1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954419

Besoekers aanlyn

Ons het 142 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NUWEJAARSBOODSKAP

OP PAD NA 2012. AFRIKANER, WAAR GAAN ONS HEEN?

Waar wil ons heen?

Omdat die Afrikaner Volksparty die Afrikaner eerste plaas,  is ons strewe natuurlikerwys ons vryheid in ons eie vaderland. Ek verwys na ’n toestand wat ons volk by twee geleenthede in ons geskiedenis in geloof, met stryd en bloed, wat uiterste opofferings en onbaatsugtige ywer en toegewydheid geverg het, bereik en daarin gedy en God daarvoor gedank en gedien het.   Hoewel ons daardie vryheid  twee keer verloor het, is die positiewe dat ons dit albei kere teruggekry het!  Dít is waar die AVP wil heen in 2012 en so die Here wil, as ’n volk….., die Afrikanervolk,  nie ’n reënboognasie nie,  nie as minderheidsgroep nie, maar as ’n heg saamgebinde Afrikanervolk, één van siel en één  van sin, weer daarin te slaag.

Is dit haalbaar?

As gelowige volk en ek verwys hier slegs na diegene wat werklik in die God van Abraham, Isak en Jakob glo, sou dit dwaas wees om die toekoms te probeer be-oordeel sonder om Sy profesieë soos wat dit in die Bybel vir ons opgeteken is, in aanmerking te neem.

Jaa….maar… ons moet darem ook tred hou met die werklikheid, was die opmerking van ’n goedgelowige Afrikaner na hierdie stelling van my. My teenvraag was, wat is meer werklik as dié God wat hemel en aarde geskape het en wie se profesieë soos deur Sy profete uitgespel, een vir een waar geword het soos wat in die geskiedenis opgeteken is?

Ek verwys u graag na die profeet Hábakuk hoofstuk een en twee as u van mening is dat ons as volk en/of individu, ons eie heil kan uitwerk.  God verg van ons as sy kinders ’n sekere geloof, ’n sekere gehoorsaamheid en ’n sekere volharding in beide.

Die onomwonde antwoord is dus, ja, dit is haalbaar indien ons volhard in die bo-vermelde voorskrifte en ’n duidelike en reeds bewese nee indien ons voortgaan om te leef asof God en Sy voorskrifte bloot fiksie is!

Waarna verwys ek?

Indien die Afrikanervolk die hoop bly koester om die “nuwe” Suid-Afrika te maak werk en sodoende daarvan deel te wees, sal ons die nadelige gevolge waarvan die simptome reeds voelbaar en sigbaar is in oorvloed, in oordaat ervaar!

’n Grondwet waaruit God uitgeskryf is, skole wat rasgemeng en sonder Godsdiens bedryf word, besigheid vir 24 uur, sewe dae per week, gesinne waar die huisaltaar ontbreek, ondersteuning deur deelname en bywoning van Sondagsport, dobbel en bordeelhuise en goedkeuring van aborsie en afskaffing van tug en doodstraf. Die gevolg? ’n Nasie sonder verstand het nou die kop geword en ons die stert en dit sonder sy toedoen.

Géén oorlog, géén gewapende verset, géén leidelike verset, om die waarheid te sê, géén verset van enige aard sal ons as volk baat indien ons nie in die eerste plek ons eie lewens in orde kry nie. Ons verset teen wat indruis teen die Skriftuurlike voorskrifte waarmee ons grootgeword het, moet in praktyk uitgeleef word.  Dit is eers dan wat ons soos Andries Pretorius en Sarel Celliers by God om hulp kan vra vir die bystand in ons vryheidstryd en in verbystering die werklikheid van Sy reddende genade kan beleef!

Géén huis wat in homself verdeeld is, kan staande bly nie, laat ons ons dus verenig in geloofs en politieke eensgesindheid as ons strewe vir die vryheidstryd van 2012.

Die Afrikaner Volksparty wens u toe die genade, die barmhartigheid en die vrede van God Onse Vader vir 2012.

Danie Varkevisser.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie