1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954670

Besoekers aanlyn

Ons het 94 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

TUTU SE VALSE TEOLOGIE

deur Joseph Secreve

 Dit het my min verbaas toe ek die artikel ( Monster van Modimolle kan heilige word ) lees oor die emeritus Aartsbiskop oor sy soveelste uitlating waarmee hy taboes probeer regverdig. Ek vermoed dat die man ernstig besig is om sy sinne te verloor...en hy het al so min gehad. Van iemand wat destyds swart huishulpe opgeroep het om hul blanke base te vergiftig, behoort sy reaksie om die Modimollemonster te beskou as 'n tragiese held 'n logiese uitvloeisel te wees van sy kranksinnige wêreldbeskouing.

 Tutu se reaksie is egter 'n interessante barometer van rewolusionêre geloofsopvattings van hierdie tyd. Hy het in die verlede 'n belangrike portefeulje beklee in die Wêreldraad van Kerke (WRK).

 Hierdie internasionale beheerliggaam was opgerig met onder andere riante skenkings van die Rockefeller Groep en die Carnegie Endowment Center - twee belangrike sentrums wat streef na 'n sosialistiese eenheid regoor die wêreld.

 Die WRK probeer ons voorhou dat daar geen inherente verskille in geloof is nie en streef om almal gelyk te behandel. Soos gewoonlik lyk hierdie strewe op die oog af gesond en moreel verdedigbaar, maar daar skuil 'n slang onder die gras: geloof is veronderstel om 'n onvervreembare en kongruente verbintenis te vorm tussen die individu, sy skepper, en sy omgewing. Die WRK wil hierdie eeuoue verband vir politieke gewin kaap, en hierdeur gaan die heilige innerlike verbintenis verlore. 'n Mens het altyd 'n hegter verbintenis met sy gesin en daarna afnemend met vriende, kennise en vreemdelinge. Kommunisme het geprobeer om hierdie hierargie te breek deur te stel dat alle mense gelyk is en dat 'n mens ewe veel kameraadskap na vreemdelinge moet hê as na jou eie gesin. Die resultaat is dat mense gereduseer word tot kuddediere, want dit is nie sielkundig moontlik om net soveel emosioneel te belê in vreemdelinge as jou eie gesin nie. Die keersy is dat jy jou eie gesin soos vreemdelinge gaan behandel, en daardeur uiteindelik van jouself vervreem word. Die WRK doen op geloofsgebied presies dieselfde. Ongeloof en nihilisme is die eindresultaat van hierdie gedwonge samewerking en Tutu se reaksie bevestig dit weereens.

 Dit is hierdie vervreemding waar die groot wêreldleiers ons natoe wil stuur, want sodoende kan hulle hulself as die nuwe helde profileer met absolute mag oor die gepeupel. Dit mag ook verklaar waarom die Verenigde Nazis hul vlag halfmas gehang het toe Kim Jong-Il, die mees barbaarse menseregteskender van ons tyd, lepel in die dak gesteek het. Gelukkig het die westerse ambassadeurs uit protes verdaag tydens die minuut stilte, met hoofsaaklik net swart ambassadeurs wat oorgebly het.

 Of die Modimollemonster tot heilige verklaar mag word is 'n aangeleentheid van mense op aarde, en geen lewende wese kan hom paradys belowe nie, vandaar is Tutu se verdediging van hierdie man misplaas. Dieselfde kan gesê word van Tutu se verdediging van 'n babaverkragter deur na apartheid te verwys. As sterwelinge kan 'n mens hoogstens net bid vir krag en genade.

 

'n Belangrike geneesmiddel teen hierdie hedendaagse kranksinnige teologie is om onsself te vergewis met skrywes uit die oudheid. Mense lees deesdae nie meer die klassieke werke nie, en vorm 'n belangrike rede waarom daar geen sterk ideologiese verset is teen dié gewetenlose wêreldheersers nie. Van Plato - seker die belangrikste filosoof ooit - het ons byvoorbeeld geleer dat die siel voorgestel kan word as 'n soldaat in 'n strydwa wat deur twee gevleuelde perde getrek word. Die perd aan die regterkant is mooi, edel en wil die strydwa omhoog in die lug trek, en die perd aan die linkerkant is kort, lelik en streef na die basale en vulgêre. Die kuns is om hierdie opponerende kragte saam te hou, en die stryder moet sy verstand en teuels insit om na die goeie te strewe. Hoe meer hy dit regkry, hoe groter word die vleuels op die perde se rue en hoe hoër vlieg hulle, en hoe meer die slegte perd die oorhand kry, hoe meer krimp die vleuels en hoe laer daal die strydwa, weg van die goderyk af. Slegs die gode se strydwaens word deur twee edel perde getrek, en hulle vlieg aan die rand van die absolute kennis. Die Griekse siel bestaan dus uit drie dele, naamlik 'n stryder (verstand), teuels (wil) en perde (passie), oftewel logos, etos en patos. 

 Sedert die Seksuele Rewolusie in die sestiger jare het diverse marxistiese academici hierdie orde omver gewerp. Deur mense op allerlei maniere te indoktrineer dat die 'slegte perd' eintlik goed is en tot outentieke uitdrukking verhef het, het hulle 'n mens se persoonlike selfbeheersing skade aangerig. Hulle het mense aangespoor om hul hoër vryhede te verloën en vir hul laer vryhede te leef, en op hierdie manier die kerngesin opgebreek, fundamentele waarhede ondermyn en sodoende die sewe doodssondes laat gedy. Impuls het sterker as wilskrag geword, en die resultaat is eksistensiële slawerny. Die term 'verslaaf' impliseer dat iemand geen beheer oor sy impulse het nie, en die pynlike realiteit is dat as iemand sy impulse nie kan beheer nie, sal hierdie van buiteaf moet gebeur...en dan sal dit nie so aangenaam wees nie. Werklike slawerny is die resultaat, en dit is presies waarna ons oppad is.

 Soos Plato ook aan ons bekendgemaak het, sal daar altyd verdrukking wees, hetsy in die politiek, hetsy in die gemeenskap, hetsy in die huwelik of in jou persoonlike ambisies. Om een verdrukking te elimineer, maak slegs die deur oop vir ander verdrukkings op ander lewensterreine. Persoonlike wilskrag en insette is die moeilike pad om te volg, maar bied uiteindelik die beste uitkoms en stuur die mensdom as geheel na 'n hoër en ryker bestaansvorm.

 Afrikaners was geseënd gewees dat hulle die Seksuele Rewolusie gemis het. Dit het gehelp om die fokus op die hoër vryhede te hou terwyl die weste besig was om te sink. Soos Vaclav Klaus, president van Tsjeggië in die New York Times gestel het, is die Europese ekonomie besig om te krimp sedert die linkse opmars in die sestiger jare. Verwoerd daarenteen het in dieselfde tyd homself aan geen wêreldmoontheid gesteur nie en Suid-Afrika amper 'n supermoontheid gemaak.

 En nou sit ons met Tutu wat die laer vryhede en hul gruwelike gevolge staan en veredel.

 Waar Plato na twee en 'n half duisend jaar onthou en nog gelees word, wonder ek waarvoor Tutu eendag onthou sal word. Die antropoloë van die toekoms sal seker ernstig kopkrap oor hierdie figure wat hoër beskawingsvorms ten val gebring het terwyl hulle opgehemel word. 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie