Genl. F.W. de la Rey en die Groenskrif oor “Grondgryp”
Om de Klerk se rol in hierdie verband ten volle te begryp, is dit belangrik om mnr. v.d. Spuy se artikel oor die Kommuniste se oogmerk met die groenskrif weer te lees! U moet dan maar self besluit of die hamer hier ʼn rol speel of die sekel, of miskien albei?
So vier, vyf jaar gelede was daar 'n opwelling van Afrikanernasionalisme, grotendeels aangewakker deur 'n liedjie, De la Rey, de la Rey, gesing deur Bok van Blerk, die skepper van die liedjie self Sean Else.
In hierdie opwelling het die jongmanne en jong seuns volgens die voorbeeld van internasionale rugbyspelers op aandag gekom, hul hande op hul harte en dan het die liedjie gloeiend en uit volle bors weerklink.
Die ouer garde Afrikaners was nogal verbaas by hierdie betoning van nie net Afrikanernasionalisme nie maar ook 'n skynbare bereidheid om soos genl. Koos de la Rey in die Tweede Vryheidsoorlog te velde te trek – as daar maar net 'n De la Rey na vore sou tree om in die geveg te lei.
Maar daardie opwelling het na so 'n jaar of twee se hardnekkige handhawing stoom verloor, onder meer weens Bok van Blerk se klaarblyklike linkse sentimente wat na vore getree het in uitlatings en die bywoning van multi-kulti geleenthede.
Genl. De la Rey self was 'n enigmatiese mens, iemand wat nie sommer in een oogopslag kleingekry kon word nie. Hy was geen rusiesoeker nie, die bekendste episode in hierdie verband die voorbeeld soos genoem deur dr. Boy Geldenhuys, NP-Volksraadslid, waarby aanstons aangesluit word. Hy het die 1914-rebellie tot op die laaste probeer vermy, 'n pogings wat gefnuik is toe hy deur die polisie wat beweer het hy is verkeerdelik as deel van die voortvlugtende Foster-bende aanvaar toe die motor waarin gery het nie by 'n padversperring regoor Langlaagte-spoorwegstasie stilgehou het nie en genl. De la Rey noodlottig gewond is. In die Tweede Vryheidsoorlog was die bekende Siener of Niklaas van Rensburg vir 'n tyd deel van sy kommando.
Genl. De la Rey se skynbare pasifisme voor die oorlog is al meermale deur mense soos dr. Geldenhuys, wat 'n punt in 'n liberale rigting probeer aanteken het, ingespan.
Op Maandag, 4 Februarie 1991 het emosies nog hoog geloop in die raadsale van die Parlement in Kaapstad. Dit was 'n jaar na F.W. De Klerk se berugte Rooi Vrydag-toespraak waarin die ANC en kommuniste ontperk is. Daardie Vrydag nog het De Klerk in sy openingsrede van die nuwe Parlementsitting gelewer, 'n dag van hoë drama waarin 'n stuk of vier KP-Volksraadslede die nuwe raadsaal van die Parlement uitgestuur is na beskuldigings en tussenwerpsels De Klerk is 'n verraaier.
In die daaropvolgende week sou daar meer as een versekering deur NP-LV's wees dat alles nie verlore is vir die Afrikanersaak in die land nie en sinspelings dat De Klerk 'n haas in die hoed het wat hy êrens vorentoe kan uitpluk. Een so 'n beroemde laaste woord was deur De Klerk self op Vrydag, 9 Februarie toe hy verklaar het (Hansard, kol. 445): “Ek wil vir die agbare lid (dr. A.P. Treurnicht?) oor die grondkwessie sê, die KP moet ophou om die boere op te pomp. Die boere se kaart en transport is veilig...”
In sy spreekbeurt die Maandag verklaar dr. Geldenhuys (Hansard, kol. 133): “Die beskuldigings van die KP gerig aan die adres van die Staatspresident as synde sou hy 'n verraaier wees, durf ook nie onbeantwoord gelaat te word nie. Elke keer wanneer die KP 'n agbare lid van hierdie kant van die Raad van verraad beskuldig sal ek die agbare lede herinner aan wat gebeur het by die laaste sitting van die Volksraad van die Zuid-Afrikaanse Republiek voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Toe genl. De la Rey sekere kritiese vrae oor die oorlogsdeelname vra, is hy ook van verraad beskuldig. Hy het opgestaan en gesê, 'Julle sal my in die veld kry besig om te veg lank nadat die wat my van verraad beskuldig het, landuit gevlug het'.
“... As 'n mens 'n geleentheid laat verby gaan om vir die veiligheid van jou mense te beding, is dit nie verraad nie?”
Dr. Geldenhuys sou hom weldra in die DA bevind as woordvoerder oor veiligheid. Dat dinge toe nie so goed en veilig geword het soos wat dr. Geldenhuys geglo en De Klerk se minister van staatkundige ontwikkeling en beplanning dr. Gerrit Viljoen ook later in daardie debat beloof het nie, word gesien in dr. Geldenhuys se kommentaar op die niks anders as staatsgreep wat Pagad met die draai van die eeu in die Kaapse Skiereiland namens die ANC uitgevoer het. Dr. Geldenhuys het toe verklaar (Rapport, 31.12.2000) dat twee getuies wat in 'n getuiebeskermingsprogram na die Kaapse platteland gestuur is nie na daardie plek (Gouda) moes uitgewyk het nie “maar eerder na China”.
Dis nodig om uit te wei oor De Klerk se haas uit die hoed, of De la Rey-verskyning, nou meer as 20 jaar sedert die eerste bewerings daaroor die wêreld ingestuur is.
Die eerste wat ek daarvan verneem het was toe die KP-lyfblad Patriot se redakteur, Z.B. du Toit, in die Kaap opduik. Hy sou onder meer dringend met Potchefstroom se nuwe KP-LV, Andries Beyers, praat. Teenoor my het hy laat val hy het ook met Barend du Plessis gesprek gevoer, hy wat Du Toit is was baie geïmponeer met Du Plessis. Ek sou later verneem dat Allister Sparks, eens redakteur van Rand Daily Mail, in 'n boek geskrywe het Du Toit was 'n sleutelfiguur in die betrek van regses by die onderhandelinge, baie van die gsprekke wat glo by Du Toit se huis plaasgevind het.
Du Toit het destyds in die Kaap met 'n uitdrukking van geheimsinnigheid of sameswering of iets aan my vertel almal onderskat De Klerk, hy hou groot kaarte in die mou.
Die grootste kaarte wat De Klerk tot nou toe gespeel het was flou verklarings deur middel van sy sogenaamde stigting, onder meer oor die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie en die ANC se grondgrype (nou weer deur die regime uitgelig in 'n sogenaamde groenskrif.). Dalk was sy uitstappery uit die sogenaamde Regering van Nasionale Eenheid saam met die ANC daardie groot kaart. Dit het nietemin g'n groot byval by Pik Botha gevind nie, Botha se ongelukkigheid oor die uitstappery wat ook deur middel van sy seun Willem, 'n ekonoom, rugbaar geraak het. En Willem Botha wat later die opmerking skoorvoetend terug getrek het.
Dat so 'n te wagte FW-set, daardie kaart in die mou, deel kon gewees van 'n oorhoofse strategie waarin die behoudende Afrikaner hom van verset moet weerhou - FW sal dit doen - lyk eerder na die rede daaragter.
Dat die tyd vir De Klerk aangebreek het om nou as De la Rey sy buiging te maak, is klaarblyklik. Die boere se kaart en transport is al vir jare nie veilig nie ('n belofte waarna flussies verwys is), Pik Botha het dit al lankal (2008?) in 'n artikel in die Farmers' Weekly beken en daaraan toegevoeg: As die NP geweet het die kaart en transport is onveilig sou die NP nooit eens met die ANC onderhandel het nie.
Daarom hoort daar nou 'n direkter uitdaging aan De Klerk gerig te word: Staan op, genl. FW de la Rey! Trek te velde, soos Boy Geldenhuys namens jou onderneem het! Los jou skyngeveggies met jou ou bondgenote in die ANC!
Boy Geldenhuys wag vir jou!
Pik Botha wag vir jou!
Die vaders en moeders met klein kindertjies, van hulle nog babas wat deur brutale swartes vermoor word, wag vir jou!
Piet Clase, wat nog die skole wou beskerm, wag vir jou!
Die boere wie se grond reeds in die slag gebly het en dié's wie se grond voor die deur van konfiskasie staan, wag vir jou!
Honderde duisende werklose en hawelose Afrikaners wat in meer as 70 plakkerskampe in en rondom Pretoria saamgetrek is nadat jy in die 1992-referendumveldtog nog belowe het, “vote yes, vote jobs” wag vir jou!
Wie weet, dalk is jy die hele tyd dwaaslik as 'n verraaier beskou, jy is eintlik 'n De la Rey soos Boy Geldenhuys vroeg in 1991 verklaar het wat lank nadat ons bekrompe klompie Afrikaners uit die land pad gegee het, nog “vegtend in die veld” sal wees.
Vegtend in die veld, genl. FW de la Rey?
Jy wat op jou 70ste verjaarsdag deurnag saam die vyande van die Afrikaner (Desmond Tutu, 'n Klub van Rome-kameraad van jou en vele ander ANC-skuim), gepaartie het?
Jy wat elke jaar jou snodelike Rooi Vrydag-toespraak saam met vyande van die Afrikanerdom vier?
Jy wat steeds van een blink geldmag en ander wêreld-elite okkasie na die ander in die buiteland rondflenter en oor jou en mede-slagter Nelson Mandela se demokratiese wonder kraai sonder om 'n woord te rep oor die letterlik duisende Afrikaners en ander Blankes wat in 'n sluipvolksmoord uitgewis word?
Jy wat, toe jy merk daar is 'n klompie trotse offisiere en manskappe in die ou SAW en SAP wat weier om die knie voor jou en jou Satansmagte te buig, hulle in 'n dryfjag onder leiding van 'n volksvyand soos Richard Goldstone en met behulp van die CIA uit die polisie en weermag gejaag het, die wildernis in, om enkele jare later, toe jy en die ANC saam die bewind gevoer het, die wat julle kon bykom voor jou boesemvriend Desmond Tutu se kommissie te daag? Terwyl julle letterlik honderde ANC-terroriste blanko en sonder selfs een woord van verduideliking in julle nuwe Suid-Afrikaanse paradys toegelaat het?
Jy, jou dapper nuwe Suid-Afrikaner in jou pantserkar omring van lyfwagte, ja, Boy Geldenhuys se dapper genl. FW de la Rey te velde, voluit in 'n stryd.
Ja, genl. FW de la Rey, die geskiedenis en die toekoms wag vir jou. Almal wag vir jou.