1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953288

Besoekers aanlyn

Ons het 91 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SAMESWERING TEIKEN DIE HERVORMDE KERK

HOE DOM DINK HULLE IS ONS?

In Beeld van Maandag 22 Augustus 2011 verskyn daar op bladsy 4 ’n opskrif wat lui:  “Lidmate dagvaar kerk oor besluit teen apartheid.”

Die opbouende verset teen die Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk se besluit teen apartheid, waar ’n hele aantal gemeentes al so vêr gegaan het om te doleer, hou skynbaar so ’n groot bedreiging vir die hiërargie van die kerk in dat ’n nuwe plan beraam moes word om die weerstand te fnuik.

Onder die leiding van ds. Johan Steenkamp, wat onlangs in ’n motorongeluk die lewe gelaat het, het daar ’n komitee van beswaardes tot stand gekom wat onwrikbaar standpunt ingeneem het teen die besluit wat die Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk geneem het teen apartheid.  Die Kerkvergadering het al die besware summier van die tafel afgevee en geweier om in gesprek te tree met die beswaardes wat die volgende standpunt ingeneem het: 

  • “Ons beswaar is ‘n teologiese beswaar.  Lojaliteit aan die Kerk maak dit ‘n baie moeilike stap om te neem,  maar ons eerste lojaliteit moet altyd aan God wees.
  • Dit is ons goeie reg om beswaar te maak.   Dit is deel van die protestantse tradisie. 
  • Ons voel verplig om beswaar aan te teken.
  • Daar is tydens die 69e AKV ‘n besluit geneem wat teologies ondeurdag is,  aanstoot gee, aanleiding  gee tot onrus en baie lidmate van die Kerk vervreem.
  • Met hierdie beswaar wil ons die saak in die reine bring.
  • Ons kan nie vrede maak met die besluit nie,  die gevolge is te ernstig. 
  • Ons kan net beswaar aanteken of loop of skeur.
  • Ons wil nie loop of skeur nie. 
  • Die fokuspunt van ons beswaar is met ander woorde die besluit.

 

Dit is eers nadat 13 gemeentes doleer het dat die Kerkvergadering aangedui het dat hulle bereid is tot gesprek.  In die Beeldberig word daar nou verwys na nog ’n klomp beswaardes wat hulleself die Hervormde Kerkvereniging noem, wat geen assosiasie het met die amptelike strukture van die kerk nie en wat ook nie dieselfde is as die komitee van beswaardes  wat onder leiding van wyle ds. Johan Steenkamp ontstaan het nie.

 

Hierdie nuwe beswaardes het die Hervormde kerk nou gedagvaar  en vra in die dagvaarding dat die Hooggeregshof die besluit van die Algemene Kerkvergadering oor apartheid, tersyde moet stel.  Hierdie benadering is die sekerste manier om ’n besluit ten gunste van die besluit van die Algemene Kerkvergadering te kry en die aanvanklike beswaardes daardeur in ’n onbenydenswaardige posisie te plaas.

Dit sal interessant wees om meer agtergrond van die nuwe beswaarmakers te kry wat op hierdie wyse in belang van die Algemene Kerkvergadering ingryp!  Die uitslag van die Hooggeregshof in hierdie saak is tog voor-die-hand liggend.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie