Basic Education Laws Amendment (BELA) Bill
SY OORSPRONG
Die verstommende ding van die Belawet, is die geweldige bohaai wat
hoofsaaklik gedryf word deur Solidariteit en Afriforum! Dat dit ‘n
kranksinnige wet is, is onbetwisbaar. Dat die wet sy oorsprong in ‘n kranksinnige politieke beleidsverandering het is egter ook
onbetwisbaar. Net soos wat die bestuur en beheer van Suid Afrika deur die beleidsverandering na getallepolitiek van een-mens-een-stem die swart meerderheid in beheer van Suid Afrika gebring het, net so die Onderwysbeleid en elke ander blankgeformuleerde beleid wat die swartes nie pas nie, verander sal word ten koste van beskaafdheid,vooruitgang en orde!
Die bohaai wat Buys en Dirk Hermann nou aanblaas, illustreer juis
hulle politieke kortsigtigheid in die tyd en energie wat hulle nou
spandeer aan pogings om die simptome van hulle wanstaltige politieke
beleidsrigtings te prober regstel. Dit geld ook vir elke persoon wat
vandag nog sy “Ja-stem” van 1993 wil verdedig! Die pogings is egter
futile in die lig van die meerderheid wat die veranderde beleid
ondersteun. Om te dink dat dit deur alliansies met swart stemme
opgelos sal kan word, is belaglik! Ons is reeds vêr verby John Vorster
se “to ghastly to contemplate” toestand in Suid Afrika!
Vir almal wat agter Buys en Hermann aangaan, wil die AVP vandag
waarsku! U mors u tyd en kosbare inkomste! Vir Buys om te sê dat hy
erken dat ons reg was en hy verkeerd, bied géén oplossing terwyl hy
steeds bly staan by die oorsaak van die problem nie! Luister na die
volgende videotoespraak van Donald Trump en besef dat slegs ‘n omkeer
van standpunt van die regime en verwerping van die illegitieme grondwet, ‘n regstelling sal bring!
Daarvoor moet die hele Afrikanervolk in verset kom en gesamentlik standpunt inneem!
Weier die afdwing van die Belatoepassings op ons kinders se opvoeding
en onderwys!