Wat is die doel van die politiek?
Die politiek het betrekking op die woord Polites wat burger beteken.
Politiek is dus die gedragslyn van ‘n regering, ‘n wyse van handel ten opsigte van die staatkundige beleid van ‘n burgery. Die doel daarvan, tensy dat dit immoreel is, is politiek die handhawing van die identiteit, die godsdiens, die taal, die kultuur, die opvoeding van sy jeug, sy land en volk se veiligheid en welvaart, ‘n Godgebonde regstelsel en veral die handhawing van wet en orde. Dit alles sluit in die handhawing van grense en die noulettende bewaking daarvan.
Wat beteken politieke immoraliteit in Suid Afrika vir die Afrikanervolk?
Dit was ‘n berig in die Citizen van 23 Junie 1977 waarin ‘n berig verskyn het wat bogenoemde vraag omvattend en met beklemtoning beantwoord. Die opskrif van die berig was “The Hight of Immorality” In Afrikaans, die toppunt van immoraliteit!
Die berig lui verder “Pik slams US demand”, ‘n eis van die VSA waarteen Pik Botha beswaar het. Volgens die Citizen was die eis van die Amerikaners dat: “South Africa should introduce a one man one vote system”.
Pik Botha wat destyds die minister van buitelandse sake was se reaksie op hierdie Amerikaanse eis volgens die Citizen was: WASHINGTON:- “South Africa’s Whites would “never ever” accept Black majority rule because that would be “negotiating our own destruction” Speaking on television mr. Botha branded as the “hight of immorality” the United States insistence that South Africa should introduce a one man one vote political system. “You want us to accept this new commitment. A commitment to suicide”, Mr. Botha said. “Forget it. No way. We shall not accept that, not now, not tomorrow, never ever!”.
DIE TOPPUNT VAN IMMORELE POLITIEK!
Uit die bovermelde Citizen berig van 23 Junie 1977, uit die mond van die later handomkeerde Pik Botha, minister van buitelandsse sake van Suid Afrika, was die politieke beleid van een-mens-een-stem, ‘n beleid van politieke selfmoord wat nie toe, of die volgende dag, nooit ooit deur die blankes van Suid Afrika aanvaar sou word nie! Inteendeel was dit volgens hom die toppunt van immorele politiek!
NET SESTIEN JAAR LATER
Word immorele politiek, morele politiek van dieselfde NP party en sy kabinet. Het nie vandag, nie môre nie, nooit ooit, onverdedigbaar, rassisties en onaanvaarbaar geword. Word die blanke kiesers van Suid Afrika wat net sestien jaar tevore só ‘n beleid nooit sou aanvaar nie, ‘n rat voor die oë gedraai en die selfmoord beleid op ons afgelaai.
Dit is nou meer as dertig jaar later! Kan enige iemand van dié van ons wat nog in Suid Afrika oorgebly het die feit dat dit ‘n selfmoord beleid is betwis? Dit was immers wat dr. Verwoerd en sy voorgangers ons voor gewaarsku het! Die gevolge spreek vanself. Elkeen wat nog betrokke is by die FW Stigting, saam met elke party, organisasie of instelling wat integrasie en/of magsdeling tussen rasse as ‘n politieke oplossing verkondig, moet verdink word van beplande moord op die Afrikanervolk en beskou word as ‘n uitgesproke vyand van ons volk!
Betrokkenheid by immorele politiek in Suid Afrika is kennelik verraderlik uit die inligting hierbo. Niemand kan betoog dat dit in die geheim gebeur het. Hulle is of moedswillige meewerkers met die magte soos die VSA wat ons wil vernietig, of politiekkranksinnige karakters wat met versigtigheid vermy moet word aangesien daar niks goeds in hulle immorele politieke benaderings vir ons volk gevind sal word nie. Verraaier, joiner en hensopper was deurgaans in ons volksgeskiedenis gepaste beskrywings vir diesulkes.
Politiek is veronderstel om ons volk bymekaar te bring en nie te verdeel nie. In ons gesamentlike nasionale krag wat spruit uit politieke eensgesindheid bring ons by dr. Malan se slagspreuk van: “ bring hulle bymekaar wat uit innerlike politieke oortuiging bymekaar tuis hoort”! Dit is slegs dan wat ons weer sal kan opbou wat nou weer in stof en as vertrap lê. Laat ons by moreel aanvaarbare politiek bly en die ander soos die pes vermy indien ons wil bly voortbestaan, omdat daar vir die gelowige altyd hoop bly bestaan wat nie sal beskaam nie..