PSALMS 31:20
o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
Ons het ons geskiedenis vergeet o Vader, sodat ons nie die grootheid van U goedheid in herinnering kan bring nie. Daarom o Vader kan ons ook nie hoop op wat U vir ons weggele het en uitgewerk het in teenwoordigheid van die mensekinders nie! Ons dwaal soos skape sonder Herder omdat ons volk nie meer by U skuil nie en U ook nie meer vrees nie. Wees ons barmhartig en genadig o Vader en bekeer ons Afrikanervolk sodat ons ons kan bekeer! Ons wil saam met Dawid uitroep, o, hoe groot is U goedheid wat U vir ons weggele het, o Vader, selfs in hierdie tyd van beproewing wat ons deur ons ongeloof en sondigheid oor onsself gebring het. Ons dank U in die Naam van ons Verlosser en Middelaar, Jesus Christus, dat U ons Vader is en ons deur Hom tot U mag nader. Amen.