1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955640

Besoekers aanlyn

Ons het 107 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIT GONS STEEDS OOR DIE ZUMASKILDERY.

Die meul draai vir Zuma

Dit gons steeds oor die skildery van Zuma.

Ja, Brett Murray se kunswerk oor die ANC-staatshoof wat die mure van die Goodman-galery in Johannesburg ontsier is obseen en afstootlik.

Maar vele van die kunswerke wat deesdae in kunsgalerye en uitstallings hul verskyning maak is obseen en afstootlik, soos aangevoer word ter wille van boodskappe wat die skeppers van hierdie kuns aan die Westerse maatskappy wil oordra. Die kunstenaars wil glo die rol van die gewete in die maatskappy speel, daarom die neiging om te skok ('n Kunstenaar soos Picasso, een van die eerste groot “gewetensstemme” in die Westerse kuns het egter gesê basta, dit gaan nie oor die aanspreek van die gewete met sulke prul nie, die goed verkoop om een of ander rede soos soetkoek!).

 Ook Zapiro het tevore die nuuskolomme gehaal oor sy uitbeelding in spotprente van Zuma as “Ou Stortkop”, dit ná 'n omstrede verkragtingsaak teen Zuma waarin die heersende ANC-staatshoof, toe nog adjunk,  hom ná die beweerde verkragting van 'n jong Swartvrou met 'n stortbad van moontlike vigsoordrag probeer vrywaar het.

Let op die verband, Zapiro (skuilnaam van die Joodse kunstenaar) en Goodman (die naam van die galery waarin die skildery van Zuma met die oop gulp sy verskyning gemaak het. Dat hier 'n Joodse slang in die gras, of in Zuma se oop gulp te bespeur is, is nie 'n wilde bewering nie. 'n Afleiding dat die Jode iets teen Zuma het, is ook nie 'n wilde bewering nie, ook dat hulle kwaad is Zuma durf 'n debat in sy party oor die nasionalisering van Suid-Afrika se Joodse myne toelaat.

Die Swart ANC-regime voer aan die skildery tas die waardigheid van die staatshoof as 'n instelling van die “demokrasie” aan en pluk dan 'n artikel in die 1996-grondwetkontrepsie uit om dit te bewys.

Dit mag waar wees en die regime sal dit tien teen een nog in 'n strafhof bewys.

Maar wil of hoort Afrikaners vir Zuma in die bresse te tree as die moontlikheid dat Murray en die Goodman-galery die wet oortree het deur die skildery in die openbaar ten toon te stel sterk is? By gesê: Nie net 'n oortreding van die grondwetkontrepsie is hier ter sake nie, daar is ook die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede, wat die “publikasie” van materiaal wat die bevolkingsgroepe polariseer en teen mekaar die harnas injaag, onregmatig maak. Maar ook gemeenregtelike oortredings soos laster.

In die polarisering van die bevolkings of kulture in die land, lê waarskynlik die grootste angel in die saak.

Die ANC-regime se Swart heersers kla al lankal die Christen-Westerling verstaan nie die kultuur en gebruike van die Swartman nie, ook wat die huwelik en seksuele verbintenisse van die Swartman betref. Al sou die Swartman gekersten wees. Gekersten is soos Zuma skynbaar is (hy is lidmaat van 'n groot Swart kerk onder veral die Zoeloes van Natal. So terloops: Hierdie kerk se heersende aardse hoof het aan bewind gekom ná die vreemde heengaan van 'n mededinger en daar is hardop in die koerante in Natal gefluister daar was vuilspel betrokke by die heengaan van die mededinger.).

Dit lyk dus of die gewone, gemiddelde Christen-Westerling sal moet toegee: Hy of sy ken nie die kultuur van die Swartman genoegsaam om Zuma se vele huweliksverbintenisse behoorlik na waarde, of miskien na die onwaardigheid daarvan, te skat nie.

Uiteraard was dit, hierdie kultuurverskille, een van die redes waarom behoudende Christen-Afrikanerleiers die samevoeging van Swart en Wit in een staat verwerp het. Mense soos mnr. Jaap Marais het in 1994 en daarvoor en daarna gemaan: F.W de Klerk en sy NP-onderhandelaars en hul Amerikaanse borge onderbeklemtoon moedswillig hierdie kultuurverskille. En hoof-NP-onderhandelaar Roelf Meyer het hierdie beweerde geringheid van kultuurverskille verder beklemtoon deur hom met bokgal in 'n Swart toordokterseremonie te laat bedruip.

En Nelson Mandela en Zuma het toe, met die voltrekking van die eerste fase van hul rewolusie, geswyg – nou, in die tweede fase van die rewolusie, word hierdie plotseling magtige en oorheersende kultuurkaart uitgepluk.

In hierdie beskouing is afgeskop met die stelling Murray se skilderye is obseen en afstootlik, ook 'n ope hof sal dit stellig eens daarmee wees. Dit tas wel die waardigheid van die amp van die vermeende ANC-staatshoof aan, sogenaamde vryheid van spraak en uitdrukking is nie bedoel as lisensie om die wet die verbreek nie.

Bring dit dan die optrede van mnr. Barend le Grange, wat 'n klaarblyklike ANC-ondersteuner vooraf gegaan het in die betakeling van die skildery, in die reine? Mnr. Le Grange wat met sy hofverskyning aan die nuusmedia verklaar het: “Ek is 'n Afrikaner. Ek is 'n Boer”?

Moes hy hom laat insuig, dis nou as hy vriend en vyand oortuig het hy is wel die onskuldige mens wat hy aan in die nuusmedia voorhou, het in hierdie stryd wat, soos verduidelik is eintlik 'n stryd tussen Jood en Zoeloe is om die uiteindelike besit van die land se mineraleregte?

Die antwoord, sou mnr. Le Grange se beweerde blanke onskuld standhou, is: Mnr. Le Grange moes hom bedwing het. Hy moes nie eens in die Goodman-galery gewees het nie.

Nog 'n rede, behalwe die Joods-Zoeloe-magstryd wat bemerk word, is dat die protestantse houding wat staats- en wetsvergrype deur 'n beweerde staat self betref, deur weerstand en nie opstand geskied.

Vir Jacob Zuma moet gesê word: Jy kan weghardloop van die wet, maar vir geregtigheid kan jy nie altyd wegkruip nie, 'n feit waaroor jy bewus moet wees as 'n Zoeloe ingebed en deel van die Swart kultuur. As onbeskroomde beoefenaar van die Swart kultuur moet onverbiddelike en wrede geregtigheid baie duidelik vir jou wees.

Jy hardloop al lankal weg van hierdie land se beweerde regspleging, moet nie nou agter die deurskynende karos van hierdie land se heersende regstelsel probeer wegkruip nie. Jy moet nie dink daardie bevinding van Chris Nicholson (toevallig dieselfde regter wat 'n ondersoek lei (of gelei het) na beweerde vergrype van die land se Swart krieketbase aan daardie sport se skatte), was die laaste geregtigheid wat jy sal ervaar oor jou beweerde korrupsie in die wapenaankoopskandaal. Geregtigheid het nie 'n Suid-Afrikaanse hof nodig nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie