
Die mens se begrip en benutting van tyd, word deur die bose vertroebel sodat die fokus op die verkeerde gedeelte daarvan gekonsentreer word en gevolglike verlies van wat bedoel is om vir ons ten goede mee te werk. As die bewuswording van tyd in sy vleeslike en geestelike duurte beskou word, gaan die vleeslike so gou verby terwyl die geestelike ewig duur. Tog bestee ons terwyl ons in die vlees verkeer soveel tyd aan onbenullige en verganklike dinge, dat ons voorbereiding vir dit wat vir ons ewigheidswaarde het, bykans verlore gaan.
Tyd vir voorbereiding vir ons ewigheidsbestemming is egter bitter kort, gaan gou verby en ons vlieg daarheen!
PSALMS 90:10
Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen
Lukas 2:
36. En daar was Anna, ’n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
37 en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het
Onse Vader wat in die hemel is, rig asseblief ons fokus van vandag af op ons ewigheidsbestemming sodat U Naam daardeur verheerlik mag word en U in ons behae mag hê in Jesus se Naam. Amen