Die HNP het sedert 1994 verkondig dat die huidige regime onwettig aan bewind gekom het en onwettig regeer. Met hierdie satndpunt was enkele ander organisasies dit aanvanklik eens. Onder hulle was die KP. Patriot van 6 Mei 1994 het berig: “KP beskou nuwe regering as onwettig”. Die KP het ook gestel dat deelname aan die 1994-verkiesing die Afrikaner sou vernietig totdat die laaste KP-leier, dr Hartzenberg, oor RSG te vertelle gehad dat alhoewel die KP ook (aanvanklik) gesê het die regering is onwettig en dat die nuwe bestel nie legitiem is nie, “die ding nie gewerk [het] nie” en daarom het hulle besluit om aan die 2004-verkiesing deel te neem.
Die boodskap was dus dat solank ‘n argument goed byval by mense vind, die KP dit gebruik het. Indien dit nie meer “werk” nie, word ‘n nuwe argument gebruik. Dat dit ‘n patetiese standpunt was, is reeds verskeie male aangetoon. Dit is politieke opportunisme in die ergste graad - dit maak van ‘n party ‘n bespotting.
So het mens ook gelees van die oud KP-LP Andrew Gerber wat in ‘n brief in Beeld vertel het dat dr Willie Snyman vir FW de Klerk op 20 Desember 1993 in die Parlement gekonfronteer het oor De Klerk se belofte (van vroeër) dat die Blanke kiesers weer die geleentheid gegee sou word om hulle uit te spreek in ‘n referendum indien die nuwe (1994) grondwet wesenlik sou verskil van die 1983-grondwet. De Klerk het gestel dat die regering “in sy eer gebonde” was om dit te doen en bygevoeg dat so ‘n verdere referendum legitimiteit aan ‘n oorgangsregering sou gee. Toe De Klerk daarmee gekonfronteer is dat die nuwe grondwet radikaal van die ou grondwet verskil, het De Klerk geantwoord: “Ons het mos referendum gehou”. Hy het natuurlik hier na die 1992-referendum verwys. ‘n Blatante leuen is so deur De Klerk verkondig. De Klerk se belofte was nie net ‘n gewone onderneming wat gegee was nie, maar ‘n belofte aan die Blanke kiesers wat hom vertrou het met hulle toekoms. Dit is seker die ergste beskuldiging wat teenoor ‘n leier gemaak
Afrikanernasionaliste was dit met mekaar roerend eens dat die huidige regime onwettig is, dat daar nie aan verkiesings deelgeneem
Die VVK gaan eersdaags verkiesing hou. Met Media 24 se hulp. Dus, die vyande van ons volk propageer ‘n “volkseie” verkiesing. Laat ‘n mens wonder né! Maar meer as dit: Die VVK se uitgangspunt is dat die verkose “volksraad” met die regime gaan onderhandel oor ‘n volkstaat vir die Afrikaner. Wat betken hierdie standpunt? Wel, dit laat nie ruimte vir enige twyfel nie. Die VVK erken die wettigheid van die huidige regime en wil by hierdie regime vir ‘n stukkie grond gaan vra om ‘n onderhandelingstafel. Dit vernietig die HNP se beginselbasis en sy beleid wat sedert 1994 gehandhaaf is. Dit sal die HNP vernietig, al wil HNP-strydrosse dit nie nou erken nie.
Die vraag is: Wat het van die HNP geword wat onder die leiding van mnr Jaap Marais rotsvas by die volgende standpunte gestaan het:
Die regering en hierdie bestel is onwettig. En hy is onwettig omdat:
- dit nie vir Blankes aanvaarbaar is nie;
- dit nie “ons regering” is nie;
- dit nie die algemene wil van die Blankes verteenwoordig nie;
- dit nie die interne waardes van die Blankes as norm het nie;
- dit die regsgevoel van Blankes aanstoot gee;
- die wyse en basis waarop die gesag van die huidige owerheid oor ons grondgebied gevestig is, onwettig was;
- die referendum van Maart 1992 nie aan FW de Klerk ‘n mandaat tot magsoordrag gegee het nie;
- FW de Klerk self erken het dat hy die kiesers weer sou moes ken in die aanvaarding van die nuwe Grondwet; en
- die Blanke kiesers bedrieg is deur ondernemings wat nooit gestand gedoen is nie.
Ja, dit was so erg dat selfs Die Burger, die liberale Kaapse dagblad, daarna moes berig het dat die oorgang na ‘n ANC-regering niks anders as oorgawe was nie.
Wat het van daardie party geword wat hierdie onwettigheid van die regering deurgaans verkondig het? Waar is die HNP wat die Afrikaner se reg en aanspraak op hierdie land te midde van verguising onverskrokke verkondig het? Daar kan tog nie ruimte wees vir onderhandeling met die regime oor ‘n stukkie grond in ‘n party wat glo dat die regime onwettig is en Blank Suid-Afrika aan ons volk behoort nie?
Politieke opportunisme is een saak. Maar verraad is ‘n veel erger saak. In die Anglo-Boereoorlog is burgers deur die Boereleiers gefussileer omdat hulle met die vyand onderhandel het vir “vrede” terwyl die res van die burgers oorlog gemaak het. Waar is die ou HNP wat verkondig het dat hierdie regime in ‘n oorlog met ons gewikkel is? En dat onderhandeling vir vrede met ‘n vyand wat jou wil vernietig, verraad is?
Waar is die insig om te weet dat om op ‘n volkstaat by ‘n vyand aan te dring wat jou wil vernietig op elke denkbare wyse, jouself net verder verneder voor jou vyande? ‘n Volkstaat waarvan die lokaliteit en grense nie eers vasgestel is nie! Dit terwyl ons ‘n land het wat God aan ons gegee het! Onthou die HNP nog hoe sy leier, mnr Jaap Marais, in 1993 man-alleen gepoog het om “regse leiers” te oortuig dat De Klerk gestuit moes word, eerder as om vir ‘n volkstaat te “veg”, en dat hy niemand kon vind nie?
Daar word gepraat van eendrag in regse geledere. Dat ons mekaar nie moet verwyt nie. Dat ons die vyand moet aanval eerder as mekaar. Dit is alles waar. Maar ons
Die AVP sê dit vandag vir elke HNP-ondersteuner: Besin oor hierdie dwase stap van ‘n VVK-verkiesing! Julle