1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9209960

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SWART ROT HET WELGELUKSALIG ‘N GAT VIR HOMSELF “GEGRAWE”

Klaas WaarseggerHy kon sy oë nie glo toe hy die ontdekking van sy lewe gemaak het nie. ‘n Vertikale gat in die grond, propvol gevul met die heerlikste sade. Dit het hom vervul met vreugde dat selfvoorsiening nie meer een van sy bekommernisse hoef te wees nie. Hy het dadelik begin om homself te oorvreet, dag vir dag, terwyl die vertikale gat al dieper geword het. Die gat was later so diep dat hy glad nie meer kon uitspring nie, want die wande van die gat was glad en dig gemessel, om te voorkom dat die graan nie bederf kan word nie. Hy was nou ‘n gevangene in die gat. Hy was nou afhanklik van humanitêre optrede om aan die lewe te bly. Hy moes nou maar vreet dit wat vir hom aangedra is, sonder om kieskeurig te wees. ‘n Damaskus oomblik van helderheid het oor hom gespoel en hy het begin verstaan dit wat hy nooit verstaan het nie. Kort termyn vergrype het hom nou in ‘n donker gat laat beland.

Om op ‘n ander se spêns te teer, word jy ‘n gevangene wat moet bakhand staan, want jy het die vermoë verloor om vir jouself te sorg. Jou gedrag verander nou soos dié van ‘n bosluis wat op ‘n gasheer teer, en jy eien dit jouself toe as ‘n reg. En toe gebeur dit, ‘n reënbui sak uit en jy verdrink in die gat wat jy so diep gevreet het. Die begrafnis was baie emosioneel, en die spreker se slotwoord was, rus nou in vrede.

‘n Alegorie

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie