1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955245

Besoekers aanlyn

Ons het 145 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE TOESTAND IN DIE ONDERWYS - AVP LEIER OP 19 MAART 1999

onderwysVERVREEMDING VAN AFRIKANERWAARDES DEUR DIE HUIDIGE ONDERWYSBENADERING EIS ‘N GEES VAN VERSET!

 In die Sakebeeld van 10 Maart 1999  bespreek  Willie Esterhuyse in sy rubriek kompas, die baie gesigte van korrupsie en debatteer hy dat die beskerming en handhawing van onbevoegdheid mense met integriteit se moed breek, wat dan die pad oopmaak vir die vestiging van ‘n kultuur van korrupsie.

Ek wil verder gaan en sê dat die be-ywering, die totstandbring en uiteindelike verdediging van ‘n stelsel wat dit moontlik gemaak het vir onbevoegde mense om in beheer te kom van ons land en die onderwys, die stelling korrup, hopeloos ontoereikend maak en met niks minder as veragtelike verraad, vervang behoort te word nie!Die verval van feitlik elke waardesisteem van die Afrikaner is mos darem al in 1969 vooruitgesien, die Volk daarvoor gewaarsku, vir 29 jaar ons eie mense saam met ons vyande daaroor teengegaan!  Dit is mos voor die handliggend dat die onbevoegdes hulle eie (onbevoegdes) sal aanstel en beskerm! Ad infinnitum!!!! Of ten minste so lank as wat dit ons neem om weer politieke beheer te verkry! Kan daar ooit enige sukses wees in die behandeling van die simptoom van ‘n siekte?

Die Afrikaner se onderwys wat opvoeding as grondslag het,  het nou in gedrang gekom en word doelbewus ondermyn!

Wat kan erger wees as dat die fondasie van ‘n struktuur vernietig word? Het ons dan vergeet van die totale aanslag waarteen die huidig biegende generaals en huilende predikante ons gewaarsku het?

Die opvoeding het dan mos juis vanuit sy bybelse oorsprong ten doel om die mens met God te versoen.

Om sy lewe so te orden dat sy verhoudings met sy medemens volgens die riglyne van Gods Woord kan wees. Dit alles  omdat die mens ‘n ewigheidsbestemming het waartoe elke verbondsouer opgeroep is om sy kind te onderrig en te laat onderrig! ‘n Aspek van ons Volksmondering wat tot kort voor die Fillistyne  ons land oorgeneem het, nooit deur ons ge-eerde Afrikanerleiers deur die vingers gesien is nie! Inteendeel!! President Paul Kruger het by geleentheid aan ‘n vergadering onderwysers gesê dat as hulle nie in staat was om die kinders ook tot belydenis op te voed nie, en die kinders bloot akademies onderrig word, van hulle gesê sou kon word: HOE GROTER GEEST, HOE GROTER BEEST!!

Behalwe die aanslag op ons geestelike waardes in die onderwys is daar ook nog ons Taal, ons Tradisie, ons Geskiedenis en ons Kultuur! Nie net word ons kinders nou blootgestel aan die korrupsie waaroor  Willie Esterhuyse dit het nie, maar ook aan die gevolge daarvan, soos die gebrek aan boeke en ander opvoedkundige materiaal, wanpraktyk met vraestelle, en nou ook dwelms, verkragtings, aanrandings ontvoerings en selfs moord!!

Absolute ongehoorde dinge in die Afrikaner se skoolmondering,  en die uitwerking daarvan op die kwaliteit van onderwys behoef sekerlik geen debat nie!!

Soos reeds in Amerika die geval is, sal hierdie jaar se skoolverlaters sekerlik  die eerstes in ons Volk se geskiedenis wees wat akademies asook geestelik,  swakker toegerus gaan  wees as wat hulle ouers was!

Nie dat ek hoegenaamd die moorde op ons oumense en boere op die plase en ander moorde, geringskat nie,  wil ek egter met die grootste nadruk vanaand hier sê : Ons Volk van môre word deur die onderwysstelsel vermoor! ‘n Geslag Afrikaners uitgewis!! Omdat ons Volk agter onderhandelaars, kompromiemakers, biegtende Generaals en Tjankende predikante aangeloop het!

As dit nie roep tot verset nie,volksgenote, nie net geestelike verset nie maar ook fisiese verset, LAAT DIE WIND DAN OOR ONS GAAN SODAT ONS PLEK ONS NIE MEER SAL KEN NIE!! ,

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie