1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9210077

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE DREIGENDE OORLOG

Klaas WaarseggerDonald Trump het die ANC en sy meelopers in die Regering Van Nasionale Eenheid soos ‘n orkaan getref. Die rassehaat en meer spesifiek die Afrikanerhaat is nou ook ontbloot in die buitewȇreld. Die reënboognasie bedrog is nou aan die kaak gestel waarmee die DA, VF+, Solidariteit en Afriforum hulle vereenselwig het. Hierdie mense het hulle beywer vir swart oorheersing en pluk nou die wrange vrugte. Die ANC het Suid-Afrika grusaam getransformeer van ‘n eerste wȇreld land tot ‘n geroeste skroot-ashoop. Die dekadensie is oral sigbaar. Trump se optrede sal sekerlik die einde van die ANC verhaas, maar nie die geestelike skade genees van die reënboogmense nie.

Hierdie mense is geestelik gekaap tot die vervreemding van die eie organise verband van ons volk. Hierdie psigiese verwarring by die gekaaptes maak geen onderskeid tusse rasse, volke, etniesiteit, eie gondgebied, homoseksueel, heteroseksueel, kultuurgemeenskap, geloof of geskapenheid. Hulle is totaal vervreem van die Afrikanerstrewe om vry te wees van oorheersing.

Sedert 1994 het die ANC ‘n aggressiewe beleid toegepas van etniese suiwering en diskreminasie in die staatsdiens teenoor die witman. As hierdie mense nou dink dat hulle ‘n ommeswaai kan bewerkstellig in ‘n oogwink deur te onderhandel, verstaan hulle nie die swart politiek nie. Eweneens om jou te verlaat op eksterne druk alleen, is ‘n pypdroom. Baie lande het al die stel afgetrap met Amerika in die verlede. Trump is slegs vir vier jaar aan bewind.

Die ontstellende waarheid is dat in Afrika is jou enigste reg daardie reg wat jy militȇr kan verdedig. Kyk maar wat gebeur met die blankes in ons buurlande. Ondanks die gatkruip benadering van die Regering van Nasionale Eenheid, het die ANC voortgegaan op die pad van blanke ontmagtiging. Mobilisering om die Afrikaner ‘n finale slag toe te dien is reeds vér gevorder. Die swart gevaar was al volledig belig deur vorige staatshoofde van die vorige bewind. Kan die ontwapeningsaksies en provokasie van die huidige bewind betrekking hȇ? 

Ons sal gedwing word in hierdie land om te vlug of veg. As jy nie werklik jou land liefhet en die stryd van die Afrikaner deur ons geskiedenis wil verloên, sal jy sekerlik wil vlug. Die les wat geleer word is dat selfverwesenliking van volke, volgens eie meriete, ewig duursaam sal staan. 

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie