1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957028

Besoekers aanlyn

Ons het 125 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MOET ONS DIE BYBEL IGNOREER IN DIE VERTOLKING VAN WÊRELDGEBEURE?

altWÊRELDVREDE IN DIE LIG VAN DIE SKRIF (Eerste aflewering)

WÊRELDWOELINGE:

Dit is nou al geruime tyd dat ons blootgestel word aan een “Wêreldtiran” na die ander wat deur sogenaamde “vredebewaarders” deur propaganda gebrandmerk word en daarna onder internasionale gejuig van die toneel verwyder word. Die mees onlangse, Sadam Hoesein van Irak, Moebarak van Egipte, Muamar Gadafi van Libië en Asad van Sirië waarmee hulle nou besig is. Die honderde duisende menselewens wat in die proses verlore gaan, is irrelevant!

Hierdie gebeure in Irak, Egipte, Jemen, Sirië, Libië en ander Noord-Afrika en Midde Oosterse lande waar leiers vervang word met manne uit die Bilderbergers, Trilateral Commision en ander “New Age” drywers, is ‘n voortsetting van Gorbatchef van Rusland se Glasnost en Perestroika.

Nadat die Russiese leier Mikhail Sergeyevich Gorbachev, of Gorbachov ʼn proses aan die gang gesit het wat gelei het tot die einde van die diktatoriale mag van die Sowjet Unie in Februarie van 1986, het daar n sogenaamde vrede oor die aarde neergedaal waarvan op daardie stadium nie eers gedroom is nie!

Feitlik gelyktydig met Gorbachof het F.W. de Klerk met sy hervormingsbeleid in Suid Afrika begin om die “demokrasie “ te vestig wat ons dan kwansuis nooit gehad het nie! Niemand sprak ‘n sprook van die feit dat elke Swart ras in Suid Afrika hulle eie grondgebied gehad het wat hulle op dieselfde wyse deur hulle agterente getrek het soos wat hulle nou met Suid Afrika doen! Hulle onvermoë is net oorgeplant deur die de Klerk’s en genote se verraaiersaard wat na vore gekom het na die sluipmoord op dr. Verwoerd. ʼn Moord wat voltrek is terwyl P.W. Botha, minister van verdediging en John Vorster minister van Justisie was. Die twee verantwoordelike ministers vir ons land se veiligheid wat direk na die moord, die leisels oorgeneem het en uit wie se hand de Klerk dit op omstrede wyse bekom het.

Kiesers was omgeloop met die bangmaakstorie van ʼn bloedbad wat vermy moes word. In ruil daarvoor het die “vrede” wat die uitvloeisel van die hervorming moes wees, in seshonderdduisend moorde sedert 1994 ontaard volgens die syfers van Interpol. Wat ʼn vrede! Die Satan en sy trawante het hulle volgens die Bybel, voorwaar voorgedoen as engele van die lig en ons hele volk mislei! Onder hierdie omstandighede sal dit goed wees om te kyk na riglyne uit die Skrif.

 

 

2 KORINTHIERS:

3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.

4 Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

12 Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.

13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. ........

19 Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!

20 Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.

21 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.

22 Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

 

23 Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

24 Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

25 Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring —

26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie