1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9210115

Besoekers aanlyn

Ons het 67 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

“O BOEREPLAAS, JOU HET EK LIEF BO ALLES”

Klaas WaarseggerEk wens dat die DA en VF+ dit ook met ‘n eerlike hart sou kon bely. Hul nuwe verduideliking is dat die nuwe grondroofwet eintlik niks verander aan die vorige grondroofwet nie. Die vraag is nou, as dit so is, waarom dan die nuwe wet? Wat ook in die debat gemis word is dat grondroof al ‘n geruime tyd in Suid-Afrika plaasvind. Plakkers plak op jou plaas of eiendom, en bestaande wetgewing maak dit vir jou finansieël onmoontlik om hulle verwyder te kry deur regspraak, wat aansienlike jare kan voortduur.

Ek wil ‘n sinkbad met seep skenk aan die Regering van Nasionale Eenheid om politieke higiëne te bevorder. Veral die DA en VF+ ly aan polities-geȉnduseerde geheueverlies. Amnesie is is fataal in die politiek, want hulle kan nie meer onthou wat hulle gister gelieg het nie. Die belofte van die nuwe Suid-Afrika se goue kalf het die slange ontlok, en hul innerlike vrot is nou geopenbaar. Hulle het ingekoop in die ANC bevrydingsromantiek waar alle staatsmislukkings en gruwelikhede die vorige bewind se skuld is. Wit grondbesit is teenstrydig met die swart aanspraak van Afrika vir die Afrikane, gerugsteen met slagspreuk “kill the farmer, kill the boer”. Ja, droog lȇ die bloed op die plaashuisvloere!!

Soos ‘n Pontus Pilatus van ouds, het Ramaphosa sy hande in onskuld gaan was in Amerika deur te sȇ daar is geen plaasmoorde gepleeg in Suid-Afrika nie. Ander sȇ weer dat daar al meer mense op die maan geloop het as wat op plase gemartel en vermoor is. Die heel beste wat ek gehoor het, is dat dit die boere self is wat mekaar vermoor (siek)! Leunagtig is die storie dat swart oorheersing nie gevrees moet word nie, ten spyte van hul gedemonstreerde Afrikaner-haat.

Voortbestaan deur geregtigheid is deur die nuwe orde op sy kop gekeer. Afrikaners in hierdie land voel nou so vreemd soos besoekers aan die planeet Mars. Ons Afrikaners is reeds staatkundig verpletter danksy die DA se aktiewe rol, en nou moet ons ook ekonomies ontmagtig word. Ons toekoms en verlede is ook nie meer seker volgens die wysigings van die regime. By dit alles is die DA en VF+ teenwoordig in afwesigheid.

Die strewe wat die Regering van Nasionale Eenheid propageer is ‘n ons-lose gemeenskap sonder tuiste of tradisie. ‘n Eie gemeenskap darenteen bring kontinuiteit mee, tussen geslagte vir sy voortbestaan. Dit is nie iets abstrak nie, maar dit wat deur geslagte heen geweef, geleef, ervaar en oorgedra word geskoei, op volksvoorwaardes. Wie was van Riebeeck, de Wet of Verwoerd?

Die aktivistiese omkoop t-hemp benadering is sonder sin en volhoubaarheid. Die DA en VF+ se eenheid met die huidige kunsmatige staatsverband onderstreep hul geestelike oorgawe. Die onversoenbare ploralisme is verkies bokant nasionalisme. Nasionalisme bou tempels van hoop vir die lewe en nie kelders van die dood. Deur vryheidsoorloë het ‘n breër nasionalisme en ‘n dieper en ruimer gevoel van vaderlandsliefde in ons harte gegoei om vry te wees van oorheersing.

Ons het hier te doen met ‘n verhouding tussen volk en land. Die een kan nie sonder die ander “leef” nie. Dit is ‘n politieke bestaansvoorwaarde. Vir ons nasionaliste is die woorde “o boereplaas, ek het jou lief bo alles” waaragtig die taal van ons hartwoorde uit ons siel. “Laat die erwe van ons vadere ook vir ons kinders erwe bly”. Die nuwe volkslied is vir my so beledigend dat ek dit nie eers op ‘n orrel sal speel nie, om skade te voorkom.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie