1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333491

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE BESKERM DIE AFRIKANER HOMSELF TEEN MISDAAD? (2)

In die woorde van Jaap Marais:

Ons roem is dat ons die kwaad teengestaan en beveg het toe dit in die beginstadium was en ons nie deur valse versekerings en valse beloftes van koers laat bring het nie.  Dit gee aan ons ’n getuigskrif van integriteit, wat vir ’n politieke party ’n kosbare bate is.  Dit gee aan ons betroubaarheid en geloofwaardigheid.  Dit gee aan hom innerlike krag.  Dit gee aan hom die wil om te staan en te veg en te wen.

Die werklikheid waarvoor ons egter nou te staan gekom het, is dat die meerderheid van die Afrikanervolk nie saam met ons in ‘n hegte front teen die kwaad gemobiliseer kon word nie.   Hoewel baie Afrikaners, ek wil sê die meerderheid, net soos ons gevoel het en bereid was om die kwaad teen te staan, het ons vyande dit ook besef en verskeie organisasies en partye op die been gebring onder aanvoering van mede Afrikaners wat invloed gehad het maar sonder patriotisme en integriteit, dié wat hulle gevolg het onder valse voorwendsels telkens in ‘n doodloopstraat ingelei het.   Dit het ons só effektief verdeel dat ons ten spyte van die identifisering van die vyand, nie effektief teen hom kon optree nie.

Hoewel grootliks nog verdeeld, is ons volk nou verenig in verdrukking.   Selfs die verraaiers en soustrein ryers het dit nie meer maklik nie.   En wat veral nou gemeen saak is, is dat elke wit vel ‘n potensiële slagoffer is!   Man, vrou, kind en suigeling!   In die lig van die voorafgaande aflewering waar misdaadvoorkoming kortliks bespreek is, wil ek poog om aan u enkele riglyne te gee van wat ons te doen staan om onsself te beskerm.

Om te begin is dit noodsaaklik om te besef dat die toestand waarin ons verkeer, al die elemente van ‘n volksmoord bevat  en dat ons ‘n Godgegewe reg het om ons daarteen te verset, ongeag wat die wet of enige ander gesag daaroor te sê het.

Tweedens is dit noodsaaklik dat ons die mag wat aangewend word om ons uit te wis, in ons gemoed sal skei van al die ander baie vyande wat ons op ander terreine het, sodat ons kan fokus op effektiewe verweer teen hulle.   Daarmee bedoel ek nie dat verset op ander terreine gestaak moet word nie.

Die algemene argument vir die aanslag op ons is dat dit nie polities is nie maar doodgewone misdaad waarmee ons te doen het.   Daarmee verontskuldig die regime homself en is sy betrokkenheid beperk tot sy onvermoë, lees onwilligheid, om die blankes effektief te beskerm.   Die gevolg hiervan is dat ‘n mislukte moordaanslag dan bloot as misdaad afgemaak kan word en die moordenaar met geringe straf wegkom indien hy betrap word, vry om weer en weer toe te slaan.

Uit beskikbare mediaberigte is dit duidelik dat die oorgrootte gevalle van moord en verkragtings en aanvalle op blankes, dit deur swartes uitgevoer word.  Daaruit kan ons met stelligheid aanvaar dat die mag wat teen ons aangewend word met die doel om ons uit te wis en/of uit ons besittings en die land uit te dryf, swartes is.   Verder kan ons ook sê dat as beweer word dat dit slegs gewone misdaad is, dat die aanvallers misdadige swartes is!

Uit die studie vir die voorkoming van misdaad verstaan ons dat om misdadig te wees ‘n doelbewuste keuse is wat gemaak word.   Dat straf nie noodwendig ‘n afskrikmiddel is by geweldsmisdade nie en dat die misdadiger die loon vir die misdaad opweeg teen die straf by die besluit om ‘n misdaad te pleeg.   Die misdadiger die risiko, beloning en toeganklikheid in ag sal neem, terwyl faktore wat hom van misdaad sal weerhou, bewoning, alarms, bure se teenwoordigheid of sigbaarheid, verbygangers wat sy aktiwiteite kan waarneem, en honde is.

Ons het verder  ook uit die studies waargeneem dat  gedurende die sestiger en sewentiger jare ‘n klemverskuiwing gekom het en beweer is dat misdaad meer effektief voorkom kan word deur beter beheer uit te oefen oor die fisiese milieu waar die misdaad gepleeg word.  Daar word dus eerder gekonsentreer op die misdaadsituasie en nie soseer op die misdadiger nie.   Die belangrikste uitgangspunt hier is dat die geleenthede vir misdaad pleging in die fisiese omgewing voorkom moet word, aangesien die pleeg van ‘n misdaad meestal ‘n rasionele besluit is.

Uit die onophoudelike geweld aanslae op ons blankes wat nie net voortduur nie maar ook in frekwensie en barbaarsheid toeneem, is dit geregverdig om aan te neem dat die loon wat die misdadiger hieruit verkry, die risiko en straf vêr oorskry ten spyte daarvan dat daar in meeste gevalle weinig geroof word.

Die afleiding wat ons noodwendig moet maak is dat die aanslag nie gaan ophou totdat ons eerstens die fisiese milieu waarin die misdaad plaasvind, só effektief beheer dat dit vir die misdadiger ontoeganklik is, en tweedens die risiko en straf só toepas en uitdeel dat dit welke loon ook al aangebied is, by verre sal oorskry.

Om met welslae op hierdie wyse onsself te beskerm sal begin moet word deur al die leiers op ‘n leiersberaad saam te te trek waar slegs hierdie een saak op die sakelys verskyn en gesamentlike strategie daarvoor uitgewerk, na die onderskeie lede gekommunikeer word en dan gesamentlik toegepas word.

Die AVP be-ywer ons om hierin ons ganse volk se samewerking te verkry as beginpunt vir verdere samewerking in sake van gemeenskaplike belang.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie