1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961741

Besoekers aanlyn

Ons het 142 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

..wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

altMIGA 6:6-16

6   Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?

7   Sal die HERE ’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

8    Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

9    Die stem van die HERE roep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoor die roede, en wie dit bestel het.

10  Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en ’n skrale efa wat vervloek is?

11  Sal Ek rein kan wees by ’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12  Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13  So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

14   Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.

15    Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.

16 Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot ’n woesteny sou maak en die inwoners daarvan ’n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.

 

Bewaar ons tog O Vader, van onsself en ons onwilligheid en moedswilligheid, wat U lankmoedigheid, verdraagsaamheid en barmhartigheid misbruik om voort te ploeter in ons ongehoorsaamheid aan U Woord. Ons bid dit in Jesus se wonderlike Naam, Amen.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie