appèl by Mogoeng ingedien het oor die wantrouedebat.

Regter Dennis Davis het verlede week in die hooggeregshof in Kaapstad bevind dit is enige LP se reg om ’n wantrouedebat aan te vra en dat sulke versoeke “uit hul aard” dringend is.

 

Die brommer in die magou volgens Davis is egter dat die reëls van die Nasionale Vergadering nie voorsiening maak vir wantrouedebatte nie en daarom kan hy (Davis) nie aan Sisulu voorskryf wanneer en hoe (en seker veral nie voor krismis en die ANC-leierskapverkiesing), die mosie aangehoor moet word nie.

Motshekga het onder meer verlede week gesê die mosie is “’n nietigheid” en dat die parlement belangriker werk het om te doen.

In haar verklaring gister aan Mogoeng het Mazibuko gesê dié houding is “ongrondwetlik”.

“’n Debat oor ’n mosie van wantroue moet voorkeur kry bo enige ander werk van die parlement”.

 

“Dit is internasionaal die praktyk. Die sake wat by implikasie in ’n mosie van wantroue vervat is, is van fundamentele belang vir die integriteit van staatsinstellings en die publiek se vertroue in dié instellings.”

Sy het gevra dat die konstitusionele hof Sisulu beveel om as ’n saak van “prioriteit” die wantrouedebat te skeduleer om op die laatste op 7 Desember aangehoor te word.

 

Sy beskou die saak as uiters dringend, het sy gesê, omdat agt opposisiepartye wat sowat 33% van die land se kiesers verteenwoordig, die mosie van wantroue in Zuma steun.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie