1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953524

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VLUGTERS EN VEGTERS

Lees ook: DIE REHOBOTH BASTERS - LESSE GELEER

In weerwil van herhaalde waarskuwings van wyle mnr. Jaap Marais aan die  blanke kiesers van Suid-Wes-Afrika om nie resolusie 435 te aanvaar en om nie deel te neem aan die verkiesing wat Suid-Wes-Afrika volledig in die hande van die Kommuniste sou laat, het almal deelgeneem en in die proses, soos die  Rehoboth Basters, hulle grond verloor.

Geen  hofsake en vertoë kon hulle regmatige aanspraak op hulle grondgebied en hulle strewe om oor hulle eie lotgevalle te beslis, herstel nie.

Net so het ’n vier-uur lange pleitrede van mnr. Marais met ander regse organisasies en partye om saam te werk om ’n verkiesing af te dwing om de Klerk te stuit, op dowe ore geval en is die dwaasheid van daardie moedswillige weiering op ons voltrek en bestaan meeste van daardie organisasies en partye net in naam of groeperinge waarin hulle opgegaan het.

Telkens wanneer dit blyk dat die Afrikaner konsolideer, word daar ’n opvangsgebied geskep waarheen Afrikaners gelok word met allerhande nasionalistiese uitsprake en voornemens, en in weerwil van versoeke om kragte saam te snoer in stede van te verdeel, is daar voortgegaan met uitoorlê taktiek om Afrikaners saam te sleep in projekte wat dan in die sand uitloop. So is vertroue  geskaad en het die vyand sonder slag of stoot daarin geslaag om die Afrikaner se effektiewe weerstand te blokkeer.

VEG

Toe die Afrikaner se weerstand nog brandend was na die Verwoerd era toe die vlam van nasionalisme hoog gebrand het, is die benadering van veg gevolg om weerstand af te breek.  Afrikaners was bereid tot oorlog om ons land te beskerm en het die vyande van ons volk Afrikaanssprekende lakeie wat paradeer het as Afrikanerleiers,  gebruik om met oorlogspraatjies ons mense in lokvalle te lei.

Talle vergaderings is gereël om voorbereiding vir die oorlog te beplan.  Die Boere Krisis Aksie se infrastruktuur is gekaap en met die beleg van Pretoria deur Constand Viljoen en genote in die sand laat loop. So is ook die Afrikaner front, wat deur mnr.  Jaap Marais in die lewe geroep is, gekaap en in Botswana in ’n lokval gelei waar jong Afrikanerseuns doodgeskiet is ten einde die wil tot verset te breek.  Ook die AWB se inval in die “World Trade Centre” in Kempton Park, is deur Viljoen wat vertrou was deur  manne wat onder sy bevel in Angola geveg het, ontlont.

VLUG

Namate die onrustigheid en vryheidstrewe se vlammetjie weer in Afrikanergeledere begin brand het, is daar gepoog om vêr links en vêr regs met mekaar in gesprek te bring. Vlug weg van Nasionalisme en aanvaar die veranderings deur prominente “Afrikaners” te gebruik in die IDASA komplot en die Conservative Dialogue Program waardeur die linkse idioom van gelykheid en nie-rassigheid met ondersteuning van die kerke, aanvaarbaar gemaak word.  Die deurlopende versoenings pogings deur die aanwending in sport en vermaaklikheid het ’n beperkte sukses gehad soos ook die aanhoudende pogings om die Afrikanervolk te oorreed tot die afsien van die Republiek inruil vir ’n volkstaat.  Die verskille daaromheen was so fel dat die Volkstaatraad uitmekaargespat het nadat daar naand nege verskillende volkstate op die tafel was en daar nie eenstemmigheid onder die volkstaat propageerders verkry kon word oor wie se volkstaat aanvaar moes word nie.

Nou, nadat slegs ’n klein kern van Afrikaner Bittereinders nog oorgebly het wat volstrek weier om die onwettige grondwet en Kommunistiese Regime te aanvaar, word die vlug opsie aangewend.  Toenemende geweld, moord en misdaad, aangevul deur aanhoudende belasting- en elektriese prysverhogings, verkragtings en aanhoudende verontregting van die blanke, moet die klimaat skep waarin die volkstaat gedagte die aller oplossing vir die Afrikanervolk se voortbestaan moet word.

Soos in al die vorige suksesvolle verdeel-en-heers-aksies van ons vyande, is daar nou weer “Afrikaners” wat die mees omstrede “vryheid opsie”  op die tafel kom plaas in stede daarvan om ’n bydrae tot samehorigheid in verset teen die onreg te maak.  Die vyand se sukses setel juis daarin dat die héle Afrikanervolk moet erken dat Suid-Afrika nie net óns land was nie, dat ons nog altyd die swart volke verontreg het en dat die ANC dus ’n wettige aanspraak het om in beheer van die Republiek te wees.

Watter regsinnige volk sal bereid wees dat sy land wat deur elke internasionale regsbeginsel reeds vir eeue lank syne is en so deur die hele wêreld erken is, nou ook kan behoort aan volke wat nie in staat was om vir hulle self te sorg en as gevolg daarvan werk en heenkome voorsien is.  Volke wat in elk geval oor hulle eie grondgebied beskik waar hulle tot onafhanklikheid gelei is en sou word?

Die argument in die wandelgange dat ons net eers weer ’n plek moet kry waar ons kan vastrap en waarvandaan ons dan weer ons land sal terugkry, is werklik praatjies vir die vaak!  Almal is dit eens dat ons vyande, nie noodwendig net die swartes nie, ons politieke mag wil uit hê uit Suid-Afrika. Watter reg en aanspraak, moreel, grondwetlik of andersins sal die Afrikaner op die Republiek van Suid-Afrika hê nadat hy daarvan afgesien en ’n volkstaat iewers inruil daarvoor aanvaar het?

’n Volkstaat, waar ook al in Suid-Afrika sal in ieder geval onderhewig wees aan die huidige grondwet wat diskriminasie op grond van ras, godsdiens, geslag, ens. verbied.  ’n Soewereine staat aan die Afrikanervolk impliseer ook ’n reg aan die Swazi’s, die Xhosas, die Vendas, die Kleurlinge, die Indiërs, ens.

Kosbare tyd, lewe en lewenskwaliteit gaan verlore in hierdie futiele praksasies van politieke randeiers wat geloof verloor het en na strooihalms gryp, indien hulle nie werklik deel van die verraad is nie.  Om besig te wees met geestelike opbouing en paraatheid tot self beveiliging is nie sit en wag op wonderwerke soos wat die regverdiging vir die vlug aksie gaan nie.  Om weer vertroue onder volksgenote op te bou, word egter ernstig aan bande gelê deur die aanhoudende afwyking in rigtings wat geen bydrae lewer tot die Afrikaner se vryheidstryd en behoud van sy eiendomlike nie!   Dit is nie die politiek wat gefaal het nie, maar die wanstaltige insig van “politieke leiers” wat ons volk in die afgrond lei!

Daniel 3:17-18

As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

Kom herstel u geloof in die God wat aan ons die Republiek geskenk het om vir ons nageslag te bewaar en nie vir ’n pot lensiesop te verruil nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie