Met die gebeure wêreldwyd en veral die opstande en revolusies in die Arabiese lande is die vraag vir ‘n verdrukte en vernederde Afrikanervolk:
Volgens Groen van Prinsterer spruit revolusie uit ateïsme en afgodery en is dit ‘n daad van ongeloof.
DaaromIs die Kerkstraat-bom nie die sprekendste voorbeeld van vergryp en haat van ‘n organisasie wat gesetel is in ongeloof nie?
Die vraag onstaan dus: Wat maak Groen van Prinsterer met die woorde van Romeine 13? Hy wys daarop dat die Romeinse keiser Nero regeer het toe Paulus Romeine 13 geskryf het. Dit was seker kwalik moontlik om jou ‘n erger keiser voor te stel as juis Nero. Beteken dit dan dat ‘n Christen eenvoudig alle owerhede onderdanig moet wees? Beslis nie. Dit verduidelik die skrywer baie goed wanneer hy stel dat die gekroonde rower, en dus hy wat die mag onregmatig bekom het, nie gehoorsaam moet word nie. Hy stel dit soos volg:
“... ik wil geen uitlegging onderschrijven, welke ons verplichten zou den booswicht, die het moordtuig voorhoudt, gehoorzaam te zijn, of den gekroonden rover, die gisteren den wettigen Vorst verjaagd heeft, heden als een van God veroordineerde macht te beshouven.
... Duidelijk is het, dat de aard de onderwerping met den aard der van God verleende macht overeenstemt.”
Misdadigers wat hulleself aan bewind stel,
Wat impliseer hierdie ongehoorsaamheid? Lydelike verset, aldus Groen van Prinsterer. Paul Kruger het dalk ook hierdie werk gelees, aangesien hy ook die burgers van destyds tot lydelike verset aangemoedig het. Die anneksasie van Shepstone was onregmatig en die burgers van
Wat is lydelike verset? Dit is die teenoorgestelde van openlike verset. Dit is “verset in eerste rat”. Dit is weiering om iets te doen, eerder as om positief (handelend) op te tree. Dit is ‘n gestadigde vorm van verset. Mense word byvoorbeeld aangemoedig om nie eiendomsbelasting te betaal aan munisipaliteite nie, om die stadsverkeer met trekkers te ontwrig soos wat die Boere Krisisaksie (BKA) destyds gedoen het, om ‘n regeringskantoor met fakse te bestook, ensovoorts. En hoe meer die deelnemers daaraan, hoe moeiliker vir die owerheid om iets te doen omtrent die saak. In Oos-Europa (Tsjeggo- Slowakye) het studente op pleine byeengekom en begin sing. Verbeel jou! Dit het ander aangespoor om aan te sluit en algou was honderde duisende byeen. Die res is geskiedenis.
As daar een daad van lydelike verset is wat potensiaal het, is dit om eienaars van vaste eiendom aan te moedig om hulle munisipale belasting te weerhou. As dit slaag, sal munisipaliteite op hulle knieë gedwing word. Dit
Lydelike verset skep ‘n klimaat wat die regime hoe later hoe meer in ‘n onhoudbare posisie plaas. Daar moet gehoor gegee word aan die eise van die Blankes, of tot die aanval oorgegaan word. Ek het geen twyfel dat die huidige regime nie aan die Blankes se eise sal gehoor gee nie, maar tot die aanval sal oorgaan. Hulle sal die Blankes fisies aanval. Dan is die regime die aggressors. Dan
Groen van Prinsterer stel dat ‘n samelewing nie eensklaps soos ‘n fabriek opgerig
Ons moet besef dat hoe langer hierdie toedrag van sake voortduur waar ons as volk verniel en uitgewis word, hoe moeiliker gaan dit wees om weer die binding in hierdie volk te herstel. Ons
Ds SJ du Toit van die Paarl (Totius se pa) het tydens die Eerste Vryheidsoorlog die burgers van Transvaal gewaarsku dat hulle lydelike verset nie onbepaald kon aanhou nie, want dit sou later as ydelike verset gesien word toe hy hulle tot daadwerklike aksie aangemaan het. En ons het nog skaars met ons lydelike verset begin!
Die Afrikaner is geen revolusiestoker nie. Sy geskiedenis is daarvan getuienis. Maar die Afrikaner is ook geen passifis nie. Daarvan is die Groot Trek en Majuba die getuienis. Verset is ‘n volk se reg wanneer ‘n volk verkneg word, aldus NP van Wyk Louw. Al wat nodig is, is die besef dat wat ons tans in hierdie land beleef, nie vrede en demokrasie is nie, maar die moord van ‘n volk!