1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8122625

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KOOS KLOPPER LEWER KOMMENTAAR OOR ONS KRITIESE ARTIKEL IVM SOLIDARITEIT & AFRIFORUM EN DIE BELA-WET

Die AVP verwerp die liberale beleidsrigtings van die Solidariteit en Afriforum bewegings en hulle aanhangsels omdat dit nie van enige betekenis is vir die Afrikaner se vryheidsstryd nie.
Kallie kriel en ZoeloekoningDie AVP het onlangs ‘n e-pos skrywe ontvang van ‘n persoon met die naam Koos Klopper. Dit was in reaksie op die artikel met die opskrif “DIE BELA-WET VERTEENWOORDIG KRANKSINNIGE GEVOLGE” (https://www.afrikanervolksparty.org/index.php/afrikaner/8105-die-belawet-verteenwoordig-kranksinnige-gevolge.html).

In die artikel het ons die genoemde instansies kritiseer omdat hulle met groot aklamasie die BELA-wet en ander regeringsoptredes veroordeel maar die grondoorsake van die probleem ignoreer. Die grondoorsake van die probleem is die erkenning van en onderwerping aan die illegitieme kommunistiese grondwet waardeur ons volk verkneg en gereduseer word tot ‘n klein minderheidsgroep. Deur die verwerping van afsonderlike ontwikkeling (apartheid) verleen hierdie “burgerlike bewegings” geloofwaardigheid aan die vyande van ons volk.
Ons plaas mnr Klopper se e-pos skrywe hier en lewer kommentaar daarop.

 

Afrikaner Volksparty

13 November 2024

 

Die Redakteur

DIE BELAWET VERTEENWOORDIG KRANKSINNIGE GEVOLGE

 

Gepubliseer op 11 November 2024 | Geskryf deur Redaksie

U artikel van 11 Nov. 2024 ter sprake.

 

Die kritiek in hierdie artikel bring sekere uitdagings en verskille in
strategie onder Afrikaner-organisasies na vore, en dui op die
spanningslyn tussen verskillende benaderings tot politieke en
gemeenskapsaktivisme. Die AVP en ander organisasies soos Solidariteit
en AfriForum het oor die afgelope dekade verskillende benaderings
gevolg om die belange van die Afrikanergemeenskap te bevorder.

 

Die kritiek teen die AVP handel grootliks oor sy passiwiteit en die
gebrek aan sigbare aksie. Die AVP is ’n klomp “sleutelbord soldate”,
sit in hulle gemakstoele by die huis en het baie te sê maar self doen
hulle niks. Praat altyd oor alles wat moes gebeur het en hoe hulle dit
anders sou doen, hulle sê die “hele Afrikanervolk moet in verset kom”,
waar was hulle die afgelope 10 jaar? Kan selfs nie eers ’n vergadering
met 10 mense reël nie.

 

Solidariteit en AfriForum het deur die jare konkrete en sigbare aksies
uitgevoer wat daarop gemik is om die regte en belange van Afrikaners
te beskerm, beide op plaaslike en internasionale vlakke. Hierdie
organisasies staan bekend vir hul vermoë om media- en
regsaangeleenthede te gebruik om publieke en beleidsverandering te
beïnvloed.

 

Voorbeelde sluit in:

Regsgedinge teen wetgewing en beleide wat hul lede en die breër
gemeenskap nadelig kan beïnvloed soos die BELA wet.

Kommunikasie- en mediaveldtogte wat die Afrikanersaak plaaslik en
internasionaal bevorder.

Gemeenskaps projekte, soos hulp aan gemeenskappe, skole, en
entrepreneurskap om sosiale kapitaal op te bou.

Hierdie aksies het bygedra tot erkenning en legitimiteit vir hierdie
organisasies en word as doeltreffend beskou in hul stryd vir
Afrikaner-belange.

 

Die AVP is eerder kortsigtig en bysiende en daar is ’n gebrek is aan
strategie en praktiese aksies. Die huidige politieke en sosiale
klimaat in Suid-Afrika vereis dat alle organisasies in die
Afrikaner-gemeenskap saamwerk, gesamentlike doelwitte stel en hul
onderskeie benaderings toets aan wat vandag effektief is.

 

Die AVP het baie oor hulle mede-Afrikaners te sê en kritiseer
daagliks, maar hulle self het nie ’n oplossing nie, behalwe om in die
verlede te leef. Dit lyk eerder na ’n persoonlike vete teen Buys en
Hermann. Dr. Verwoerd en sy beleid gaan ons nie red nie, as dit kon,
sou dit! Die Nasionale party het genoeg tyd gehad.

Kyk vorentoe en soek nuwe oplossings in die tyd waar ons NOU leef.

Amerika is self ’n veelrassige land en voel vere vir Suid-Afrika,
hulle speel ons soos ’n woer-woer, maar nou word Donald Trump as die
nuwe held aangehaal, waar is julle leiers? Die huidige politieke
omgewing vereis nuwe oplossings en aanpassings aan ’n veranderende
Suid-Afrika in die globale konteks. Die feit is dat die AVP nie ’n
geloofwaardige oplossing het nie, anders sou Afrikaners julle
ondersteun het.

 

Kyk of julle eerder ’n positiewe bydrae kan lewer en moet nie altyd
pessimisties wees oor elke ander Afrikaner wat iets probeer nie, ons
is min en in ’n oorlewingstryd. Laat die son ook oor ander se koppe
skyn, dan sal julle dalk relevant word en ’n paar ondersteuners by
kry.

 

Afrikaner groete

Koos Klopper

 

Kallie kriel en Zoeloekoning 2IN ANTWOORD OP KOOS KLOPPER SE KRITIEK TEEN DIE AVP

 

Geagte mnr. Klopper

 

U reaksie op die artikel van ons redaksie op die webblad van dieAVP is werklik merkwaardig en nie sonder waarde in die evaluering van die denkrigting van die liberale Afrikaner in die huidige tydsgewrig nie.

 

Dit is Dr. Lyle Rossiter wat die boek The Liberal Mind geskryf het. In ‘n resensie word die volgende van die boek gesê: Die vraag wat ontstaan is, is liberale van hulle koppe af? Waarom dink en tree moderne liberale op soos hulle doen? Die radikale linkse politiek en die vernietigende uitwerking daarvan op ons basiese vryhede het baie uitgelok om te spekuleer oor wat hierdie mense laat tik. The Liberal Mind beantwoord dié vraag. Hierdie boek is die eerste sistematiese ontleding van die politieke waansin wat nou dreig om die Weste se grootste prestasie te vernietig: die Amerikaanse droom van beskaafde vryheid. In sy indringende ontleding het dr. Rossiter onthul moderne liberalisme se aanslae op: Die vryheid van volwassenes om ‘n goeie leefwyse te handhaaf deur met ander saam te werk, Die vermoë van gesinne om kinders groot te maak om selfstandig en eensgesind te wees, om die sedes, regte en wette wat ons vryhede beskerm te kan bevorder.

 

Moderne liberalisme se irrasionaliteit kan slegs as die produk van psigopatologie verstaan word. So buitensporig is die denkpatrone, emosies, gedrag en verhoudings wat die liberale gees kenmerk dat sy meedoënlose protes en eise slegs verstaanbaar word as versteurings van die psige. The Liberal Mind onthul die waansin van die moderne liberalis vir wat dit is: 'n massiewe oordragneurose wat in die wêreld sepolitieke arenas uitgeoefen is, met verwoestende uitwerking op die instellings van vryheid.

 

As nou in aanmerking geneem word dat niks interme van wat die redakteur oor beginsel en beleid geskryf is deur u behandel word nie maar slegs soos Buys mnr. Jaap Marais destyds aangeval het oor sy kritiek van mense wat in die liberale politieke stroom begin swem het, so val u die AVP aan met ongegronde stellings soos dat die AVP geen oplossing het nie en dat die AVP self niks doen nie.

 

So pas u denkpatroon soos ‘n handskoen die resensent se ontleding van The Liberal Mind! Die sukses van wyle dr. Verwoerd se beginselbeleid wat die Afrikanervolk tot die sewende mees vooruitstrewende volk in die wêreld opgehef het tot en met die sluipmoord op hom deur die liberalestelseldrywers, word deur u liberale bril só verduister dat u dit glad nie kan of wil sien nie! Die waarskuwings van hom en ander dat ‘n afwyking na die liberale denkwyse van die integrasioniste chaos, verval, vernietiging en uiteindelik die uitwissing van die blankedom tot gevolg sal hê, het op dowe liberale ore geval!

 

Die gevolge van die afwyking van die geskiedenis se aanskouingslesse veral uit Afrika, maar ook huidig in Europa, Brittanje en Amerika waar die liberalisme, soos hier by ons die oorhand gekry het, is skynbaar vir die liberales onsigbaar! Steeds soek hulle binne daardie politieke waansin na oplossings!

 

Absoluut niks van die aksies wat u noem van Solidariteit en Afriforum beteken iets vir die vryheid van die Afrikanervolk nie! Dit het beperkte waarde vir enkelinge en is grashalms wat deur liberale denkers agterna gejaag word asof dit die aller oplossings bied.Soos in de Klerk se tyd koop dit slegs tyd vir ons vyande om ‘n vaster greep op ons land, eiendom, besighede, spaar en pensioengelde te verkry. Is die Belawet dan nie genoeg om dit te bevestig nie?

 

Dankie vir u kritiek mnr. Klopper. Dit bevestig egter dat u ‘n slagoffer van die media se waninligting geword het en u slaafs agter hulle volgelinge soos die FW Stigting, Solidariteit, Afriforum, DA, en VF-Positief skuil tenkoste van u volk en u vaderland wat u tereg bevind het, min van oorgebly en bymekaar behoort te kom. Dit was dr. Malan wat ons geleer het om bymekaar te bring wat uit innerlike politieke oortuiging bymekaar hoort.

 

Ons bly egter min omdat die gees van verandering sonder grense die tyd van hier en nou u noop om liewer agter die verandering aan te gaan as om te bly by wat die geskiedenis ons geleer het suksesvol, haalbaar en regverdigbaar was!.

 

Terloops, as daar gekies moet word tussen niks doen of dit wat alles rondom jou vernietig, was jou keuse dan sinvol?

 

Enkele verdere opmerkings oor sommige van u stellings.

Ons is nie nodelose gemeenskapsaktiviste nie. Ons is volksnasionaliste wat streef na die herwinning van ons vaderland wat deur verraad op ‘n onwettige wyse van ons ontneem is. Sogenaamde gemeenskapsaktivisme gee slegs voortdurende erkenning aan die illegitieme kommunistiese regime (bewind) wat tans oor die Afrikanervolk heers en die goddelose grondwet en die onderwerping daaraan, waardeur ons mense verkneg word in ons eie vaderland.

 

U beweer dat ons geen oplossings het nie. Ons oplossing is afsonderlike ontwikkeling wat deur Solidariteit en Afriforum verwerp word. Hulle dryf al hulle sogenaamde aktivisme deur aksies wat op die langeduur geen snars sal verander aan die vryheidstryd van die Afrikanervolk nie. Ons leef nie in die verlede nie en is ook nie bysiende of kortsigtig nie. Inteendeel is ons op die voorpunt van die wêreldwye ontwaking van die Bybel gefundeerde geskape waarheid van Volksnaionalismes soos duidelik gesien kan word regdeur die wêreld en veral onder die blanke inwoners van Europa en Amerika.

 

U beweer dat dr Verwoerd se beleid ons nie gaan red nie. U is duidelik siende blind vir die gevolge van die verwerping van daardie beleid en wat openlik deur Solidariteit en Afriforum afgewys word.

 

Wat u opmerkings oor Donald Trump aan betref is u intelektueel oneerlik. Ons het nooit beweer dat Trump ons held is of enigsins kan bydra tot die herwinning van ons vryheid nie. Ons het bloot Kallie kriel en John Bolton‘n Youtube opname met uitsprake van Trump gepubliseer, wat eweveel van toepassing kan wees op die situasie rondom die BELA-wet en die waansinnige beleidsrigtings van die huidige regime t.o.v. homoseksualisme en ander afwykende geslags ideologieë. Solidariteit en Afriforum het die afgelope dekades gereeld hulle lede se geld gemors met allerlei sinnelose uitreike en “smeek” aksies by verskeie Afrikaner vyandige buitelandse instansies en lande. Miskien moet u, u opmerkings oor “woer-woer speel” en “vere voel” aan u helde by Solidariteit en Afriforum rig. Of dit enigsens sal help om hulle uitsiglose toegeswelde oë oop te maak is natuurlik te bewtyfel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie