1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955199

Besoekers aanlyn

Ons het 117 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WANNEER N LAND SE NATE BEGIN LOSTORRING!

SUID AFRIKA KOM BY SY NATE LOS!

As Afrikaners mekaar begin doodskiet, oënskynlik oor geld, is die skrif  letterlik aan die muur!  Die berigte wat in onlangse dagblaaie verskyn het na aanleiding van die voorval waarin  ʼn mnr. Martin van Deventer drie sakemanne, wat aan hom volgens berig word, ses miljoen rand verskuldig was, berekend met kopskote gedood en daarna oor elkeen gebuk en weer geskiet het om seker te maak dat hulle dood is voordat hy die twee prokureurs in die oë gekyk en toe homself in die kop geskiet het, spreek van ʼn bepaalde toestand en dra ʼn boodskap aan daardie twee prokureurs oor!

 

 Die redes wat hier aangevoer word, skraap  slegs die oppervlak van  ʼn diepgewortelde, al sterker groeiende gevoel van verontregting wat soos ʼn sluimerende vulkaan, sporadies uitbars omdat die drukking plek-plek eenvoudig groter geword het as die omhulsel wat dit intoom moet hou.

Fisiese en materiële sekuriteit wat gewaarborg was deur wet en orde, uitmuntende landsbestuur en hoë sedelike en morele waardes, geskoei op Christelik-Nasionale grondslag, het saam met die “Nuwe Suid Afrika” verweer  tot die teendeel.  Pornografiese beeldsendings, gebrek aan dissipline op skool, dwelm en alkohol misbruik, onsekerheid van besit en eienaarskap deur uitspraak en optrede van die swart regime, ʼn bedenklike regstelsel waarin slegs die regspraktisyn finansiële voordeel trek in lank en uitgerekte gedinge ten koste van die verontregte  en vele ander faktore,  dra by tot ʼn klimaat van verontregting wat mense moedeloos, radeloos en uitsigloos laat.

Die enigste instelling waar sekuriteit en weerbaarheid  teen hierdie soort van geestelike verwering te vinde was, naamlik die ware kerk, het nou self  ʼn instrument van verdeeldheid en onsekerheid geword, selfs ten opsigte van geloof!    ʼn Hele proses van vernietiging van alles wat waar en eerlik en opreg en seker was, is aangeskakel wat onstuitbaar op totale ineenstorting van alle waardes moet uitloop.   Afgesien van die fisiese en strukturele agteruitgang en ineenstorting van alle infrastruktuur, het die geborgenheid waaraan Afrikaners gewoond was gaandeweg onder die nuwe bedeling vereng tot  blootstelling aan die natuurwet van oorlewing van die fiksste.  Fiksste van verstand, van oordeel en van krag, wat te staan kom teenoor getalle en bedrog en korrupsie en ongenaakbaarheid!

Wat grootliks by die Afrikanervolk verlore geraak het is egter ons geloof.  Dit is deur geloof in God-Drie-Enig, wat ons moet dring tot gehoorsaamheid en diens aan Hom, wat ons verweer teen al hierdie aanslae in die verlede was en huidig en in die toekoms kan en sal wees indien ons weer as ʼn volk ons tot Hom sal bekeer!   Die oorname van die geestelike deur sport, vermaak , onsedelikheid, drank en dwelmverbruik, het ʼn brugbouer na nie slegs integrasie geword nie, maar na dieselfde soort van verval as wat in Mosambiek, Rhodesië,  Angola en Suid Wes Afrika onder blankes posgevat het na die oornames deur Swart Kommunistiesbeheerde  meerderheidsregimes!  Die resultaat?  ‘n Eens beskaafde land kom by sy nate los!

Redaksie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie