1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957885

Besoekers aanlyn

Ons het 105 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VOORVADERGEESTE ÍS GELDIGE REDE, SÊ HOF

SangomaDie Burger - Philip de Bruin 19-10-12

KAAPSTAD. – ’n Vrou wat erg deur voorvadergeeste geteister is, moet in haar pos heraangestel word, al het sy ’n maand verlof geneem sonder haar werkgewer se toestemming.

Dié uitspraak is deur drie regters in die arbeidsappèlhof gelewer. Die regters het na hul uitspraak verwys as “iets nuuts”. Die tyd het aangebreek dat aanvaar word die tradisionele Westerse kultuur in Suid-Afrika kan nie die Afrika-kultuur van baie mense oorheers nie.

Die uitspraak word in die jongste uitgawe van die prokureurstydskrif De Rebus bespreek.

 

Johannah Mmoledi, wat reeds agt jaar vir die maatskappy Kievits Kroon Country Estate gewerk het, het in haar eie tyd ’n kursus bygewoon om haar as tradisionele geneser te bekwaam. Ná die kursus het sy vir ’n maand onbetaalde verlof gevra om ’n kursus by te woon om as sangoma te kwalifiseer. Haar werkgeweer het dit geweier.

Mmoledi het egter die kursus bygewoon, maar voor haar vertrek ’n siekte brief van ’n tradisionele geneser by haar werkplek afgelewer. Daarin staan dat sy ondersoek is en aan “teistering deur haar voorvadergeeste ly”. Met haar terugkeer werk toe is sy aan ‘n tugondersoek onderwerp, skuldig bevind aan ongemagtigde afwesigheid en afgedank.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het egter bevind haar afdanking was onbillik en het haar in haar pos herstel. Op appèl van die maatskappy na die arbeidsappèlhof het die regters gesê die maatskappy het Mmoledi se siekteverlof sertifikaat “met minagting” verwerp omdat dit deur ‘n tradisionele geneser uitgereik is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie