ROMEINE 4:4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste
EFÉSIËRS 4:28
Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het
EFÉSIËRS 4:31
Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
II THESSALONICENSE 3:10
Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
II THESSALONICENSE 3:11
Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.
Laat U wil geskied soos in die hemel, net so ook op die aarde. AMEN.