Die media se beriggewing oor hierdie voorval waarin 14 swart kinders dood is, plaas die blaam op alles behalwe die oorspronklike bron van die verskrikking van hierdie ongeluk. Vir meer as dertig jaar steur die meerderheid van taxibestuurders hulle glad nie aan padreëls, padveiligheid en in die algemeen aan die welwese van ander padverbruikers nie. Om nou ‘n bohaai te maak van die taxidrywer se “moorddadige bestuursvernuf”, dien nie ‘n oplossing vir die algemene tendens onder feitlik almal van hulle wat op die paaie losgelaat is sonder ‘n verantwoordelike regering wat sy ontstaan het deur “regime change” gefassiliteer deur die Britte en Amerikaners se politieke propaganda teen Suid Afrika.
Die “mag” van die taxidrywers(hulle kan tog nie bestuurders genoem word nie) word gedryf deur die taxieienaars en in ‘n groot mate ook hulle passasiers wat hulle verlustig daarin dat veral blanke padverbruikers van die pad afgedruk, op die padskouers verbygesteek word, enige plek te stop ten koste van verkeersvloei en veiligheid.
Waar lê die werklike oorsprong van hierdie gebrek aan wet en orde op, maar net hierdie een aspek van landsregering, anders dan in die politieke afwyking van aparte ontwikkeling van volkere en nasies in teenstelling met die getallepolitiek van een-mens-een-stem waar etniese en kultuurverskille klaarblyklik nie net tot kultuurbotsing lei nie maar ook noodwendig tot fisiese padbotsings wat lewens eis!
Dit is hier waar die AVP met wrewel kyk na die media wat ‘n reuse aandeel in die beleidsverandering gehad het en dit nou nog verdedig en die blaam vir gebrek aan veiligheid, werkskepping, verval van infrastruktuur, voortdurende korrupsie en doelgerigte diskriminasie teen die blankedom, op alles en almal plaas behalwe waar dit tuishoort!
Dit is verstommend dat mediahuise dan steeds by die publiek waarop hulle aangewese is pleit vir ondersteuning! Wat die AVP betref behoort hulle almal finansieël tot niet te gaan vanweë hulle oneerlike of dan minstens selektiewe wyse van joernalistieke praktyk om die werklikheid te systap terwille van die agenda van die mediabeheerde geldmagnate wat die “Nuwe Wêreld Orde”, op pad na ‘n Een Wêreld Regering probeer vestig.
“Die tragiese Vaal-ongeluk op 19 Januarie 2026 het Suid-Afrika tot in sy kern geskud. Wat begin het as 'n oënskynlik eenvoudige padongeluk in VANDERBIJLPARK het in 'n komplekse ondersoek ontaard, wat 14 gesinne verpletter en antwoorde eis. die aanklagte teen die bestuurder, Ayanda Dludla, en die vrae wat onbeantwoord bly. Ayanda Dludla, 'n 22-jarige bestuurder, staan nou tereg op 14 aanklagte van moord en drie aanklagte van poging tot moord nadat die minibus-taxi wat hy bestuur het, met 'n vragmotor gebots het, wat tot die dood van 14 jong studente gelei het. Die besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag, met streekwoordvoerder Lumka Mahanjana, om moordklagte in plaas van strafbare manslag te vervolg, dui op 'n oortuiging dat Dludla se optrede 'n vlak van roekeloosheid getoon het wat verder strek as 'n eenvoudige fout. Ongesiene dashcam-beeldmateriaal onthul die ysingwekkende oomblikke wat tot die botsing gelei het”.(Aldus die media)