1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564114

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AFRIKANER KAN DOEN SONDER SKOLE SOOS BEN VORSTER

In Rapport van 3 April 2011 spog die hoof van Ben Vorster van Tzaneen met sy “reënboogskool”. Die “vrese van vyftien jaar gelede” dat Afrikaans sou ly en die skool sy “Christelike etos en werksetiek” sou verloor deur integrasie, is glo nie bewaarheid nie. “Smiddae word die skool … met gebed afgesluit”. En die hoof glimlag van oor tot oor waar hy by twee van sy twee Swart leerlinge staan.

Die boodskap is duidelik: Ben Vorster is nou die bewys dat integrasie werk! “Gemeenskaplike doelwitte bind die leerlinge oor kultuurgrense saam”. Sowat 30% van die skool is reeds Engels (lees: Swart). Met ANC-steun is Swart “presteerders” gelok. “Elke bloedjie” wat voor daardie hoof sit, is “steeds ‘n kind van God”, redeneer die ANC-huursoldaat.

Maar wat is die waarheid oor Ben Vorster wat daardie berig verswyg? Die skool sal toenemend verswart en die aandrang op Engels, in plaas van Engels sowel as Afrikaans, sal toeneem totdat Afrikaans sal verdwyn. Soos dit reeds by sommige skole en universiteite die geval is. Daarby sal die “Christelike” – dis nou die gebed elke dag – toenemend vanuit ‘n Swart persepsie van wat “Christelik” is, benader word. Boonop is dit pateties om van Christelik te praat as dit bloot om ‘n gebed hier en daar gaan terwyl elke skoolvak en die totale lewensbeskouing en –uitkyk van die skool nie vanuit ‘n Christelike basis benader word nie. Hoe oppervlakkkig het sommige Afrikaners se godsdiens nie geword nie! Open en sluit net af met gebed en ons skuld is betaal! Die Rooms Katolieke Kerk kan dit nie beter doen nie.

En van Afrikanerkultuur, Afrikanergeskiedenis en en ‘n Afrikaner etos is daar lankal nie meer sprake by hierdie “Afrikaanse” skool nie. Leer kinders in hierdie skool nog van ons Voortrekkergeskiedenis? Is generaal De la Rey  en dr Verwoerd se foto’s teen die mure in die saal? Sing hulle nog Die Stem? Leer julle kinders van die Boere se heldedade by Majuba en Tweespruit? Nee! Verseker nie. ‘n Hoof wat hom op integrasie beroem sal nie eers in sy eie huis iets hiervan tereg laat kom nie. Veel eerder sing hy en sy kamerade die afgodslied (met die hand op die bors) en swaai hulle die heksevlag by daardie skool. Want politieke korrektheid, die Afrikanersiekte van ons tyd, het daardie hoof en sy handlangers tot in hulle siel deurdring.

Hoe pateties het sommige Afrikaners nie geword nie? Die vraag aan hierdie verloopte Afrikaners is: Wat het van julle volkstrots geword? Wat het van Afrikaner-nasionalisme geword? Het julle dan so verstrik in die nuwe Suid-Afrika geraak dat Afrikanerskap nou gereduseer is tot blote Afrikaans praat? Besef julle nie dat die vyand geen beter bondgenoot kan hê as ‘n Afrikaanspratende meeloper nie? Wie dink julle bluf julle?

Die Afrikaner kan doen sonder skole soos Ben Vorster. Want as dit die prototipe is van die toekomstige skool waar Afrikaners moet skoolgaan, sal, benewens alles wat reeds gesneuwel het in die proses, van Afrikaans helaas ook niks meer oorbly nie. Nee, mnr. Swart, die Afrikaner-nasionalis walg as hy lees wat jy met die kinders van ons volk doen. Jy is álles wat ons nie wil wees nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie