1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9963280

Besoekers aanlyn

Ons het 159 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

ONS IS IN ‘N OORLOG! AAN WIE SE KANT IS U?

altIndien een land teen ‘n ander in oorlog verkeer, spreek dit nie vanself dat elke burger van daardie land in oorlog teen die ander land is nie? Ek sluit nou die Humaniste en Liberaliste uit wat die mening toegedaan is dat hulle teen niemand in oorlog verkeer nie en met alles en almal “vrede” het!  

Is u bewus van die oorlog waarin ons verkeer? Die geestelike oorlog? Weet u dat dit ewigdurend is en dat u onwillekeurig opgeroep is tot stryd? Is u verder op hoogte met die feit dat hierdie oorlog tussen twee koninkryke woed en dat u aan een van hierdie koninkryke behoort en dus ‘n soldaat in daardie koninkryk is, opgeroep tot stryd? As jy nie met die een koninkryk is nie, is jy noodgedwonge teen hom en verstrooi jy eerder as om bymekaar te maak!

In   MATTHÉÜS 12 verwys Jesus self na die bestaan van hierdie twee koninkryke

 

MATTHÉÜS 12:

TOE het hulle ’n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.

23   En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?

24   Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

25   Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

26   En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?

27   En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.

28   Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

29   Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

30   Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

 

O Vader van Abraham, Isak en Jakob, ons pleit vir ons Afrikanervolk om U wapenrusting aan te trek om strydvaardig te kan wees teen die koninkryk van Satan en sy demoniese magte en ons dank U vir die krag wat ons ontvang het van U Seun ons Middelaar en Verlosser wat ons deur SY Gees daartoe instaat stel. Amen.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie