1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564127

Besoekers aanlyn

Ons het 70 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE STRYD OM KERKSUIWERHEID EN DIE AANSLAG DEUR DIE POLITIEK OP DIE KERK

DIE WALDENSE

Uit die boekie van prof. JJ Pienaar, “Waarheid en Werklikheid”, kry ons ‘n beknopte maar baie insiggewende beskrywing van die invloed wat die Waldense op die suiwerheid van die Christelike geloof, en veral die stryd om dit so te hou, gehad het.

Die oorsprong van die naam is Italiaans (Valdesi), towenaars, so genoem deur hulle Katolieke vervolgers, Vaudois (Frans) en Waldense(Romaans).  Geskiedskrywers trek ‘n lyn vanaf die apostels se suiwer woordverkondiging aan die onderskeie gemeentes van oa. die sewe gemeentes van Klein Asië, Judea en Sirië, na Suid Frankryk en Noord Italië.

Die mense van die “valleie” soos die Waldense genoem was, het die verbindingsroetes tussen die gemeentes van Smirna en Efese in Klein Asië, na die Suide van Frankryk geken waar hulle vanuit die valleie en berge en afgesonderde plekke moes opereer om uit die hande van die moordende Katolieke te bly.  Omdat die Waldense nie geskroom het om die dwaalleer van die Katolieke te ontbloot nie, moes hulle uitgewis word.

Hulle was die “hervormers” voor die Hervorming waarvan ons vandag die dankbare erfgename is.  Die Waldense se geskiedenis dui daarop dat hulle van die eerste gemeentes in Klein Asië was wat die Woord van God suiwer bewaar het.  So word hulle ook regstreeks geskakel met die apostels van Christus wat gewerk het in Efese, Pergamus, Thiatire, Sardis, Filadelfia en Laodicea waarvan ons in Openbaring lees.

Hulle weiering om enige ander leer as die van die Apostels, nl. die Ware leer soos wat Christus dit aan sy Apostels geleer het, te verkondig, het hulle gehaat gemaak en is hulle wreed en gruwelik vervolg.

‘n Verhandeling van die Waldense wat die katolieke kerk as die hoer van Openbaring beskryf het en ‘n Waldensiese prediker wat wat die Bybel van Olevitanus as ‘n suiwer werk beskryf het, was van die redes waarom die Katolieke die Waldense as van die gevaarlikste ketters beskou het en ook omdat hulle so onverbiddelik in leer en lewe was.

Die gevolg hiervan was dat 4,000 Waldense in een nag vermoor is, hulle vrouens kaal uitgetrek en saam met kinders teen hoë kranse afgegooi is en 250 onder die skavot gesterf het.  ‘n Dekreet wat totale uitwissing van die Waldense bepaal het, marteling, verminking en onbeskryflike wreedhede wat teen hulle gepleeg is het egter nie daarin kon slaag om hulle te laat afsien van die suiwer Christelike leer as teenvoeter vir die dwaalleer van die Roomse kerk nie.

Die aanslag op die kerk het nie opgehou nie, dit gaan vlytig voort!  In sommige Kommunistiese lande welliswaar nóg deur vervolging en dood.  Hier by ons en ander beskaafde lande op ‘n subtiele dog nie minder gevaarlike wyse nie.  Dit wat eens reg was is nou verkeerd en dit wat verkeerd en selfs verwerplik was, is nou reg en selfs prysenswaardig!   Om die suiwerheid van die Bybelse boodskap te verloor, is om die pad na jou ewigheidsbestemming byster te raak met die ergste gevolg wat die geskape mens kán tref! 

 

MODERNE POLITIEKE MOORDMETODES OP DIE WAARHEID:

 

Volgens prof Pienaar  is daar veral vier metodes nl. Woordroof, Sinkretisme, Relativisme en New Age denke.

Daar is al baie op hierdie blad verwys na “double speak” en “New Speak” om ons volk te mislei.  Dit is ‘n metode waar daar een ding gesê word wat ‘n totale ander betekenis het as die oorspronklike bedoeling van die woord.   Waar woordformulering só meesterlik aangewend word dat die massas daardeur so be-indruk en oortuig word vanweë die indruk wat dit maak en nie vanweë die werklike betekenis daarvan nie.   In hierdie proses word die waarheid telkens leed aangedoen!

Woorde wat hier genoem kan word is woorde soos hervorming wat nou ook in die politiek gebruik word om die diefstal van grond te versag, nl. grondhervorming.  Ook liefde, versoening, vryheid en geregtigheid, verdraagsaamheid en demokrasie is woorde wat vir die kerklidmaat en kieser bekend is en wat hy nog steeds hoor sonder om te besef dat die woord “gekaap” is en totaal iets anders beteken as dit wat hy altyd geglo het.

Die bedoeling om op hierdie wyse die skerp skeidslyne wat daar bestaan het tussen bv. reg en verkeerd, mooi en lelik, liefde en haat, sonde en geregtigheid, nasionalisme en liberalisme, ens te vervaag, is uiters geslaagd en het in ‘n redelike kort tyd daarin geslaag om sake soos homoseksualisme, die bestaan en Goddelikheid van Christus, die waarheid van die Bybel, ens.,  onder verdenking te bring in so ‘n mate dat massas mense nou in die “grys areas” van die duisternis beweeg sonder om dit te besef.

Behalwe die betekenis van die woord apartheid, het woorde soos menseregte, regstellende aksie, agtergeblewenes, rassisme, ens., skeldwoorde in die kerk geword om daarmee skuldgevoelens onder lidmate op te wek wat hulle hele lewens-en-wêreldbeskouing drasties verander het.

Die betekenis van die woorde regs en links, waar regs die bedoeling van waarheid en  gereregtigheid het en net so onveranderlik in betekenis behoort te wees as jou regterhand wat, alsou jy jou in watter windrigting draai of op jou kop gaan staan, bly dit steeds en onveranderlik jou regterhand!   Om daardie begrip van alles wat goed en reg is te verketter, word slegs vêr voorgevoeg om dit “vêrregs” te maak,  en nou is die begrip gekontamineer en jy wat regs was,(en reg!) is nou nie net verkeerd nie maar ook verwerplik vanweë die nuwe betekenis!  En so skeur apartheid die eens eensgesinde kerk en die Afrikanervolk in stukke omdat apartheid volgens Pik Botha moreel onverdedigbaar geword het en die kerk verklaar dat dit in sy opset en betekenis ’n euwele beleid is.  Dit  terwyl ons behoort te weet dat die magte wat agter die skerms werk en ons eie mense be-invloed, eintlik van die duiwel is!

SINKRETISME

Omdat die afbreek van grense op ander terreine so goed daarin slaag om alles nader aan mekaar te bring, moet ook die grense tussen kerke en gelowe afgebreek word en wanneer ons dan godsdiensgelykheid het, het ons sinkretisme.  Die samesmelting van verskillende gelowe sodat die een nie aanstoot aan die ander sal gee nie.  Gehoorsaamheid aan die eise van die wêreld maar ongehoorsaam aan God en Sy gebod!

 

 Lewensoriëntering is die vak wat in die skool aangewend word om die kinders hierdie soort  humanistiese en God-onterende verdraagsaamheid van ander gelowe te leer wat meeste Afrikanerouers heel gedwee sonder weerstand aanvaar, sonder om die gevaar daarvan in te sien!

 

RELATIVISME

Hierdie metode behels die vermoë om te oorreed.  As iemand oorreed kan word om te aanvaar dat dit wat reg is ook dalk verkeerd kan wees, is die slag gelewer!  Hierin is die advertensiewese meesters.   Feitlik elke advertensie in Suid Afrika is daarop gerig om integrasie as die norm te beklemtoon terwyl die teendeel die waarheid is.   Hoe langer egter daarmee volgehou word, hoe meer mense glo dit naderhand en begin so leef.

As die kansel ‘n verhoog kan word en massas die volkseie klein gemeente begin vervang, gaan dit nie meer oor die suiwerheid van die Woord nie maar hoe om die massas te bekoor sodat hulle weer en weer kom na die “vertoning” wat die erediens vervang het.

As die gemeente nog verder oorreed kan word om die bestaande orde te kritiseer word die Bybelse begrippe naderhand ook relatief.   Die maagdelike geboorte van Jesus Christus kom onder verdenking terwyl die brandende braambos ‘n hallusinasie van Moses was.  Almal wat vasklou aan die waarhede van die geloof is fundamentaliste en verkramptes wat verandering teenstaan.  Daar word vergeet dat die waarheid bewys word deur die bestaan van God.  Die sin van die mens se bestaan op aarde kry ‘n nuwe betekenis wat verband hou met die evolusie terwyl die Christus-evangelie afhanklik word van slegs diegene wat nog daarin wil glo!

NEW AGE

Christengelowiges en hulle kinders dra die kentekens van die New Age en beskou dit as blote versiering, onbewus van wat daardeur verteenwoordig word.  Die jin-jang, die vredesteken of beter bekend as die hekse kruis, die Egiptiese kruis, ens.   Die New Age is ‘n Satanskultus wat een Wêreldregering, een Wêreldgodsdiens en een Wêreld geldstelsel be-oog waar almal en alles gelyk sal wees en waarteen die Bybel ernstig waarsku.  Die mensdom loop reeds verwonderd agter die Dier aan, op pad na hulle ondergang terwyl dit juis nou die tyd is wat gelowiges soos die Waldense ten bloede toe weerstand moet bied om nie in hierdie stroom van vernietiging ingesuig te word nie.

 

Christengelowiges moet kennis neem van die dapperheid en doelgerigte weerstand wat deur die Waldense gebied was teen die versluiering van die suiwer en ware boodskap van die Bybel.  Die ware Evangelie  wat deur die eeue vir ons bewaar en behoue gebly het sodat ons die verantwoordelikheid het om dit weer aan ons nageslag, ongeskonde te kan oordra.  Is ons besig om hierin ernstig te faal?   Laat ons daarop bedag wees dat verdraagsaamheid ook perke het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie