Die Gelofte van 16 Desember 1838
by die
Slag van Bloedrivier
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen,
dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons dié dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n Sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis
ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.