1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953544

Besoekers aanlyn

Ons het 117 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

’N KLEINSERIGE SE HOU NA DIE INTEGRITEIT VAN DIE AVP-LEIER

Die gedeelte van die artikel waaroor  mnr. Joubert dit het:

VLUGTERS EN VEGTERS

In weerwil van herhaalde waarskuwings van wyle mnr. Jaap Marais aan die  Rehoboth Basters om nie resolusie 435 te aanvaar en om nie deel te neem aan die verkiesing wat Suid-Wes-Afrika volledig in die hande van die Kommuniste sou laat, het hulle deelgeneem en in die proses hulle grond verloor.

Geen  hofsake en vertoë kon hulle regmatige aanspraak op hulle grondgebied en hulle strewe om oor hulle eie lotgevalle te beslis, herstel nie.

Net so het ’n vier-uur lange pleitrede van mnr. Marais met ander regse organisasies en partye om saam te werk om ’n verkiesing af te dwing om de Klerk te stuit, op dowe ore geval en is die dwaasheid van daardie moedswillige weiering op ons voltrek en bestaan meeste van daardie organisasies en partye net in naam of groeperinge waarin hulle opgegaan het.

Joubert se reaksie

Ag nee mnr Varkevisser, waar kom jy nou weer met hierdie leuens vorendag. Wanneer het mnr Marais ooit voor die tyd met die Basters gepraat?

Lyk my as jy eers begin om onwaarhede te verkondig haal dit jou so in dat daar nie meer verskil is tussen waarheid en leuens nie. Jy moet maar bietjie gaan sit en ernstig selfondersoek doen en dan besluit welke pad jy wil stap, die van leuens en verdagmakery of die pad van eerlikheid en waarheid.

Piet Joubert

Antwoord aan Piet Joubert

Geagte mnr. Joubert,

U reaksie op die “leuenagtige en verdagmakende” artikel is verbasend aangesien u klaarblyklik op hoogte is met die verloop van die tersaaklike geskiedenis.  Hoewel ek dankbaar is vir u verwysing na die foutiewe bewoording wat ons in staat stel om ons berigte en artikels te korrigeer en feitelik korrek te hou, dui u e-pos daarop dat dit by my praktyk is om leuens te verkondig.  Wat in die foutiewe bewoording tog  duidelik begrypbaar is, is dat daar ten spyte van waarskuwings oor verkeerde benaderings in die politiek, nie ontvanklikheid is nie en die gevolge dan vernietigend op ons vryheidstrewe inwerk.  Ek maak die afleiding dat u waarskynlik die VVK-opsie ondersteun, vandaar die venyn?

Die bewoording is aangepas soos wat dit bedoel was om te wees en dra steeds dieselfde vermaning.  Die bewuste verkondiging van leuens is verwerplik, maar die bewuste verkeerde vertolking van wat jy lees sodat jy ander daardeur kan bykom vir welke rede ook al, verg meer as net selfondersoek.

Die paragraaf is veronderstel om só te lees:

In weerwil van herhaalde waarskuwings van wyle mnr. Jaap Marais aan die  blanke kiesers van Suid-Wes-Afrika om nie resolusie 435 te aanvaar en om nie deel te neem aan die verkiesing wat Suid-Wes-Afrika volledig in die hande van die Kommuniste sou laat, het almal deelgeneem en in die proses, soos die  Rehoboth Basters, hulle grond verloor.

Danie Varkevisser.

Leier

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie