1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9210057

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS HINDERPAAL

Klaas WaarseggerPer definisie is ‘n hinderpaal ‘n obstruksie of belemmering wat voorkom dat ‘n doelwit bereik kan word. Dit is ‘n presiese beskrywing van die DA, VF+, Solidariteit, en Afriforum se politiek met betrekking tot voortbestaan in geregtigheid in ons land. Hul verklarings in die media betreffende die grondgryp wetgewing is ‘n openbaring in oortreffende trap van naȉwiteit. Die baanrekord van die ANC die afgelope 30 jaar was nog altyd om die een ding te sȇ, en dan die ander te doen. Lippetaal in die opebaar ter wille van fatsoenlikheid en ‘n agteraf geknoei om die teenoorgestelde te verwesenlik.

‘n Mens staan verstom dat hierdie verloopte Afrikaners nog nie besef het dat die ANC is ‘n outokratiese diktatorskap wat bemark word as ‘n “demokrasie”. Wetgewing was nog nooit gerespekteer as dit bots met swart belange. Eiendomsreg in hul oë beteken dat Suid-Afrika behoort uitsluitlik aan hulle. Dag vir dag word die witman beskuldig dat ons hulle grondgebied gesteel het. Paradoksaal is die Ingonyama trust ‘n voorbeeld van openlike diefstal.

Die grondgrypwet het juis die motief om die howe to ontman van enige teenkanting. Julle betrokkenheid by die Regering van Nasionale Eenheid is soos ‘n staande applous op ‘n verwronge nuwe-normaal-pawiljoen. Julle het inspirasie gevind in ‘n plunder-boelie-bende. Duidelik het julle ‘n speek in die wiel geword, en daar waar julle sitting sonder sitting het, word die grondgryp, Bela en Gesondheidsversekeringswet deurgedruk. Dit is julle steun wat Ramaphosa op die troon verseker het. Rugstekers in ons eie gemeenskap is nou ontmasker, al praat julle asof julle hekwagters is, terwyl die witman vermoor en versmoor word in die naam van ‘n reënboognasie. Julle paradeer soos uitgesproke Mandela-aanhangers. 

Dit grens aan hoogverraad. Dekadente verteenwoordigers met swart harte soos julle, rig die Afrikaner ten gronde.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie