1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955904

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

PIET CLASE HET OOK GEPRAAT SOOS SY BASE

Al trek jy die leuen watse akademiese baadjie aan, die geskiedenis trek dit onverbiddellik uit!

Mnr. Piet Clase, NP-minister van onderwys en kultuur in die Volksraad ('n Blanke sogenaamde eie saak dus volgens die destydse grondwet) op Dinsdag, 5 Februarie 1991 in 'n parlementêre debat, die bespreking van F.W. De Klerk as staatspresident se openingsrede die vorige dag, waarin De Klerk weer vaag gepraat het oor komende onderhandelinge met die kommuniste en die ANC.

 

Clase (Hansard, kol. 235): Almal van ons is bekommerd oor verskeie probleme in die onderwys, maar wat die meeste bekommer is die simplistiese oplossings wat agbare lede aanbied. … Ek verkwalik die agbare lid van Brits (ds. Andrew Gerber) nie om poppe op te stel nie (in ds. Gerber se toespraak). Hy het die reg om dit te doen, maar wat hinderlik is is dat daardie agbare lid dit hier as die waarheid optower.

Mnr. Pieter Groenewald (KP): Vertel ons dan die waarheid! (Groenewald is tydens De Klerk se openingsrede saam met nog ander KP-LV's die raadsaal uitgejaag nadat hulle De Klerk 'n verraaier genoem het).

Clase: Wanneer die agbare lid byvoorbeeld oor die verdwyning van die Bevolkingsregistrasiewet praat, wil hy voorgee dat gedwonge integrasie in die toekoms sal plaasvind. Ek sê kategories vir daardie lid sy afleiding is totaal ongegrond. Nie die agbare Staatspresident of enige ander verantwoordelike leier aan hierdie kant van die Raad het êrens in 'n toespraak 'n stelling gemaak wat daarop kan dui dat die toekoms gedwonge vorms van integrasie vir die onderwys inhou nie. Die teendeel is trouens waar...

Clase (hervat na tussenwerpsels): Verskeie stemme gaan op vir 'n enkele onderwysdepartement. (Hy verwys dan na 'n dokument van die DP-woordvoerder oor onderwys, en vervolg) Die agbare lid sê ook 'n simplistiese benadering van een onderwysstelsel sal nie werk nie..., geen stelsel kan 10 miljoen leerlinge, 250 000 onderysers en 15 000 skole in een blik druk nie...

...elkeen moet daardie (gemeenskaps?-) diversiteit vir toekomsbeplanning sowel as onderwysbeplanning in ag neem.

...Dwarsoor die wêreld word die regte van groepe beskerm, byvoorbeeld deur grondwette soos in Indië; deur deklaraies, … konvensies...

… Daar is tansook uitvoerende departemente (soos die Blanke se Departement van Onderwys en Kultuur? Opsteller) wat die belange van besondere groepe behartig. Dit is hierdie basis wat verruim moet word en nie dieselfde moet bly nie....

My departement is steeds besig om al hoe meer gesag na ons gemeenskappe af te wentel (d.m.v die verskillende modelle soos Model-C.).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie