1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955878

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

LIEG BEK!

SAUK-TV-debat tussen A.P. Treurnicht en F.W. De Klerk, 29 Februarie 1988.

Die voorsitter was 'n voormalige Speaker van die Volksraad, mnr. J.W. Greeff

 

 

De Klerk: Ek is ook bly dat hierdie debat uiteindelik plaasvind. Die vertrekpunte, as ons na die toekoms op grondwetlike vlak van Suid-Afrika kyk, is uiters belangrik.

Die NP se vertrekpunte is as party gebore om blanke vryheid te verseker en dat die blanke se waardesisteem in hierdie land nooit in gedrang mag kom nie. Dat die blanke in hierdie land nooit oorheers mag word nie – dat die blanke in hierdie land die vryheid wat hy hier verwerf het moet behou. Daarom word daar 'n skewe beeld van die NP getrek as iemand ooit sou beweer dat die NP hom op 'n pad begewe waar hy sal sien dat daar 'n situasie ontstaan waarin daar oorheersing kan wees. Blote meerderheidstem, tipiese magsdeling by wyse van almal op een kieserslys te stem, by wyse van koppe te tel en 'n situasie te hê dat die meerderheid sy wil op die minderheid kan afdwing, is nie deel van die NP se toekomsvisie nie.

Treurnicht:...

De Klerk: U analise van die huidige grondwet berus na my mening op 'n denkfout. In die eerste instansie kan geen  besluit in die Driekamerparlement deurgevoer word sonder dat die blankes ook instem nie... In die tweede instansie is daar verskanste klousules in die grondwet maar daardie grondwet is met meerderheidsteun van die blankes – oorweldigende meerderheidsteun in die referendum (in 1984) in die wetboek geplaas.

 

Treurnicht:...

De Klerk: … Die grondwet maak dit moontlik om homself te wysig. Want dit is sy voorskrifte...

 

Treurnicht:...

De Klerk: Die basiese grondslag (in die wysiging van die ou grondwet) moet wees dat besluitneming op konsensus sal wees. Dat getalle nie die deurslag gee nie maar dat die meerderheidsbeslissing van elke bevolkingsgroep en volk in rekening gebring moet word. Dat daar eie magsbasisse sal wees. Dat daar wigte en teenwigte ingebou sal wees en ten laaste, dat hierdie grondwet, wanneer hy ooit verander sou word, slegs verander sal word nadat dit aan die blanke kieserskorps voorgelê is, en met hul goedkeuring.

(Die debat gaan voort en hervat by die koppeling van Swartmense in stedelike gebiede met die  tuislande)...

 

De Klerk: Laat ons oor koppeling net dadelik sê: U eie onderleier, dr. Ferdi Hartzenberg, het dit afgeskiet as 'n werklike wesenlike moontlikheid om 'n blywende oplossing te vestig. Koppeling kan hier en daar werk, veral op kulturele gebied. Maar koppeling kan nie die volle oplossing wees nie...

die NP sê hy sal verseker dat daar 'n grondpatroon van eie woongebiede gehandhaaf word. … Dit het tog nodig geword dat ons in bepaalde plekke die situasie, die feitelike situasie, sal moet wettig ten einde dit binne orde te bring, juis ten einde te verseker dat die grondpatroon van eie woongebiede gehandhaaf word. So sal ons, waar stappe nie effektief is nie, effektiewe stappe, positief, en by wyse van wetstoepassing ten opsigte van strande neem..

 

Treurnicht:...

De Klerk: Net vinnig oor die kwessie van strande. Maak u asof die NP dink dit het wonderlik gegaan op die strande? Dis mos nie waar nie. Die Staatspresident (mnr. P.W. Botha) het juis sy ontevredenheid uitgespreek oor die status quo op Standerton (daar was 'n tussenverkiesing). Minister Stoffel Botha het juis 'n beleidstoespraak in die Parlement gehou en aangedui hoe ons verbreding van fasiliteite as 'n groot doel van oplossing sien en hoe ons sal verseker dat ook eie strande, as basiese patroon vir die wat dit wil hê gehandhaaf moet word. … Ons sal nie toelaat dat die gemeenskapslewe van die blanke en van ander groepe deur verdringing en verswelging vernietig word nie..

 

Dr. Treurnicht:...

De Klerk: Weer eens verswyg u wat die NP se totale visie is in hierdie verband. U verswyg dat ons sê, besluitneming, wanneer daar gesamentlike besluitneming is, moet dit op so 'n basis geskied dat een groep nie 'n ander oorheers nie. Ook in die gesamentlike besluitnemingsproses. So is daar in streekdiensterade maatreëls ingebou om te verhinder dat een groep 'n ander oorheers.

En so, in nuwe strukture wat gebou word, sal dit ingebou word. Die NP sal nie instap in 'n stelsel waarin bloot die wil van die meerderheid op die minderheid afgedwing kan word nie. Daar is staatsregtelike metodes legio om die doelwit van nie-oorheersing te verwesenlik. Daarom is dit verkeerd as u sê dat ons die blanke of enige minderheidsgroep wil uitlewer aan 'n situasie van oorheersing deur andere, van blote meerderheidsbesluitneming.

Tweedens laat u na om die NP se visie van devolusie van mag wat ons besig is om in die praktyk toe te pas, om juis oor soveel sake moontlik volledige alleen besluitneming aan die onderskeie groepe binne hul eie gesagsinstellings te verseker. Ons werk daaraan. U kan u eiesakestruktuur in die Parlement af. Ons het mos ver gevorder om reeds die aantal sake waaroor daar gesamentlike besluitneming plaas moet vind te verminder. Ons het mos nie opgehou om die eie gesagestrukture van die swart volke uit te bou nie. Onafhanklikheid van state vir dit wat lewensvatbaar is, swart state, bly steeds ons doelwit....

 

Dr. Treurnicht:...

De Klerk: Wanneer  u praat oor die inbring van swartes in die sisteem, dan laat u na om erkenning te gee aan die feit dat ons, en sodoende die swart leiers, 'n vierde kamer nie sien as deel van die oplossing nie. Dat ons juis in onderhandeling moet bepaal op welke wyse hulle by die wetgewende prosesse betrokke moet raak. Die swartes het eie-sake in 'n baie groter omvang as wat die eie-sakekonsep in die grondwet op die oomblik tussen blank, bruin en Indiër gereël word.

'n Regering soos KwaZulu en soos Lebowa beskik oor wye bevoegdhede en ons is besig om daardie bevoegdhede te verbreed. Hulle inskakeling by gesamentlike besluitneming sal glad nie noodwendig op dieselfde wyse hoef te geskied as wat die kleurling en Indiër s'n geskied nie...

Doen ons dit nie, dan dryf ons hulle in die arms van die radikaliste. Dan maak ons ANC's van hulle...

De Klerk se slotwoorde in die debat: Aan die einde van hierdie debat wil ek sê dat die NP het juis 'n vaste raamwerk geskep. 'n Raamwerk wat kan verseker dat daar nie oorheersing sal wees nie, maar 'n raamwerk wat kan verseker dat die ander mense in hierdie land, wat dit met ons deel, ook hoop vir die toekoms kan hê en ook sal deel aan alle besluite wat hul lewe raak. Meerderhede en meerderheidsbesluite figureer nie binne ons toekoms nie. Juis die verdeling van mag en die deel van mag op so 'n wyse dat daar maksimaal tussen die redelike mense van hierdie land saamgestaan kan word teen die werklike vyande wat die mag wil gryp.

 

Uit: Treurnicht praat, saamgestel deur mnr. Piet van der Kooi

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie