Die chaos in die onderwys behoef sekerlik nie debateer te word nie. As die onderwys owerheid egter na vier jaar eers tot die besef kom dat hulle stakende onderwysers se salarisse behoort af te trek en dan agterkom dat hulle nie meer rekord het van wie gestaak het en wie nie, kan ‘n mens ‘n idee vorm waar die oorsprong vir die chaos setel. Om egter dan te besluit om deur die bank salarisse af te trek waardeur pligsgetroue onderwysers onregmatig benadeel word, is aanduidend van die minagting wat die regime vir onderwys en opvoeding het.
Klaarblyklik is dit vir die verantwoordelike amptenare nie ‘n probleem as die kinders nie presteer nie, aangesien dit maklik genoeg is om die punte opwaarts aan te pas! Dit is baie duidelik dat mag en gesag veel meer waarde het vir die swart meerderheidsregime as geleerdheid en bekwaamheid. Vandaar ook al die aanstellings van totaal onbevoegde persone met astronomiese salarisse wat weer tekorte tot gevolg het vir noodsaaklike dienste.
Die vraag wat ontstaan is in watter mate Afrikanerouers daarmee kan saamleef dat hulle kinders se onderwys heeltemal ontoereikend is om hulle te bekwaam vir die volwasse lewe en ekonomiese eise wat vir hulle wag.
Ook die uitslag van die hofsaak van die BCVO waarin gepoog is om die minister wat voorgee dat die staat se kurrikilum op privaatskole afdwingbaar is, nou te dwing om te erken dat dit nie is nie, dui op die regime se minagting vir die opvoeding van ons kinders! Dit is reeds meer as vier jaar wat die onderwysowerheid voete gesleep het om die saak uit die hof te hou!
Afrikanerouers sal in massa moet wegbreek van die staatskool en ‘n eie Afrikaner Onderwysstelsel vestig met ‘n eie kurrikilum en eksamineringstelsel. Dit behels ook ‘n eie Afrikaner Universiteit, indien ons nie die moed het om dit wat ons gehad het te beskerm en te handhaaf, ongeag wat die regime, die grondwet, of enigiemand anders daaroor te sê het nie!
Die feit is dat halwe toegewings van die staat bloot lei tot halwe volkseie waardes wat die pad is na identiteitloosheid en uiteindelike kosmopolitane. Dit bly steeds ‘n toegewing aan die wêreldeise om wêreld gelykvormig te word en wat alreeds konserwatiefbeleidende Afrikaners openlike ondersteuners van die uiters liberale DA tot gevolg het!