1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8390262

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

GRENSLOOS:= BANDELOOS, IDENTITEITLOOS, WETLOOS, RIGTINGLOOS,GODLOOS.

SONDER GRENSE In die era van Verwoerd was daar duidelike identifieerbare grense op elke terrein van die lewe. Ongeskrewe natuurwette het by die skepping hulle ontstaan gehad. Elke lewende wese is volgens hulle soorte geskep en in die oë van ons Skepper was dit goed!

Na die sondvloed toe God vanweëë die onbeheerbare sonde van die mens alle lewe op aarde, behalwe wat Hy in Noag se ark laat ingaan het, uitgewis. Met die bou van die toring van Babel, het die mens weer teen God in opstand gekom en het God die mens wat uit een bloed, een taal en een volk bestaan het, se taal verwar waaruit die verskeidenheid van mensheid en ook die geskeidenheid daarvan ontstaan het.

In hulle verskeidenheid van taal en kultuur is hulle oor die aarde versprei en het God hulle grense vasgestel waarbinne hulle oor hulleself kon regeer, volgens hulle eie soort,identiteit, hulle eie taal, hulle eie kultuur en hulle eie behoefte binne hulle eie grondgebied.

Soos in die natuur kon die mens met verantwoordelikheid volgens die riglyne uit God se Lewende Woord, op gelyke voet met elke ander volk op aarde, handelsbande sluit, met behoud van seggenskap om oor homself te regeer en met ‘n voorkeur en liefde vir sy eie wat as nasionalisme bekend geword het.

Soos met die opstand by Babel het die mens egter onder die aanvoering van satan, God se ordening van verskeidenheid en geskeidenheid deur ‘n netwerk van geheime organisasies begin voorberei vir ‘n een-wêreldregering, met een taal, een godsdiens, een geldstelsel en een volk! Met nuutgeskepte terme waarmee nasionalisme verdag gemaak moes word, soos rassisme, kommunisme, humanisme, liberalisme en sosialisme is grense afgebreek. Deur selektief met die Bybel om te gaan is daar nou nie meer verskil tussen man en vrou, tussen sonde en gehoorsaamheid, tussen beskawing en barbaar, tussen reg en verkeerd en veral nie meer verskil tussen onreg en geregtigheid nie.

Die era van geskeidenheid en verskeidenheid van dr. Verwoerd en sy voorgangers, waar wet en orde, voorspoed en vooruitgang, veiligheid en vrede gehandhaaf kon word, het verby gegaan met grenslose voorspelde chaos, verval en agteruitgang soos dr. Verwoerd reeds in die vyftigerjare gewaarsku het sou volg!

Met Suid Afrika as voorbeeld het die grensloosheid vinnig versprei na Europa, die VSA en Brittanje. Dit was voor-die-hand-liggend dat dieselfde patroon van getalledomminansie, onversoenbare kultuurbotsings, agteruitgang, inheemse werkloosheid, met krete van rassisme, menseregskendings, ens. sou volg. Presies soos wat dr. Verwoerd in ‘n toespraak in die parlement reeds in die vyftiger jare, waartydens hy ook die Westerse blanke volke gewaarsku het, dat indien hulle nie dieselfde beleid wil volg as wat ons beleid van afsonderlike Ontwikkeling was nie, die hele blankedom gevaar loop om uitgewis te word!

Dit wat die internasionale gemeenskap op ons Afrikanervolk help afdwing het, het nou tot by hulle gevorder en hulle hou niks daarvan nie. Seksonderrig in die primêre skool met walglike volledige handboektekeninge van die seksdaad oor kleurgrens heen het selfs die goedgelowige liberales in opstand. Die totale aanslag wat in die sestigerjare aan ons voorgehou was as dit waarteen ons onsself sal moet kan beskerm, is deur die liberales en later selfs die NP, die kerke en kultuurorganisasies as belaglik afgemaak. Dit het egter nou sy volle wasdom bereik! Daar is géén grense meer nie! Dit is glashelder duidelik in wie se belang mense begin optree het!

Die belang van Lucifer self word beskerm en bevorder deur middel van al hierdie geheime en selfs bekende organisasies en mense wat die ordening van ons hemelse Vader begin teëgaan het! Wetend en onwetend het het ons mense onder die voorskrif van skool, universiteit , kerk en staat teen die bestaande orde in opstand gekom en grense begin oorsteek.

Die sekulêre wêreld se singenot en vleesverleiding het egter ook die onvermydelike verval, agteruitgang en gebrek aan veiligheid, wet en orde en die Goddelike vrede wat alle verstand tebowe gaan as gevolg, wat skokgolwe van vrees en verbasing regoor die wêreld laat spoel!

Ons sal noodgedwonge moet terugkeer na ‘n nuwe era van grense! Nie meer ‘n radio sonder grense nie, nie meer lbqt nie, nie meer aanvaarding van homoseksuele praktyke nie, nie meer selfde geslag huwelike nie, nie meer kerke met vals en sondige boobskappe nie, nie meer universiteite, skole en kultuurorganisasies wat gelykheid, vryheid en broederskap verkondig, en nie meer instansies wat geskiedenis vermink en verdraai totdat dit onherkenbaar jou voorkoms, jou herkoms en jou toekoms verduister nie!!

Afrikanervolk, keer terug na jou God! Die God van Abraham, Isak en Jakob wat Sy Seun Jesus Christus vir ons sonde aan die kruis laat sterf het sodat ons kan lewe! Dit is Sy riglyne waarop ons vorige Afrikanerleiers Suid Afrika beskaaf en ontwikkel het tot ‘n Eerstewêreld land! Waarom wil ons daarvan afwyk? Het ons dan heeltemal sinloos geword? Het rugby, singenot en politieke dwaasheid ons hemelse Vader se riglyne totaal vervang? Die AVP vra opnuut, QUO VADIS Afrikanervolk? Keer terug na u volk se riglyne soos wat ons dit geken en gevolg het tot en met die moord op dr. Vewoerd en kom help ons om ‘n gedenkdag vir Verwoerd te vestig wat ons vyande probeer verketter deur hom die vader van apartheid te probeer maak!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie