Die sosiale media het die afgelope tyd ontplof in ‘n orgie van rassehaat teenoor Afrikaners. Die ANC, EFF, DA en VF+ sweer hoog en laag dit is nie hulle skuld nie. Lede van die ANC en EFF het ‘n wanpersepsie van boerebloed is hemels. Die DA en VF+ het ‘n sagter ingesteldheid dat slaafse onderdanigheid aan die ANC hulle vervul met vreugde. Die kern van die saak is dat saamwoon van rasse in een land, mense nie dieselfde maak nie. Stammentaliteit is altyd ‘n klip in die skoen wat lei tot polarissasie. Om sosiale binding in Suid-Afrika te bewerk deur politieke korrektheid is gedoem.
Selfs die primate in Afrika moet vlug vir hul lewens om nie geëet te word nie. Breinchemie maak dit onmoontlik vir ‘n indivudu om sy ware aard prys te gee. Die DA doen alles in hulle vermoë om die ANC te mimiek met ‘n versagtende gebaar. Hul gesamentlike geklets en tierelier het meer as irreterend geword, wat hul steunbasis nou ernstig knou. Soos kommies vra hulle altyd wat is nou eintlik fout met die reënboog.
‘n Legio van politieke selfhelpboeke is beskikbaar vir innerlike regstellende aksie ten opsigte van akkute geestelike politieke prostitusie. Jy sal kan lees van mammoet jagters, boesman-tekeninge in grotte, samoesas, vaaljapie, knopkieries en masjeties. Jy kan self op televisie kyk na maatsoekmoontlikhede met moordenaars.
Maak ‘n lysie van kandidate en gee dit vir jou bure indien jy dalk te doen het met mede reeksmoordenaars. Sommige van hulle skiet van skooldakke af, al is jy ‘n president van ‘n land. Vir standaard Afrikaners is dit natuurlik ‘n “kruikie-roer-my-nie”. Grap-politiek van die Regering van Nasionale Eenheid is een ding, maar wanneer dit gaan oor die selfpreservering van die Afrikanervolk, is dit ‘n ernstige saak.
My boodskap aan die DA en VF+ is dat knegskap aan die ANC is slegs ‘n illusie van vryheid en verdedig die onderdrukker in sy kwaad, wat die Afrikaner as vyand verklaar het. Die sogenaamde reëboognasie-konsep het julle verstand verkrummel en gebreinspoel, om te glo in ‘n etopie van ‘n reënboogland. Dit alles na die ervaring van 30 jaar se gruweldade waarvan julle nou deel is.
Stafendas, die hond se kind se broers en susters is nog nie almal dood nie.
KLAAS WAARSEGGER