Nog ‘n moord op ‘n plaasboer. Nog ‘n vergryp teen ons volk. Nog ‘n doodshou. En al wat ons dikwels
Onthou u nog die vak Geestelike Weerbaarheid (ook bekend as Jeugweerbaarheid) op skool? Toe ons nog vertel is van die aanslag teen ons volk? Toe ons land en ons volk weerstand moes bied teen die kommunistiese aanslag gelei deur die ANC-terroriste? Vandag sit Afrikanerleiers saam met daardie terroriste in die parlement, of wil met hulle onderhandel.
Daar is mos nie meer ‘n vyand nie en daar is mos gevolglik niks om te vrees nie. Weerbaarheid is nie nodig nie; nie geestelik nie en ook nie fisies nie. Hoe dwaas het ons nie geword nie!
Wat is geestelike weerbaarheid? In die apostel Paulus se brief aan die gemeente in Efese beskryf Paulus hoe die wapenrusting van die gelowige moet lyk om staande te kan bly teen die owerhede, die magte en wêreldheersers van die duisternis en die bose geeste in die lug. Hierdie wapenrusting is:
Geestelike weerbaarheid begin en eindig dus by die Bybel. Dit is nie buite die Bybel te vinde nie. Die humanistiese Grondwet van hierdie land wat die Drie-enige God minag bied geen weerbaarheid in die stryd teen die bose ANC en die magte van die duisternis - die hedendaagse Fariseërs - wat agter hierdie regime opereer nie. Wie daaraan deelagtig word en hulle heil binne daardie raamwerk soek, het soos Petrus vir Jesus verloën. Wie te midde van die wete dat dit ‘n miskenning is van ons Christenskap volhou om daaraan deel te hê, is Judasbokke – ja verraaiers.
Te midde van die kennis van ‘n stryd (let wel: ‘n stryd!) wat gevoer behoort te word teen hierdie bose magte, word Afrikaners opgeroep om vir mense te stem wat met hierdie bose magte wil onderhandel. Hierdie magte wat ons volk elke dag vermoor!
Vandag word God en volk in skole geminag, ja daar is geen weerbaarheid nie. Is daar weerbaarheid in die Afrikaanse “susterkerke”? Helaas ook nie. Daardie leraars vertel net vir lidmate hoe sleg en sondig hulle is. Hulle rep oor ons volk se ellende kwalik ‘n piepgeluid, waarskynlik “uit vrees vir die Jode”. Daardie predikante is self van die volk vervreem en geestelik verlam. Die regime steel ons volk se grond en sogenaamde “regse” landbou-organisasies vra vir “ordelike grondhervorming”. Hulle is geestelik versteur! En te midde van ‘n godlose bestel wil “regse” radiostasies nie “kant kies” tussen stemmers en nie-stemmers nie en moedig mense aan om vir mense te stem wat met die regime (die moordenaars) wil onderhandel. Ja, ook hulle is geestelik gestrem!
Vir die Afrikaner-nasionalis wat glo in die Godsplan van verskeidenheid
Ons volk is deurtrek met ‘n skuldgevoel wat sy weerbaarheid gebreek het. Hy is gestroop van alle selfrespek en weerstand. Dit laat ons weerloos voor ons vyande sodat hy blykbaar moet glo dat al wat oorbly is om te smeek vir ‘n volkstaat.
Wanneer jy jouself in skaamte dompel voor jou vyande vind ‘n breuk in die historiese gang plaas en word ouers deur kinders verwyt en grootouers en voorvaders deur ouers. Hierdie bestel met sy onchristelike grondwet was die sleutel instrument om die Afrikaner se waardestelsel en weerstand mee af te breek. Dit vernietig ons identiteit as Blanke volk en is ‘n verloëning van ons diepste geestelike waardes. Dit is ‘n resep vir ons volk se verwering, verwildering, verval en vernietiging. ‘n Afrikaner-nasionalis is geroep om hierdie grondwet met alles tot sy beskikking aan te val en dit tot die ashoop te verban.
Wanneer ons geestelik weerbaar is, sal ons roeping as afsonderlike God-gewilde volk weer vir ons sin maak. Dit sal weer nuwe betekenis kry. Dit sal weer voorrang in ons lewens geniet. Ons het nie ‘n humanistiese grondwet nodig om ons te beskerm nie – net die wapenrusting van God. En die gedragsreëls wat ons as volk vir onsself gevorm het, staan wel ondergeskik daaraan, maar dit bied beskerming vir ons sosiale bestel. Word daaraan getorring, is uitrafeling onvermydelik.
Ons sal staande bly as volk teen die magte van die duisternis slegs buite hierdie bestel; ja in verset daarteen. Daarbinne is geen heil en geen lig en geen Waarheid te vinde nie. Geestelik-weerbare Afrikaners onderhandel nie met die barbaar, die lafaard en die moordenaar van ons volk nie.