1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955627

Besoekers aanlyn

Ons het 109 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE WAARDIGHEID VAN LEIERSKAP

HOE WAARDIG IS DIE WAARDIGHEID VAN ‘N LEIER WAT BESKERM BEHOORT TE WORD?

 Jacob Zuma en sy kinders se beswaar is dat sy waardigheid aangetas is en skynbaar dink die ANC ook so.

 Toe die drama ID in 2004 deur die ANC op SABC3 vertoon is waar ‘n swarte uitbundig op die kis van dr. Verwoerd spring en dans, en daar ernstige beswaar daarteen ingebring is, was die uitspraak van die Uitsaaiklagtekommissie, waarvan oorle Wimpie de Klerk ‘n lid was, verwerp!

‘n Afvaardiging van die HNP waarvan ek ‘n lid was se klag en die uitspraak was deur Beeld so geraporteer deur Waldimar Pelser:

'n Klag van die Herstigte Nasionale Party (HNP) dat 'n SABC3-drama dr. H.F. Verwoerd en die Afrikaner afgekraak het, is deur die Uitsaaiklagtekommissie verwerp.

Die drama ID is op 6 Julie uitgesaai en het Verwoerd se loopbaan krities beskou.

In hul klag sê die HNP Verwoerd was 'n "suksesvolle staatsman".

Sy bewind is gekenmerk deur "wet en orde" en "ekonomiese voorspoed" en die land was vir die wêreld 'n "voorbeeld van suksesvolle regering".

Die party sê die "spottende" sing van Die Stem in die drama "verteenwoordig intense haatspraak teenoor die Afrikaner en sy waardes" en kla ook dat Verwoerd se moordenaar simpatiek uitgebeeld word.

Die SAUK het daarop gewys dat die stuk nie Afrikaners as sodanig beledig nie, onder meer omdat Afrikaners deesdae partye van die ANC tot die Boeremag steun.

Die kommissie het bevind ID is 'n "bona fide-drama" en dat artistieke vryheid geld.

Die waardigheid van 'n dooie word boonop nie deur die reg beskerm nie.

 

My voorlegging het so gelui:

 

DIE UITSAAIKLAGTEKOMMISSIE 7 OKTOBER 2004

 

  1. Wat was die doel of oogmerk met die opvoering, sou u sê? U het dit tog na aanleiding van ons besware be-oordeel en tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen oortreding van die neergelegde kode van optrede is nie! Wat sou u sê was die oogmerk van die verhoogstuk siende dat u in punt 4 van u antwoord op ons beswaarskrif dat minagting vir die godsdiens, erfenis en toekoms van die Afrikaner, nie die doel van die opvoering was nie?

 

  1. Ek wil my ernstige kommer uitspreek na aanleiding van u antwoorde van punt 1 tot vyf op ons beswaarskrif. U antwoorde weerspieël ‘n  ongevoeligheid jeens die Afrikaner en dit wat sy erns is deur daarna te verwys as emosionele argumente terwyl die Afrikaner en een van sy hooggeëerde voormalige leiers op die mees banale wyse ten aanskoue van duisende kykers, verguis word deur opsetlike verdraaiing van die waarheid!
  2. U sê in punt 1: ....”since the claims made about the succes of that era are beleid (weerlê) by the democracy we have today.”  Is u bekend met die betekenis van ‘n demokrasie, of is dit by u ook  maar bloot ‘n trompetwoord!

 

Afgelei van demokratia waar demos=volk en kratos= krag: met die                     betekenis dat die hoogste gesag by die volk berus en uitgeoefen word. Dus ‘n Volksregering!

U behoort tog te besef dat daar nie so iets soos ‘n veelrassige volk bestaan nie! Elke volk het tog ‘n bepaalde rasse-afkoms, ‘n eie kultuur, geskiedenis en taal.  Waarvan praat u as u praat van “ons” huidige demokrasie, as demokrasie in sy wese ‘n Volksregering is?  Diè ilusie van ‘n demokrasie “are beleid by” die grootskaalse agteruitgang, daling van standaarde, diskriminasie, rassisme, werkloosheid, u eie aanvarding dat ‘n mens maar  vloek en pornografie kan beeldsend, solank jy net sê dat daar ‘n ouderdomsbeperking is en dit in ‘n bepaalde tydgleuf plaas! Moraliteit en doodgewone fatsoenlikheid, ek praat nie eers van Godsgehoorsaamheid van ‘n oorwegend Christelike bevolking, is nie by u ‘n norm nie!

U maak dit bloot af met “beleid by the democracy we have today”

 

  1. Hoe kan u die Afrikaner se besware onpartydig be-oordeel  as u eie           standpunt oor apartheid in punt 4 so lui: “..... in the context of the hated apartheid system......”  Wat weet u werklik van apartheid behalwe die haat wat u projekteer?

 

  1. Die verdraaiing van die historiese feite rondom Dr. Verwoerd is nie alleen aanstootlik nie maar skep ‘n totale wanindruk oor die werklike omstandighede met die potensiaal tot aanstig van rassehaat by die kyker! As u in punt 3 verklaar dat vanwee die aard van die opvoering historiese feite nie bedoel is om perfek te wees nie, is die strekking tog seker dat wanneer die feite nie perfek hoef te wees nie, dit ook nie die teenpool van die waarheid kan wees nie! Behalwe wanneer dit die oogmerk is om die leuen te verkondig! Dit is ontstellend dat u dit verdedig!
  2. Waarom word slegs negatiewe en niks positiefs van Dr. Verwoerd in die opvoering opgeneem as die bedoeling nie was om hom in ‘n swak lig te stel nie? Dit terwyl Dr. Verwoerd Wereldwyd as leier van formaat ge-eer en gehuldig was in lewe en by sy oorlye?

 

Die Sunday Times skryf  na sy dood:”A national disaster and an immeasurable, incalculable loss to South Africa, the brilliant evolvement of his policy...... the great promise it held for the future”

 

Weet u nie van die lewensstandaard van Suid Afrikaanse swartes in teenstelling met die van Afrika in Dr. Verwoerd se tyd, waar daar nie apartheid was om te blameer nie?

Weet u nie van die tydperk van 1965-70 toe 73,6% van die beskikbare nuwe arbeid deur die formele sektor opgeneem kon word teenoor 1990-91 slegs 7.05% akkommodeer kon word nie? Ken u die huidige toestand? Is u opkomende kinders verseker van ‘n werk? Hoe seker is u van u eie pos?

In ‘n Financial Mail van 1968 is daar geskryf dat  die sestiger jare die dekade van ekonomiese wonderwerk was! “Die probleem was nie om groei te stimuleer nie maar om groei te demp” het hulle geskryf!  Dr. Verwoerd se tyd, apartheid se tyd!

 

  1. Dit het tyd geword dat in belang van alle volke in Suid Afrika ‘n debat, ‘n sinvolle debat oor die voor en nadele van apartheid gehou word!

 

Die feit dat die Afrikaner en sy leiers uitgesonder word as die uitvaagsels wat dmv. Apartheid ander volke verdruk en uitgebuit het, is ongegronde diskriminasie in sy naakste vorm. Dit is so ver van die waarheid verwyder dat dit elkeen wat dit verkondig se intelligensie ‘n onreg aandoen, al is daar min daarvan! Die volgehoue voortsetting daarvan kan geen positiewe bydrae maak tot die vreedsame naasbestann van volkere nie, slegs maar eskalerende konflikpotensiaal as resultaat oplewer onder die oorwegend swart kykertal van SABC3 in hierdie geval!

             Danie Varkevisser

Uit bo-staande behoort dit vir elk duidelik te wees watter soort waardigheid verdien om verdedig te word en oor watter soort n mens maar liewer moet stilbly!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie